Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Local is Lekker by Stellenbosch Wynfees


2009-07-06

Die Stellenbosch Wynfees spog vanjaar met plaaslike musiektalent uit die boonste rakke met gewilde kunstenaars soos Sima, Zamar en Gerald Clark wat sal sorg dat feesgangers met ‘n lied in die hart die beste wyne uit die kontrei vanaf 30 Julie tot 2 Augustus by die Paul Roos Sentrum kan ontdek.

Wyngeesdriftiges kan ‘n vrolike program van plaaslike vermaak en musiek geniet wat gratis tydens die fees aangebied word. Vir rugbyondersteuners is daar ook voorsiening gemaak met ‘n grootskerm TV vir die groot wedstryd wat tydens die fees gaan plaasvind.

Kom ontmoet jou gunsteling wynmakers van die Stellenbosch wynstreek, proe hulle uitmuntende wyne en peusel aan uitstekende kosse van die beste sjefs in die omtrek.  Met meer as 500 wyne van 170 uitstallers onder een dak, is daar nou meer as ooit om van te kies en keur.

Die Stellenbosch Wynweek, wat plaasvind vanaf 24 – 31 Julie, bederf feesgangers onder andere met die bekende sanger en liedjieskrywer, Lize Beekman, wat die gehoor tydens Delheim se liefdadigheidskonsert sal vermaak. Geld wat deur die kaartjieverkope ingesamel word, sal geskenk word aan die Stellenbosch Kinderwelsyn.

Hoogtepunte van die fees sluit in:

 LIZE BEEKMAN

Vrydag 24 Julie 2009 | 19:00 | R280 per persoon l Delheim

Bekende liedjieskrywer en sanger, Lize Beekman, skop die Wynweek af met gunsteling treffers soos “Sonneblom in Bethlehem”. Opbrengste van kaartjieverkope word geskenk aan die Stellenbosch Kinderwelsyn en sluit ‘n aandete in. Skakel Delheim by 021 888 4600.

 SIMA & ORKES

Donderdag 30 Julie 2009 | 19:00 | Gratis l Paul Roos Sentrum, Saal C

Kom geniet veelsydige musiek deur Sima wat wissel van jazz na ballades wat die hart sal laat hunker. Sima en haar orkes tree op in drie eg Suid-Afrikaanse tale - Zulu, Engels en Afrikaans.

ZAMAR

Vrydag 31 Julie 2009 | 19:00 | Gratis l Paul Roos Sentrum, Saal C

Die ritme van Zamar se 5 talentvolle musikante sal die gehoor van hul voete af toor met hul passie vir musiek en wêreldklasvertoning.

 

GERALD CLARK

Saterdag 01 Augustus 2009 | 15:00 | Gratis l Paul Roos Sentrum, Saal C

Gerald Clark, beskryf as een van die beste blues-musikante in die land, is reg om die emosies in jou hart wakker te skud wanneer hy die gehoor in sy lewe innooi deur musiek.

RUGBY

Saterdag 01 Augustus 2009 | 17:00 | Gratis l Paul Roos Sentrum, Saal C

Geniet die rugbytoernooi op die grootskerm sonder om huis toe te jaag na die verrigtinge van die dag. Verversings sal beskikbaar wees om te koop.

FAMILIEDAG

Sondag 02 Augustus 2009 | 10:00 l Paul Roos Sentrum, Saal C

Die Stellenbosch Wynfees sien om na die jongspan op Sondag met springkastele, speletjies en ‘n demonstrasie van die Clover demonstrasie kombuis. ‘n Kindersorgdiens sal ook beskikbaar wees vir kinders tussen die ouderdom van 2 en 7 jaar op Saterdag en Sondag.

 ZAMAR

Sondag 02 Augustus 2009 | 14:00 l Gratis l Paul Roos Sentrum, Saal C

Die ritme van Zamar se 5 talentvolle musikante sal die gehoor van hul voete af toor met hul passie vir musiek en wêreldklasvertoning.

Kaartjies vir die Stellenbosch Wynfees is beskikbaar by Computicket en kostes wissel van R100 tot R300 per persoon. Vir meer inligting skakel Tel: 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za.

Wen Wen Wen : SMS WINE na 34010 om kaartjies na die Stellenbosch Wynfees en ander top pryse te wen. Koste per sms beloop R2 en terme en voorwaardes geld.