Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

4th Street – ’n Wyn gemaak vir vriende en goeie tye


2009-05-19

“Waar daar ’n opskop is, is daar 4th Street”. Met ’n nuwe sosiale vlinder in ons midde, 4th Street, ’n natuurlike soet Rosé, word goeie tye saam met vriende opnuut verseker.

Sonder pretensie en glad op die tong, flankeer hierdie nuwe wyn heel gepas in kringe met ’n passie vir vriendskap en samesyn. 4th Street, is ’n toeganklike, jeugvolle rosé wat perfek is vir ’n gesellige makietie waar vriende goeie wyn en goeie tye deel.

“Buurte is waar vriende sommer spontaan en gemaklik saam kom vir goeie tye wat dikwels oorslaan na feesvieringe op die sypaadjie en in die straat. 4th Street pas in by hierdie lewenslustige gemeenskapsatmosfeer met sy natuurlike soet, karakter wat dans op die palet,” verduidelik 4th Street se handelsmerkbestuurder, Jeanne de Wet.

Die wyn met sy parmantige, ooglopende pienk voorkoms, is ideaal om saam met vriende te geniet en teen ’n sakpas prys, is 4th Street wel onderweg om ’n treffer onder die dames te wees.

4th Street is gekroon met ’n skroefdop vir gerieflikheidsonthalwe en is beskikbaar in ’n 750 ml bottel sowel as ’n 1,5l bottel, vir wanneer jou voordeurklokkie onverwags lui. Te koop teen ’n prys vanaf om en by R21.96 vir die standaardgrootte en R39 vir die 1,5 liter bottel, is daar geen verskoning om nie by hierdie adres te gaan aanklop nie. Maak seker jy vind die paadjie na 4th Street by jou naaste supermark of drankwinkel.

4th Street – Sien jou daar!