Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Kommentaar: Verbode Drif deur Irma Joubert


Alta Cloete - 2009-07-13

Ek wil net graag daarop wys dat Verbode Drif se eerste uitgawe alreeds in 2006 verskyn het. Dit is dus nie ʼn splinternuwe boek soos die skrywer van die resensie beweer nie.

Ek dink ook nie die boek is enigsins bedoel om letterkunde te probeer wees of op metafisiese vlak ontleed te word nie. Dit is aanvanklik as historiese romanse in Lapa se Romanza-reeks gepubliseer en dit is wat dit is - ʼn lekkerlees boek met ʼn geloofwaardige held en heldin, waarin die liefde alle struikelblokke oorwin. Die einde pas honderd persent by hierdie genre in.

Die resensent het nie Irma Joubert se wonderlike subtiele humorsin en gestroopte skryfstyl genoem nie. Eersgenoemde gee ʼn ligter kant aan ʼn baie ernstige verhaal. Laasgenoemde pas perfek by die tydperk waarin die verhaal afspeel, toe woorde nog soveel spaarsamer gebruik is as vandag.

Verbode Drif is ʼn heerlike boek wat uitstekende ontspanningsleesstof bied vir die leser wat soek na ʼn lekker storie wat ook iets om die lyf het.

Alta Cloete