Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Stellenbosch Wynfees maak panne vuil vir liefdadigheid


2009-07-06

Vanjaar se Stellenbosch Wynfees, wat vanaf 30 Julie tot 2 Augustus by die Paul Roos sentrum plaasvind, is reg om hand uit te steek na liefdadigheidsorganisasies in die area. Organisasies soos die Stellenbosch Kinderwelsyn, Stellenbosch Diere Welsyn en die Clover Mama Afrika projek sal almal fondse ontvang wat gedurende konserte en demonstrasies tydens die fees ingesamel gaan word.

Die Fees se voorafgaande Wynweek, wat vanaf 24 - 30 Julie plaasvind, skop af met ʼn Liefdadigheidskonsert-in-die-Kelder, waar bekende sanger en liedjieskrywer Lize Beekman, gaste sal vermaak by Delheim. Die aand sluit ʼn heerlike maaltyd, vermaak en bo-baas wyne in teen slegs R280 per persoon en begin om 19:00. Fondse wat ingesamel word deur die kaartjie verkope sal geskenk word aan die Stellenbosch Kinderwelsyn. Om te bespreek, skakel 021 888 4607.

Feesgangers wat diereliefhebbers is, kan gerus die Stellenbosch Diere Welsyn Ete bywoon wat Vrydag, 24 Julie om 19:00 by Clos Malverne wynplaas, geleë in die Devonvallei buite Stellenbosch,  plaasvind. Die aand, wat aangebied word deur Middelvlei, Stellekaya en Clos Malverne, sluit ʼn onvergeetlike drie-gang maaltyd; ʼn opwindende wynveiling asook musiek deur talentvolle musikante in, vir slegs R200 per persoon -  alles vir ʼn goeie doel. Om te bespreek, skakel 021 865 2022.

Die Clover Demonstrasie Kombuis doen ook hulle deel tydens die fees deur lootjies vir ʼn Clover geskenkpak tydens elke demonstrasie te verkoop en die fondse aan die Clover Mama Afrika projek te skenk. Laasjaar het die fees R33 000 aan die projek geskenk wat die fondse gebruik het om ʼn bakkery in te rig. Die Clover Demonstrasie Kombuis spog vanjaar met prettige temas soos die van Kaas is Baas,  Get your Game on, Tapas – die nuwe kulinêre neiging, Hot-Love-In-Here en Jongspan en Clover, om sodoende aan almal se smaak te voldoen.

Die Stellenbosch Wynfees wat vanjaar spog met meer as 500 wyne en fynproewershappies van 170 stalletjies, staan ook spasie af aan liefdadigheidsorganisasies soos die Anna Foundation, wat minderbevoorregte skole en gemeenskappe help, sowel as die Charity Wines organisasie wat geld insamel en skenk aan organisasies wat betrokke is by kinders met Fetale Alkohol Sindroom.

Die Pebbles projek wat beoog om kinders met spesiale leerbehoeftes te ondersteun, is vanjaar verantwoordelik vir die Kinderdiens wat Saterdag en Sondag beskikbaar sal wees tydens die fees. Ouers en hul kinders word gemaan om ‘n nuwe speelding saam te bring na die kindersorgdiens wat geskenk sal word aan minderbevooregte kleuterskole. Speelgoed bevorder spraak, hand- en-oog-kooördinasie en kreatiwitiet wat noodsaaklik is in die opvoeding van kinders.

Die Stellenbosch Wynfees is lank reeds ‘n tradisie tydens die wintermaande en het ‘n gewilde bestemming vir beide plaaslike en internasionale besoekers geword.

Kaartjies vir die Stellenbosch Wynfees is beskikbaar by Computicket vanaf R100 per persoon tot R300 vir ‘n goue kaartjie wat die hele fees dek. Die eksklusiewe Wynkenner-aand vind die Donderdag vanaf 16h00 tot 21h00 plaas en kos R150 per persoon wat ‘n verwelkomingshappie en ‘n glasie vonkelwyn insluit.

Vir meer inligting, spesiale akkommodasie- en toerpakette, skakel 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za

Wen Wen Wen : SMS WINE na 34010 om kaartjies na die Stellenbosch Wynfees en ander top pryse te wen. Koste per sms beloop R2 en terme en voorwaardes geld.