Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns > Annie Klopper: Rockjagter

aKING stel Against All Odds op Stellenbosch bekend: Foto's


Annie Klopper - 2009-05-14

Plaaslike rockgroep aKING het verlede Woensdag hulle nuwe album, Against All Odds, by die Klein Libertas Teater op Stellenbosch bekend gestel. Alhoewel die drukoplaag van die CD nie betyds vir die bekendstelling gereed was nie, het hulle nuwe liedjies die skare gaande gehad. Volgens die groep se aanhangerbladsy op Facebook behoort die album darem hierdie week op die rakke van vooraanstaande musiekwinkels beskikbaar te wees.

Die musiekvideo vir aKING se single “In the Twilight” het ook onlangs die lig gesien. Die regisseur was Natasja Fourie, Caleb Heymann was in beheer van die fotografie, terwyl Adrian Hogan die video geproduseer en Duvan Durand dit geredigeer het. Gaan kyk daarna by www.aking.co.za. Maar kyk eers na my foto’s van die CD-bekendstelling: