Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

David Helfgott op toer in Mei: KZN, Tuinroete, Overberg


2009-04-29

Die befaamde konsertpianis, David Helfgott, wat wêreldberoemd geword het na die verfilming van sy lewe in die rolprent, Shine, sal in Mei ‘n reeks van 8 konserte in Hilton, Port Elizabeth, Grahamstad, Knysna, George, Mosselbaai, Robertson en Hermanus speel.

Helfgott, wat bekend is vir sy unieke en hoogs persoonlike vertolkings tydens sy klavieruitvoerings, het in 1998, 2001 en 2004 voor stampvol sale in Suid-Afrika gespeel. Die afgelope 25 jaar het hy deur Europa, Kanada, die VSA, Brittanje en die Verre Ooste getoer en ‘n onuitwisbare indruk op gehore gelaat met sy uitsonderlike talent. Sy opnames is al met talle toekennings bekroon.

In 2007 het Helfgott sy 60ste verjaardag met ‘n toer in Suid-Afrika gevier. Sy keuse het op Suid-Afrika geval vir hierdie spesiale geleentheid, omdat gehore hom hier nog altyd ontsettend warm ontvang het.

David Helfgott is al geloof as ‘n "geniale vertolker" en "een van die mees uitsonderlike pianiste" van sy tyd. Hy het op internasionale vlak al die belangrikste konsertverhoe van die wereld opgetree. Na sy Suid-Afrikaanse toer volg verdure optredes in Australië, Israel en Europa.

Helfgott se program sal oa bestaan uit Chopin se Fantasie Impromptu, Sindin se Rustle of Spring, Hongaarde Rapsodie No.2 deur Liszt asook Helfgott se geliefde encores, soos Khachaturian se Sabre Dance.

David Helfgott se optredes vind plaas op 2 Mei in Hilton, 4 Mei in Grahamstad, 6 Mei in Port Elizabeth, 8 Mei in Knysna, 10 Mei in George, 12 Mei in Mosselbaai, 13 Mei in Robertson en 16 Mei in Hermanus. Besprekings by Computicket tel. 083 915 8000 of www.computicket.com. Kaartjiepryse: R 125, R 155, R 185.

 

Toerdatums en venues: David Helfgott Suid-Afrika 2009

Name van Venues soos verskyn op Computicket

Sa 2 Mei: Memorial Hall, Hilton College, Hilton (KZN), 19h30

Ma 4 Mei: Guy Butler Theatre (1820 Monument), Grahamstown, 20h00

Wo 6 Mei: NMMU South Campus Auditorium, Port Elizabeth, 20h00

Vr 8 Mei: Dutch Reformed Church Hall, Knysna, 20h00

So 10 Mei: Arts Theatre, George, 15h30

Di 12 Mei: Dias Maritime Museum , Mossel Bay, 19h30

Wo 13 Mei: Robertson East DR Church Hall, Robertson, 19h30

Sa 16 Mei: Overstrand Civic Centre Auditorium, Hermanus, 19h30