Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Nat


Laura - 2009-05-27

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

My oë volg die kurwe van jou slapende lyf. My hand volg my oë. Hoendervleis slaan uit oor jou hele lyf. Ek voel hoe dit warm raak tussen my bene.

Ek raak met my vingerpunte aan jou arms, jou heupe jou boude … Verken die lyn van jou mond, jou nek, jou bors. Jou tepel raak hard tussen my vingers. Ek druk my vingers in my mond en vat weer aan jou tepel. Dit voel soos ’n rivierklippie.

Jy draai effens om, sodat jy amper op jou rug lê. Jou asemhaling is diep en egalig. Jy slaap nog.

My hand verskuif van jou bors na jou maag, en af. Jou bene gaan effens oop. Jy lê nou heeltemal op jou rug. Jou asemhaling raak vlakker. Ek streel met my vingers oor jou bobene, dan oor jou maag en weer terug na jou bobene.

Ek druk my vinger versigtig in jou natheid. Jy kreun, maak jou oë effens oop. Jy gryp my hand en druk twee vingers in jou poesie. Jou onderlyf druk hard teen my hand. Ek staan op my knieë bo-oor jou, neem jou een tepel in my mond, rol dit oor my tong, dan die ander een.

Ek voel hoe my eie natheid teen my bene afloop. Jy kreun, soek my mond met joune, soen my. Dan vind jou vingers my klit. Dit voel of ek gaan ontplof. Jy druk hulle in my poesie. Ek verloor amper beheer. “Wag,” sê ek, “dis nou eers jou beurt.” Met moeite haal ek jou hand uit my uit.

Ek soek weer jou tepels met my tong, trek sirkels om hulle, beweeg af, af, af …

Ek suig eers jou klit en jou kreungeluide maak my mal. Dan naai ek jou met my tong en jy klink of jy van jou kop af raak. Jy druk my kop vas teen jou poesie sodat ek jou harder en dieper moet naai. Jou reuk bedwelm my. Jy proe soos aarde en liefde en vrugbaarheid. My vingers kom by, jy sit die vibrator teen jou klit, jou hele lyf trek saam.

Jy kom weer en weer en weer. Ek drink jou natheid wat oor my spoel. Ek hou aan om jou te naai totdat daar geen krag meer in jou lyf oor is nie.

“Kom lê hier bo by my,” sê jy.

Ek gaan lê in jou arm. Jy begin oor my lyf streel. Jou kop buig oor my bors. Jy byt my tepel, amper te hard. Ek voel hoe my klit klop. Ek vat jou hand, plaas dit oor my poesie. Jy druk een, twee vingers in. Jou duim vryf oor my klit terwyl jy my met jou vingers naai – ’n heilige, hemelse ritme. My onderlyf beweeg saam met jou bewegings, my vingers soek honger na jou poesie. Jou kop ruk op as ek my vingers weer in jou druk. Jy kreun.

“Naai my,” fluister ek.

Jou vingers doen die onmoontlike, neem my na ’n ander vlak. Ek soek jou oë met myne. My hele lyf begin bewe. As ek kom, ontplof die lig in my kop. Die golwe spoel oor my, weer en weer en weer.

Ons vind mekaar se lippe as ons na die tyd moeg in mekaar se arms lê.

“Ek is lief vir jou.”