Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Die riviertjie vloei by die KKNK en die Wynlandse Filmfees


Albert Maritz - 2009-05-07

Public opinion in this country means everything – Abraham Lincoln

So dis ’n slegte slenter teenoor Brett Pyper, nè – om te verkondig KKNK gaan dalk nie vars water hê nie. Dis sekerlik nie waar nie! En almal drink buitendien daar uit houertjies en staanfonteintjies uit, indien nie uit bierbekers nie.

Met die nuwe lafheid - wat darem klink of dit nou begrawe is, beteken dit hopelik dat vorige jare se elektrisiteit euwel gebêre is. Die KKNK se elektrisiteit het al mooi potensiaal laat sneuwel.

In 2007 open ons by KKNK met ’n show in ’n sinkgebou. ’n Verhoog met spesiale vereistes is daar vir ons ingerig. Maar die aircons laat die krag trip. Weens die owerheid van die dorp se fyn spel destyds - tussen fees en wees – kon sulke goed nie vroeër uitgesorteer word nie. Ons show, met sy baie uitdagende konsep, het goed afgetjop.

Al die spelers was die hele tyd op die verhoog – liewer, op twee verhoë. Die verhoë was rug aan rug. Voor elke verhoog was ’n verskillende gehoor. Aan die een kant het spelers gespeel in ’n tradisionele stuk, Dis nou te laat, deur Louis de Villiers - met George Ballot in die hoofrol. Op die verhoog aan die agterkant was ’n ander stuk wat deur ons self geskep is in werkswinkel-omstandighede. So, ’n speler wat nie in die tradisionele stuk op die verhoog was nie, was in die stuk agter. En soos iemand van een verhoog afhardloop, of uitgesmyt word, is hy/sy dadelik deel van die aksie aan die ander kant, in die ander stuk.

Na ’n pouse ruil die gehore om, en kry hulle kans om te sien wat de drommel op die verhoog aan die agterkant aangegaan het terwyl hulle netnou anderkant sit en kyk het.

Dit was uit die aard van die saak baie, baie veeleisend. En op openingsdag, so 12-uur die middag, werk die lugreëling nie!

Wie van die gehoor of spelers die swaarste gekry het, weet ek nie, dalk weens my eie breinskade van die dag.

’n Senior persoon van ’n noorderfees praat sedertdien skaars met my oor die kwaliteit van my werk kwansuis so benede standaard is. Om die waarheid te sê, sy deel mense graag mee dat my werk “kak” is. Dis seker hoekom hulle ons by die vorige noorderfees in matching akkommodasie gesit het.

Maar dit lyk of die KKNK se riviertjie vloei. Dis lekker om te hoor die verkope van kaartjies, verblyf en dies meer, is goed. Mag die fees van krag tot krag gaan; mag die publiek besef hoe waardevol die fees vir ons is; mag die kunstenaars dit besef, die stalletjie-eienaars, die winkeleienaars, die munisipale amptenare, die regering, en les bes, die medelewensaar van die kunste – die groot sakemanne van ons land.

*

Elke dag verfilm plaaslike spanne, met sleutel oorsese kameramanne ens, advertensies en films. In die middestad is daar nou die week ’n advertensie vir Duitsland. Die Suid-Afrikaanse spelers het nie eens dialoog nie. En die spelers saam op stel is goed, maar nie die beste nie. En die Kanadese hoof van kamera leun in ’n stadium oor na een van die akteurs en sê: "Ek was al orals, en julle … is GOED!" Hy is Joe Zizzo. En hy is dalk nie enige hierjy nie. Die opset op die stel het dit nie na ’n hierjy stel laat lyk nie. En hier kom nogal groot geeste hiernatoe.

Jare gelede was Janusz Kaminski – Steven Spielberg se hoof van kamera op Saving Private Ryan, ET ens - hier om ’n advertensie op te neem.

*

Toe steel iemand in ’n leë gebou se derde verdieping, verby al die gehuurde sekuriteit, die fotograaf se laptop, met die akteurs in ure se poserings, wat hul op die internasionale web sou gebruik, en dalk op billboards in Duitsland.

*

’n Baie cute show onlangs was die aand van die mesaanval buite in die straat - Blondes by die Oude Libertas. Mag die Stellenbosch-polisie teen nou al hond haaraf gemaak het. Die aand en die daaropvolgende dag het dit nie gelyk of hulle bestaan nie.

Blondes bestaan uit Zorada Temmingh en Elna van der Merwe en het ietsie van alles. Hulle is twee klavierspelers, wat heel sjarmant voor die mikrofoon vertoon, en van ernstige musiek tot ’n populêre medley – en my hoogtepunt van die aand, Queen se musiek – speel. Mens wil saamsing, en meer as een persoon in die gehoor het inderdaad – al was dit sag vir hulself.

*

Gepraat van sjarmant – is die Wynlandse Filmfees by die LABIA nie cool nie! ’n Launch wat die plekkie binne en buite laat BUZZ het, ’n heel cool fliek, White wedding, met ’n Suid-Afrikaanse rolverdeling, regisseur, en teksskryfspan, en ’n M-Net-verering aan Idrissa Ouédraogo.

Ons eie filmprofessor, Martin Botha, sonder onder andere die volgende films uit om nie te mis nie: Climates, The child, Human resources, Abraham's Valley en Time out. Hy sê dis almal films wat ons nooit op die plaaslike kringloop kon sien nie!

En daar wen The First Day of Winter die toekenning as Beste Film – dit voor films soos Regardt se Tornado. Ons hoop Tornado is baie goed. Dat dit en Triomf die wêreld skud. Die hoop beskaam nie.

Hiermee die kopie van die jurie se kommentaar:

  

The first day of winter

All three members of the feature film jury were impressed by a small, yet powerful neorealist drama about adolescence and marginality. They honored this film for its carefully followed-through directorial aesthetic, as well as the provocative yet subdued treatment of an Italian secondary school’s eat-or-be-eaten mentality.

The first day of winter impresses one due to the fact that director Mirko Locatelli prefers narrative ellipses to predigested explanations. It should be noted for the vivid examination of power relationships between teenagers and the daily effort required to simply grow up.

Ugo Carlevario’s cinematography reinforces the film’s naturalistic approach, and the central performance of Mattia de Gasparis is quietly powerful.

*

 Accidental son

 Inventiveness, innovation, intelligent scripting, the raising of topical issues and social awareness above all were the criteria applied by the documentary film jury when watching 27 documentaries in competition at the Cape Winelands Film Festival.

Traditionally documentaries have been intimately connected to the idea of social awareness, but this year’s best documentary also contemplates an individual journey which is moving yet never manipulative.

In Accidental son co-director Robert Zuber’s search for his biological parents gives an intimate portrait of one man’s struggle to find his roots, while also showing us what it feels like to navigate Croatian social services.

Well-placed and unpretentious, the film moves beyond its low budget with a sophisticated narrative structure told in the first person to create universal resonance, painting a picture of the social texture surrounding the individual story.

*

Les doigts de mains (The toes)

The selection of short films at this year’s Cape Winelands Film Festival spanned the gamut of possibilities, ranging from student to professional, horror to comedy and 3 to 55 minutes.

In trying to judge the best short film we had to decide on over-riding criteria that linked all of these films, and what we decided was to look for a film that efficiently tells a small story about a big issue. At the same time it had to allow the viewer freedom to reflect.

For that reason we chose Les doigts de mains by Laurent Dennis from Belgium.

The story about a man in frail care receiving an unexpected visitor is funny, unpredictable, boasts a rebellious character who engages the viewer and makes you think of a serious social problem, provoking second, even third, thoughts.

Just the right length to programme with a feature, yet sharp enough to be remembered long after the images fade, Les doigts de main deserves to be the short film of 2009.

Special mention

The short film jury does not have to make special mention of a movie, but this particular film made a big impression on us.

Shadow Boy by Justine Puren deserves every accolade that will undoubtedly be heaped upon it as it travels the world’s film festival circuit.

This Afda honours animated short is a flawlessly rendered, coherent modern fairy tale. Touching on the burning issue of orphans left to fend for themselves on the streets of Johannesburg, Shadow Boy is both sad and hopeful, and we are eager to see what this young woman does next.

Good friends, good books and a sleepy conscience; this is the ideal life. – Mark Twain