Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

Biduurtjie in die Oudehof


Fanus Rautenbach - 2009-06-04

Elke Woensdagoggend het ons in ’n biduurtjie in die Oudehof. (Dis eintlik ’n ouetehuis, maar wie wil nou erken dat hy in ’n ouetehuis woon? Toe verander ons die naam na Arkadia Oudehof!)

Ek kry elke Woensdagoggend opdrag om halftien daar te wees. Wat ek ook doen.

Die oggend lees die leraar voor uit Efesiërs, waar Paulus vir die gemeente skryf om nie dronk te word van wyn nie, maar van die Heilige Gees, en die dominee maak vergelykings tussen die verskillende dranksoorte: "Moenie dronk word van sterke drank soos whisky en jenewer of sjampanje nie, maar word liewer dronk van die Heilige Gees."

Tant Josie is ook elke Woensdag om tienuur daar, maar dis om ’n ander rede.

Toe die horlosie tienuur slaan en dominee is nog besig met die drinkery, val sy hom dwars, maar vriendelik, in die rede met: "Dominee kan ons nie nou eers TEE drink nie?”

Ag, ek is so lief vir my mense!

UMFAANUS