Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Ek verstaan nie rugby, eet, vlieg, China of teater nie ...


Albert Maritz - 2009-06-04

“An ass is beautiful to an ass, and a pig is beautiful to a pig.” – John Ray

“New-Kassel.” Dit sê die individu van ’n nasie van lewende velslagters seker honderd maal die aand.

Net vanmiddag kry ek die video op YouTube waarin jakkalse – wat lyk soos die pragtige wolfhonde met die wit en grys hare en die bambino-oë  – lewend geslag word in China.

Vanaand sit ek by my pel, die lekker ou, se verjaarsdagpartytjie. En ek weet hy het nogal ’n aggressiewe streep. As die ou voel hy verloor beheer oor ’n situasie, spat die vonke.

Dit spat darem nooit as hy ’n vliegtuig neersit nie. Maar die gasheer is ’n Chinees.

Gou-gou sit ons die eerste bestelling in. Die Kenridge Chinese Haven het ’n gewone spyskaart, en dan ook ’n keuse-spyskaart: mens kan kies uit Menu 1 of Menu 2. Op 1 en 2 is daar ’n voorgereg, ’n hoofgereg, ’n poeding, tee – so. Beide se hoofgereg is egter varkvleis. Stel jou voor – varkvleis en varkvleis … So nou goed, daar lê dus ’n onderhandeling voor, om op die een spyskaart – die een sonder die prawn-voorgereg – ’n porsie hoender in plaas van die varkvleis te mag kry.

En die man-van-die-land-van-perlemoen-opkikkers loop hom gou vas in die pragmatisme van ons Birthday Boy – die lekker ou wat jy nie moet kwaad kry nie. Dis moeilik om dadelik seker te wees – wie’s die vark in die verhaal? Toe Lin-Lon hoor dat van ’n tafel van sewe, een dalk nie die Menu gaan eet nie, skop hy briek; en wil dadelik die sommetjies regkry. Ons verstaan sleg. Probeer dink van bo na onder. Ons maak uit … iets soos … daar is sewe mense om die tafel, en hy het net ’n bestelling vir vyf. Skoolhoof het gepraat! Hande in die lug. Die somme klop nie.

Ons Birthday-oom maak sy stem dik: “Vat die hele bestelling,” beveel hy. Na vyf probeerslae, ’n dik stem … die Chinees verstaan van links na regs – en sy pen girts-girts op sy skrefie papier. En siedaar, daar is sewe bestellings en die sommetjie is onnodig. Gelukkig bestel ons Castle-ou nog ’n Castle.

“New-Kassel,” lag die uitlander. Hy en die bierdrinker kliek in ’n ommesientjie oor die gemaklike gemeenskaplike terrein van "jy drink, jy betaal, ek smile". New-Kassel.

Maar o wee! “Wat’s die leë stoel voor!?” spreek Ching Chong sy onvergenoegdheid uit. Ons word kortgevat oor neef Johan wat bel en sê hy kan nie kom nie. “Daar moes nog iemand in dié leë stoel ook gesit het,” beveel Jackie Chan. Maar goed, ons oorleef, totdat die Sesame Chilli Hoender en rys opdaag. Dis kurkdroog; geen sous nie, en veels te min chilli te bespeur. Nog ’n onderhandeling lê voor, met die moed van die oortuiging wat reeds beskaam.

Die stoel wat van die ander kant van die tafel na die hoof van die tafel geskuif word, dring hy aan, moet teruggeskuif word. Hy verloor sy humeur. Loop weg. Gelukkig laat hoor ons pel: "New-Kassel". Die oomblik is gered.

Die man vee die gesprek oor ’n souserigheidjie vir die droë hoender en rys van die tafel met ’n paar vinnige klappe van: wat jy wil hê, en sal kry; daaroor sal hy besluit … en draai sy rug op die desperaat roepende klant; die “ek”. Ek probeer sy bo-na-onder taal links na regs draai, maar hy stel eenvoudig nie belang nie. Shut up en eet daai droë kos.

Die Birthday Boy vlieg al 40 jaar soos Hans Christian Andersen, ’n groot voël, en het al in Viëtnam gewerk en het kredietkaarte vir elke ander land op die aardbol. “Jy eet wat jy kry die wêreld oor. Nêrens in die wêreld vra jy vir iets anders as wat jy op jou bord kry nie,” sit hy my op my plek en vee jare se filosofie van Suid-Afrikaners - dat ons moet aandring op beter diens, soos mense oorsee sonder versuim sal – van die tafel.

Ek byt na twee kante toe op my tande.

“Nee, ons wil nie nog ’n glas wyn bestel nie. Ons sal van ons eie in glase gooi.”
Whing-whang-whong gaan dit nie sommer so laat nie.

“Where?” beveel hy.

Ons is bewus van die heffing en is gediend daarmee. Speurder Cling Clang Clousseau dring aan. Sy ogies soek oor, agter, deur, en in die tafel … Ons moet bottel 2 goeie wyn uithaal en op die tafel sit dat hy kan sien.

’n Aand uit wat voel soos ’n besoek aan John Vorster-plein in 1976. Toe ons loop, staan en lag die nuwe Suid-Afrikaner, met ’n dik tip van die kwaai vlieënier en baie New-Kassels op die rekening …

Uitgegaan, afgeslag, uitgedroog - iemand het my sowaar nes ’n perlemoen laat voel.

“Ma, wat het geword van die mooi Chinese restaurante soos die een in die Broadway-gebou in Kaapstad en die Pagoda Inn, waar daar beligting was vir atmosfeer, versierinkies wat hang, en vriendelike kelners wat selfs verstaan het wat mens sê?” vra ek my ma. Vanaand se besoek in die kamakazi-samoerai se eie vaal kombuis dui op een ding: Suid-Afrikaners hou van dinge op hul plek. En as links na regs sommer so bo na onder raak – gee ons onderstebo ook nie om nie. Die walglike plek was so te sê vol!

*

Nes ons smaak vir kunste ook eienaardig is. Op KKNK het ek geskryf oor ’n stuk waar die spelers moedig werk met ’n heel verdienstelike teks. Maar die regie is so onkreatief, en eendimensioneel, dat mens kwalik kan glo mense sal kom kyk. Maar dis vol en die mense kraai 20 keer in die 90 minute van die lag …a laugh a 2 minutes.

Ek het die voorreg om in die Nuwe Volksteater – wat in die goeie dae The People’s Space, of Die Volksruimte was – Private Lives te gaan kyk. Erica Wessels, die nimlike aktrise, doen die verhoog eer aan.

Saam met haar is Marcel Meyer, wat ook Romeo gespeel het in die opelugteater in Wynberg – vir die dieselfde regisseur. En hy sê sy woorde op en staan op die regte plekke.

Saam met hulle op die verhoog is Anelisa Phewa. Daar is lewe in sy oë, asof dit aan die siel verbind kan wees. Maar mens is nie dadelik seker aan wie se siel nie. En sy uitvoering is stokkerig rigied.

En dan is daar nog ’n optrede – dié van Namhla Thsuka, wat sit op plekke.

Dis ongelooflik om te dink hoeveel moeite in regie van stukke ingaan as jy nie kommersiële teater skep nie. En vir daai harde werk is mens gewaarborg: min bywoning. Maar gehore weet - elke oomblik is een van vreugde. Terwyl iets aan Private Lives herinner aan iets plaasliks – dat ek dit dalk by die laerskool kon gaan sien het ook? Sigbare flair red Erica Wessels, en help Anelisa Phewa half oorleef …

Die klein gehoor sit daar en glimlag soms. En ek moet erken – wat ’n gevrekte gehoor – met my in dit! Mens kry die spelers jammer op so ’n aand. Die vorige twee aande was daar groot gehore wat gekraai en geskater het van die lag. Wat my laat dink: mense lees darem nog.

Ek dink die regisseur moet die pak slae vat hiervoor. Soos Rassie Erasmus doen vir die Stormers. Of dalk krediet kry vir die feit dat mense weer gaan begin lees. Nes ’n slegte "run" in die rugby mense na die teaters dryf … Iemand verloor hier iemand anders se geld.

*

Jissou, daai uitlander, slaan arme Tiaan Liebenberg met die vuis, druk sy gesig met die vuis in die gras, en toe Tiaan sy humeur nie kan beteuel nie, word hy gegeelkaart! En toe saam met die aanrander “vrygespreek”.

’n Stormers-drie word nie toegeken nie, omdat Naqelavuki glo iemand gestamp het. Die kyk-weer wys niks van die aard nie. Is daar optrede teen die grensregter? Hoekom word als net verswyg? Is dit goed vir demokrasie?

En die teenstanders skop teen ’n Stormer vas – ’n fout en goeie spel deur die Stormers-afstormer. Maar die opposisie kry die skrum? Watter soort oordeel! En niemand sê ’n woord nie!?

In die deurslaggewende wedstryd tusen die Chiefs en die Blues storm die Blues ook ’n skop af. Die bal word deur Leon MacDonald oor die doodlyn gehelp. Dit word net ’n 22 inskop, met ander woorde eintlik voordeel vir die Chiefs, wat dalk die wedstryd vir hulle red, hulle bo byvoorbeeld die Sharks in die top vier spanne laat beland, en so ’n baie groot impak op dinge het. In plaas daarvan dat die Blues ’n skrum kry op die 22, en dalk uit die aanval in die laaste minute ’n drie of ’n skepskop kon behaal. En die geskiedenis anders verloop …

Dis net so belaglik soos die uitbly van ’n oplossing vir die kinderagtige gekibbel – ’n klomp Super 14-reuse verrinneweer mekaar tot duskant die dood, ’n span druk ’n drie, maar iemand wikkel enigiets - ’n dikte van sy broek se pyp – onder die bal in – en dis nie ’n drie nie! Ball held up!

Nes die ouens wat Luke Watson boe. Het die Vrystaat nie TV en radio nie? Het hulle nie gehoor hoe goed praat elke Stormers-man van Luke nie? Selfs hul oudkollega, AJ Venter, is ’n groot "fan". Nou druk ouens soos Henro Scholtz Luke vas en ook maar net as hulle twee is. Tipies die trop-jag-mentaliteit. Sal nie kans sien vir hom as hulle alleen is nie.

*

Ek verstaan nie rugby, eet, vlieg, China of teater nie. Net daai lafhartige eenvoud waarmee mense hul vrees en onkunde uitstal. Dit verstaan ek. Dis die taal van teater. Aspris ongelukke.

Ek het al gedink dis die klein dingetjies wat saak maak. Dis seker hoekom Private Lives nie vir my oor die doellyn kom nie. En New-Kassel amper, maar nie rêrig alles kan regmaak nie. Maar niks maak eintlik saak nie.

“Happiness? That’s nothing more than health and a poor memory” – Albert Schweizer.