Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns > Annie Klopper: Rockjagter

Agter die skerms, meer as vriende met Captain Stu


Annie Klopper - 2009-06-05

Captain Stu is ’n Kaapse groep bekend vir hulle energieke musiek waarin rock, Afro, pop, ska en reggae vermeng word tot ’n sonderlinge klank. ’n Paar weke gelede het ek gaan inloer agter die skerms van dié groep se musiekvideo-opname vir die liedjie “More Than Friends”. Dié liedjie is deur die voorsanger, Nick Key, geskryf na afloop van ’n liefdesteleurstelling. Vandaar die woorde: “I know we’re not lovers/ I know we’re more than friends,” Tog sou ’n mens nie met die eerste aanhoor van hierdie vrolike wysie dink aan sombere dinge soos ’n gebroke hart nie. Nog minder wanneer jy in die komiese video sien hoe ’n gorilla tafeltennis speel. Die konsep behels egter veel meer as ape en tafeltennis. Die baskitaarspeler, Ryan McArthur, wat saam met Richard Bolland die storiebord vir die video ontwerp het, beskryf dit as “a split screen adventure that references the pop culture of our youth”.

Die regie vir die video is behartig deur 187 en word tans deur Bolland geredigeer. Hou Captain Stu se Facebook-bladsy dop vir nuus oor die vrystelling.

 

Foto’s deur Annie Klopper