Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

8ste Stellenbosch Wynfees groter en beter in 2009


2009-05-04

Die 8ste Stellenbosch Wynfees spog hierdie jaar met ‘n groter, beter fees met meer as 13 500 gaste wat by die jaarlikse byeenkoms verwag word tussen 30 Julie - 2 Augustus in die Paul Roos sentrum. Organiseerders van die fees is vasberade om hierdie jaar alle verwagtinge te oortref met meer as 500 wyne en fynproewer happies, afkomstig van 170 verskillende uitstallers wat aan die fees sal deelneem.

Die Stellenbosch Wynfees, een van die grootste streeksfeeste in die land, lok talle nasionale sowel as internasionale besoekers na die dorp en bied fantastiese geleenthede vir besoekers, wynprodusente, borge en uitstallers. Die Stellenbosch Wynfees het in 2008 uitmuntende groei getoon in beide uitstallers en besoekers. Die fees het gasheer gespeel vir meer as 12 500 besoekers en 150 tentoonstellers tydens die vier dae met algehele wynverkope van R380 000. Die organiseerders hoop om hierdie indrukwekkende syfers vanjaar te oortref. Navorsing wat by verlede jaar se fees gedoen is, toon dat 85% van die besoekers afkomstig was vanaf die Wes-Kaap, 7,3% vanaf Gauteng terwyl 7,7% internasionale besoekers was.

Die Stellenbosch Wynfees skop weereens hierdie jaar met sy baie suksesvolle Wynkenners-aand af wat Donderdag, 30 Julie plaasvind. Hierdie is die perfekte geleentheid vir alle wynliefhebbers om gesellig saam te kuier met Stellenbosch se top wynmakers, sonder die skares. Hierdie jaar bring ook vir die eerste keer ‘n Fynproewerlaan na vore wat Stellenbosch se top restaurante sal vertoon in samewerking met die Stellenbosch Wynroetes en American Express®. Die fees beplan ook om hierdie jaar gaste te betower met plaaslike musiektalent. Die fees sal vooraf gegaan word met die Stellenbosch Wynweek wat ʼn groot verskeidenheid aktiwiteite soos dagbesoeke, spesiale restaurantervarings en eksklusiewe wynmakersetes vir besoekers van heinde en verre aanbied.

Die Stellenbosch Wynfees verskaf wonderlike reklamegeleenthede vir uitstallers om hul handelsmerke te bemark. Wynliefhebbers woon nie net die fees by vir ‘n genotvolle naweek nie, maar maak ook gebruik van die geleentheid om hul persoonlike wynversameling aan te vul met hul gunsteling Stellenbosch-wyne en om die Wynlande te verken.

Uitstalruimte is beperk en word toegeken aan lede van die Stellenbosch American Express® Wynroetes, restaurante, kosprodusente asook verwante produkte en dienste. Voornemende uitstallers kan alle navrae rig aan die feesorganiseerders, CADEK Media. Skakel Chris de Klerk of Elmarie Rabe by Tel: 0861 222 335.

Kaartjies vir die Stellenbosch Wynfees is beskikbaar by Computicket en kostes wissel van R100 tot R300 per persoon. Vir meer inligting skakel Tel: 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za .

Wen Wen Wen: SMS WINE na 34010 om kaartjies na die Stellenbosch Wynfees en ander top pryse te wen. Koste per sms beloop R2 en terme en voorwaardes geld.

Stellenbosch Wynfees - datums en tye:

Donderdag, 30 Julie 16:00 - 21:00 (Wynkenner-aand) R150
Vrydag, 31 Julie 16:00 - 21:00 R100
Saterdag, 1 Augustus 11:00 - 17:00 R120
Sondag, 2 Augustus 11:00 - 16:00 (Familiedag) R100
Goue toegangspermit R300 (Geldig vir al 4 dae) R300

Plek: Paul Roos Sentrum op die hoek van Piet Retief en Suidwalstraat in Stellenbosch.