Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Eendrag maak mag


Jan Jansen - 2009-04-09

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Ek is weermag toe in die vroeë tagtigs. Aangesien ek die eerste van die nuwe inname was wat by die kamp aangekom het, het ek nie die gewone worsmasjien ervaar waartydens nuwe troepe uitgereik word met toerusting nie. Dit was reeds laataand toe my trein op Kimberley-stasie aankom. Met onsekerheid in my hart het ek die hekke sien toeslaan van agter uit die Samel wat my na die kamp vervoer het. My sammajoor was ontbied om my in te klaar en uit te reik met die nodige beddegoed vir die aand.

Ons was saam in die donker met sy motor na die stoorkamer, waar ek bewend langs hom gestaan het terwyl hy die deur oopgesluit en die ligte aangeskakel het. Bewend, nie omdat ek die weermag gevrees het nie, maar omdat sy fris bors met die donker hare wat onder sy kraag uitsteek my buite myself jags gemaak het. Ek het agter hom aangestap terwyl hy linne en eetgerei in my uitgestrekte arms gestapel het, my oë voortdurend op sy volronde gat. En as hy na my toe draai, het daar ʼn speelse glimlag oor sy gesig gespoel wat sy dik weermagsnor so effens skeef laat trek het.

Die volgende dag het die res van die inname in hulle dosyne opgedaag. Ek was reeds rustig in my nuwe blyplek en het al die bang en manhaftige jongelinge gade geslaan soos hulle in lang toue staan om ingeklaar te word. En tussen die menigtes kon ek kort-kort Sammajoor sien blaf vir sy offisiere. Die speelse glimlag het nou plek gemaak vir ʼn bebliksemde strak trek oor sy gesig.

Enkele dae of weke later staan ons weer op parade. Sammajoor spreek ons toe oor wat ons kan verwag in die komende weke van opleiding. "Ons sal jou breek tot daar niks van jou oor is nie. Dan sal ons die stukke bymekaarmaak en jou herbou tot ʼn gedissiplineerde soldaat. As daar enige vrae of probleme is, kom praat met my na afloop van die parade."

Dit was die uitnodiging waarvoor ek gewag het. Ek het gerugte gehoor dat daar blykbaar ʼn gay-eenheid bestaan. Met die hoop om soontoe oorgeplaas te word, marsjeer ek na Sammajoor waar hy soos ʼn koning staan en pronk. Met arms gestrek langs my sye verduidelik ek dat ek gay is en verstaan dat daar ʼn aparte eenheid vir ons is. Sy oë het op dun skrefies getrek terwyl sy snor so kriewel gee. "Nee my donder, troep, ek weet nie wie het sulke kak vir jou vertel nie, maar hier is ons een weermag. Wat is jou klassifikasie?"

Ek was die bevoorregte G1K1, medies geskik vir die volle opleidingsprogram, geen verskonings of uitsonderings. Dit was die einde van my hoop en so het weke van hel begin. Ek onthou die middernagtelike ure se opstaan om vloere te poleer en beddens soos bakstene te laat lyk, die eindelose dae van rondhardloop deur die stofvlaktes van Kimberley in die uitmergelende Wes-Transvaalse son.

En dan was daar Woensdae se sportparade. Iets wat ek nie juis enige belang in gehad het nie, maar dit was ʼn welkome breek van die onophoudelike rondhardlopery. ʼn Rustige middag langs die rugbyveld terwyl jy na sport kyk wat jou min skeel.

So was dit daardie Woensdag toe Sammajoor na my aangestap kom. "Kom saam, troep," beveel hy. Onmiddellike angs pak my beet, want dit kan net een ding beteken. Iewers is ek nou in diep kak. Sonder ʼn woord begin ek agter hom aanstap na ons barak, my gedagtes ʼn warboel van wat die moontlike oortreding kan wees. My bed met die oggend-inspeksie was nie half sleg nie. My klere is alles gestryk volgens weermagstandaarde. Wat kan dit wees?

By die barak aangekom, stap Sammajoor na die badkamer-area toe. En daar in die gemeenskaplike stortruimte tussen bleek mure en gepoleerde sementvloer gaan hy staan, draai na my en sê: "So jy vertel my sommer so jy is ʼn moffie? Wat die donder dink jy, man?" Ek stotter verstom. Dit was die laaste aanslag wat ek verwag het. "Is jy regtig ʼn pielsuiger, of is jy een van daai naaiers wat die weermag probeer omseil?" Geen antwoord. "Kom, wys my hoe lief is jy vir piel, man." En met dié trek hy sy gulp af en laat gly ʼn half-erekte voël uit sy militêre bruin broek. "Sak troep!" Sonder ʼn woord of ʼn huiwering is ek op my knieë met Sammajoor se dik harige piel vlak voor my neus. Die muskusgeur van dag oue sweet en testosteroon vul my neusgate met verlammende begeerte. Met ʼn laaste opwaartse blik na sy gestalte trek ek my oë op skrefies en sluk sy volronde piel diep tot agter in my keel.

Die weke van ontbering en afmatting vloei uit my lyf soos ek my oorgee aan hierdie oomblik van totale vervulling. Binne oomblikke groei Sammajoor se piel tot ʼn dik, harde boomstomp. Geleidelik begin sy lyf saam wieg met my ritmiese mondbeweging. Sy hande streel oor my kortgeskeerde hare tot agter my ore, waar dit my kop in ʼn stewige greep vasklem. Sy heupe beur kragtig vorentoe, vinniger, dieper, sodat ek sy voëlkop voel stamp teen my verhemelte, terwyl strome spoeg langs my wange afloop. Ek begin blaas soos ʼn os deur my neus, voel die romerige sout van sy saad in my keel af skiet, terwyl hy soos ʼn maanhaarleeu brul.

"Nie ʼn slegte pielsuiger nie, troep. Maak dat jy terugkom by die sportgrond. En as jy weet wat goed is vir jou, hou jy jou bek." Manhaftig en ongeërg trap hy wydsbeen bo-oor my en stap uit.

Uitasem en ekstaties het ek daar op die sementvloer my draad getrek totdat dit ʼn straal teen die bleek muur skiet. Die volgende paar dae het verbygegaan soos al die voriges. Ek het begin wonder of al die uitputting my brein aangetas het dat ek sulke realistiese fantasieë begin droom het.

Tot een aand toe daar skielik ʼn korporaal by die barak instap en my naam roep. "Troep, kom saam met my." Teen daardie tyd die parate soldaat, spring ek op aandag en gehoorsaam bevele sonder vraag. Ek is saam met Korporaal in sy motor en ry deur die nou verlate basis. Aan die anderkant van die menasie is die staande mag se wooneenhede. Ons hou stil voor een van die rooi baksteenhuisies. "Klim uit. Dis Sammajoor se huis. Hy het my gestuur om jou te gaan haal." Skaars twee kloppe aan die deur of ek hoor die swaar voetstappe oor die houtvloer. Binne, in die klein sitkamer, wag Sammajoor en een van die stafsersante.

"Kom binne troep. Vertel nou net vir Staf hoe goed jy piel suig. Kom sak sommer af en wys hom." En met dié druk hy my kop af tussen sy ferm harige bene. Ek voel die vol, harde piel in die swart oefenbroek voor my en druk my hand onder die rekband in. Dan gly ek dit oor die rand dat sy swaar balle bokant my neus hang. So behaaglik is die sweterige reuk dat ek eers my neusholtes diep vul met sy mansreuk. "Kom kont, wat wag jy. Eet die fokken ding!" Skielik is ek terug in die vertrek en sluk Sammajoor se piel soos die honger slaaf wat ek is. Terwyl hy my mond naai, hoor ek sy stem. "Ja, hond, jy suig darem lekker army-piel, nè. Kom trek af jou broek dat Sammajoor bietjie daai hol van jou kan uitcheck." Sonder om sy piel uit my mond te laat glip, trek ek my klere uit. Teen hierdie tyd het die stafsersant nader gestaan en begin hy sy growwe hande oor my boude vryf. "Lekker naaibare gat dié, Sammajoor." En sonder enige seremonie begin hy weerbarstig tussen my bene lek. "Kom troep, maak oop daardie hol, Staf wil daai poes van jou eet!" My lyf kreun van totale swakheid soos Stafsersant my hol oopkloof met sy tong, terwyl ek lustig aan Sammajoor se piel smul. "Draai om. Daai kont is nou reg vir my. Suig ʼn bietjie vir Staf." Hardhandig druk hy my kop af oor Stafsersant se piel, terwyl hy sy eie in my gat in boor. "Ek wil sien hoe jy Staf se kom eet voordat ek skiet." Terwyl ek opkyk na die harige man wat my saad voer, voel ek Sammajoor se piel diep en kragtig in my insteek. "Ja, jou mofkont, laat ons die kak uit jou naai. Jou kom-vreter. Ja, gee my daai hol!" En met luide kreun bars hy los in my polsende buik. Met rukbewegings naai hy die glibberige kom in my terwyl Staf my draad trek. "Ja, kom jou jags naai. Skiet daai boetiesaad van jou." My lyf kramp saam terwyl strale klewerige saad uit my ontplof. Sammajoor gee sy laaste stootkrag en val half uitasem oor my. Die drie van ons lê vir ʼn kort rukkie so op en in en oor mekaar. "Toe troep, skink daar vir ons ʼn dop. Kry maar vir jou ook een. Dis jou beloning."

Dit was die begin van my gereelde kuiertjies met Sammajoor en sy stafsersant. Maar nooit was ons gesels meer as "Ja, Staf, nee, Sammajoor, jammer, Sammajoor ..." nie. My basiese opleiding het in ʼn dwaal van orgasmes en harige piel vervaag. Sewedagpas was amper ʼn straf. ʼn Volle week sonder Sammajoor!

Die paar dae op die plaas was onwerklik. Familie en vriende het saam gekoer om die honger troep te voer. Daar was koekies en biltong en alles wat lekker is. Almal het opmerkings gemaak oor hoe ek verander het van ʼn skoolkind na 'n jong soldaat. En saans as die maan blink strepe teen die muur vee, het ek verlangend gelê en dink aan Sammajoor.

Uiteindelik was ek terug by die basis. Ek moes hard keer om nie dadelik na Sammajoor te storm en voor hom te kniel, smekend om hom te suig nie. Nee, ek moes ʼn volle week wag voordat ek weer ontbied is.

Soos ek geleer is, het ek dadelik my klere by die deur uitgetrek en dit op die houtbankie geplaas. Toe ek op my knieë by die sitkamer in kruip, kon ek onmiddellik aanvoel dat iets verkeerd is. Net Sammajoor is daar. Sy klere nog vars aan sy lyf. Geen hangende piel om my te begroet nie. Net ʼn strak trek oor sy snor. "Kom troep, vanaand het ek ʼn spesiale gas. Ek wil hê jy moet so goed wees vir hom soos vir my." Met dié trek hy my op my voete en wys my die slaapkamerdeur wat half oop staan. Ek knik en stap soontoe.

Slegs die bedlampie is aangeskakel. Die sterk reuk van pyptabak begroet my. Ek kan eers nie mooi sien in die halfskemer nie, maar die diep bas stem slaan my soos donderklokke. "Kom in, maak toe die deur."

Op die ander ent van die bed sien ek die donker gestalte van ʼn man met sy rug na my. Soos hy sy gesig na my toe draai, sien ek net die silhoeët van 'n pyp uit die onmiskenbare afetsing van ʼn welige bos baard uitsteek. "Kom troep, ek byt nie. Staan hier in die lig sodat ek daai lyf van jou kan sien." Versigtig skuif ek langs die bed af en gaan staan in die ronde ligpoel. Die baardman lê nou agteroor, uitgestrek teen die bed se kopstuk. Die volle glorie van sy geweldige lyf tref my vol tussen die oë en onmiddellik beweeg my piel. "Lekker jags, nè? Ek hou daarvan. Wys my hoe jags jy vir hierdie baardman is." Soos half in ʼn droom begin ek my piel vasvat en trek die voorvel stadig terug. Teen hierdie tyd is dit ʼn manhaftige horing. Die donker blik van hierdie man, wat net daar wydsbeen teen die bedleuning sit en kyk na my wat onbeskaamd nakend en jags voor hom staan, dryf die bloed verder na my pielkop. "Draai om dat ek daai gat van jou sien." Ek staan met my rug na hom, vir enkele minute.

Onseker wat om volgende te doen, hoor ek hom opstaan van die bed. Die eerste wat ek teen my voel, is die syagtigheid van sy baard in my nek. Ek kan sy manlikheid ruik in sy klere wat dae laas gewas is. Die reuk van pyptabak in sy asem. Die soet reuk van mansweet in sy nek.

Bewend staan ek en wag om bevele te gehoorsaam, maar al wat ek voel, is sy baard wat sagkens teen my rug af speel. Sy warm hande wat geleidelik om my heupe gly totdat dit my piel ferm in ʼn greep vas het.

"Draai om. Kom lê op die vloer." Versigtig gaan ek tussen die bed en die venster lê. Net die plankvloer teen my kaal boude. My oë nou gefokus op die gestalte wat bo-oor my troon. Ek sien die bult onder sy vuil weermagbroek. Hy lig sy been en sak sy swaar bestewelde voet op my bors. "Lek, maak skoon my boots." Ek proe die smaak van sand wat modderig raak, vermeng met die reuk van pyptabak en dik lae skoenpolitoer. Versigtig lig hy sy voet sodat ek die gleuwe onder die stewels deeglik met my tong kan voel. "Mooi so, nou die ander een."

Nadat ek al twee stewels laat glim het met my spoeg, trap hy stewig weerskante van my. Stadig haal hy die pyp uit sy mond en blaas dik vlae rook af in my gesig. Sy een hand nou besig om die knope van sy broek los te wikkel sodat die dik klos vry en vol hang van die welige bos hare. Hy staan en rook met net die vlesige piel wat bokant my hang. Ons oë stoei met mekaar en ek verbeel my amper dat daar ʼn glimlag in die baard skuil. Dan val daar die eerste druppels, wat ʼn stroom van warm pis word op my maag. Dit spat oor my gesig en spoel oor my lyf. Ek voel die warmte van hom oor my gloei. Ek hoor hom sê: "Maak oop jou mond en drink." Die soet-sout-bitter smaak plons in my mond soos ʼn bergwaterval. Ek sluk en sluk en steeds hou dit nie op nie. Hy speel met sy pis oor my oë, neus en terug na my mond. Pis strome af oor my piel, en weer op oor my lyf.

"Kniel!" Dadelik is ek op en in afwagting sit ek voor hierdie god van ʼn man en wag dat hy my sy saad moet voer. "Hou oop jou mond. Jy suig eers wanneer ek so sê." En met dié stoot hy sy volle manlikheid stadig in my keel af. Die reuk van sweet en pis, nou ʼn afrodisiak. Stadig in en weer uit speel hy, terwyl ek soos ʼn oopbekvis bewend wag dat ek hom kan eet. Skielik hoor ek die bevel: "Suig!" en begin sy piel met soveel oorgawe verslind dat ek dit soos ʼn groot paling insluk en uitkots en insluk en uitkots.

Daardie nag het ek eers in die vroeë oggendure by die barak aangekom. ʼn Warboel van droomfantasieë en begeerlikhede het deur my gedagtes gespoel. Wie was daardie man? Hy het my net later by die voordeur uitgesien. Sammajoor het reeds gaan slaap. En terwyl ek teruggestap het deur die vroeë oggendmis, het ek steeds sy warm lyf gevoel soos hy my teen hom vasgehou het nadat hy strome saad oor my gesig gestort het.

Dit is oggendparade en ek voel vrot, die lamheid van die vorige aand nog vars in my geheue. Ek kan nie dink daaraan om nou vir ʼn uur op parade te staan nie. My gedagtes nog ver, hoor ek Sammajoor se stem: "Troepe, vandag het ons ʼn spesiale gas. ʼn Man wat al diep spore in Angola getrap het. Kaptein Swart is hier vir ʼn paar dae om te kom kyk watse soldate ons van julle gemaak het. So, laat net een van julle donders kak maak ..." Die woorde vaagweg in die verte. Agter Sammajoor staan die baardman. Nou sonder die pyp. Broek glad gestryk, stewels blink gepoleer.


II

Dit was Desember 1987. Die bosoorlog in Angola was ʼn internasionale politieke dilemma. Anti-apartheid-betogings het hoogty gevier. Swapo was besig om druk uit te oefen en Namibië was nog Suidwes-Afrika.

Ons Samels beweeg stadig in konvooi. Die pad tussen Tsumeb en Oshakati lê ver uitgestrek. Dit is reeds drie dae sedert ons weg is uit Kimberley. Sonder enige verdere inligting is ons in groepe verdeel en in Samels geboender wat ons na die stasie vervoer het. Vandaar is dit ʼn lang rit na De Aar en verder noordwaarts, grens toe. Nie een van ons het ʼn idee waarheen ons op pad is nie. Die atmosfeer is dik van onsekerheid. Party troepe is manhaftig, in hul element. Uiteindelik gaan ons "terries" skiet. Soos altyd hou ek my stil, met net een gedagte op my brein. Hoe kon Sammajoor my uitverkoop? Ek was so oortuig dat ek een van die gelukkiges sal wees wat agterbly in Kimberley. Is hy nou moeg vir my? Is dit tyd vir ʼn volgende rekruut om my plek tussen sy bene te vat?

Die son trek vlamrooi strepe deur die hemelruim voordat die donkerte oor Ovambo toevou. Net die gedruis van die Samel kan gehoor word soos ons die onbekende land binnegaan.

Ek was reeds half aan die slaap toe ons skielik by ʼn gewapende hek stilhou. Stemme skree bevele in alle rigtings. Ons gaan deur die hekke. Die gedreun van militêre vliegtuie vul my ore. Die reuk van oorlog hang swaar in die lug.

Die Samel se flappe klap oop en ons word in peloton aangetree. Soos ʼn déjà-vu word ons weer eens in rye gedwing om uitgereik te word met eetgerei en beddegoed. Nou nie meer die ongedissiplineerde rekrute nie maar bang, jong soldate.

Uiteindelik steier ek met my bagasie by ʼn veldtent in. Ek kies dadelik die bed in die verste hoek. ʼn Wanhopige poging om weg te kom van hierdie surrealistiese nagmerrie. Skaars het ek my balsak neergesit of ek hoor iemand skree: "Roof! Vir jou gaan ons opdonder. Kom hier!" Agter my staan drie troepe, geklee in weermagfrokkies en oefenbroeke. Hulle gelaatstrekke laat hulle lyk soos Amerikaanse hillbillies. Half mal, moontlik gevaarlik, beslis dom.

"Jy dink jy kan sommer hier in ons tent instap asof dit die Holiday Inn is? Jou bloedpoes roof! Sak sommer nou vir vyftig. En as jy klaar is, daar is skottelgoed om te was!" Ek is totaal verskrik. Waar de fok is ek? Wie is hierdie mense? En terwyl een my hardhandig aan die kraag gryp en afdruk in ʼn push-up posisie, besef ek ontgroening in die weermag is veel erger as toe ek in standerd ses was.

Daardie nag het ek nie ʼn oog toegemaak nie. Die vreemde klanke, die onsekerheid oor waar ek is, maar veral die vrees vir hierdie jong kinders wat klaarblyklik alle normaliteit verloor het. Iewers in die nag het iemand sommer vir die grap, of van dronkgeid, ʼn paar rondes van sy R4-geweer afgevuur. God, gaan ek lewend hier uitkom?

Die oggend het gekom soos ʼn verligting, maar my onmiddellik weer teruggeruk na hierdie hel. "Roof! Jy het boots om te polish. Inspeksie is oor ʼn uur en hierdie tent lyk soos ʼn hoer se handsak. Lig jou gat!" En met dié word ek teen die kop gegooi met ʼn stortreën van weermagstewels. Uiteindelik is ons gevoer, bebid en in gelid op pad na ons werkstasie. Ek is opgelei as ʼn stoorman, ʼn "penpusher". Die laagste orde in die weermag. ʼn Penpusher is nie ʼn soldaat nie. ʼn Penpusher ken nie oorlog nie. ʼn Penpusher is nie een van die manne nie.

Met tyd het ek my aangepas by ʼn nuwe lewe. Soggens was die gereelde tent skoonmaak, want die oumanne het mos elke aand gesuip. Stewels gepolitoer tussen ʼn geskellery en gereelde push-ups deur. Dan ontbyt, wat altyd poeier-eiers en brood was, met halfkoue koffie sonder suiker. Daarna was dit parade en ʼn string religieuse en politieke breinspoelings. En uiteindelik die marsjeer na my werkstasie, ʼn klein asbesgeboutjie agter die menasie. Daar kon ek heeldag wegkruip agter stapels bestelvorms, lêers en eindelose inskrywings van weermagtoerusting.

Kersfees en Nuwejaar het gekom en gegaan sonder dat ek eintlik kennis daarvan geneem het. Afgesien van ʼn verpligte middernagdiens en ekstra spek vir ontbyt was dit maar ʼn dag soos enige ander. Nuwejaar was die oumanne ekstra-uitdagend en ekstra-dronk. Gelukkig het ek daardie nag wagdiens gedoen, so ek het die ergste van hulle mishandeling vrygespring.

Dit was êrens in vroeg Januarie toe ʼn luitenant by my werkstasie instap en vra na my. Hy groet my vriendelik en stel dadelik my saluering en gestrekte arms op gemak. Ek stap saam met hom en hy gesels sommer oor waar ek vandaan kom en hoe ek die grenslewe vind. By sy kantoor aangekom, laat hy my sit terwyl hy agter ʼn swaar lessenaar inskuif. "Ons het orders ontvang van hoër gesag dat jy met onmiddellike effek verplaas word na ʼn ander eenheid. Kry jou goed bymekaar en kom terug hierheen teen 16h00." Dit is al. Geen verduideliking of enige verdere inligting nie.

Half bly oor die verandering in my eentonige grenslewe en half bang oor die onbekende wat my nou voorlê, pak ek my goed. Die tent voel vreemd so sonder enige van die oumanne om my te verskree. Toe ek daar uitstap, is die gevoel van verlossing van hierdie plek waar ek soveel vernedering moes smaak, oorweldigend.

Terug by die luitenant se kantoor word ek weer vriendelik ontvang en selfs koffie aangebied. "Troep, ek weet nie wie hierdie verplasing aangevra het nie, maar jy besef dit is uiters onreëlmatig dat ʼn stoorman oorgeplaas word na ʼn gevegseenheid. Jy sal vanaand saam met 32 Bataljon vertrek. Ons verwag hulle later vanmiddag om voorraad te kom laai. Ek wens jou sterkte en alle veiligheid toe." Met dié staan hy op en laat my alleen in die kantoor agter. Ek voel naar. Die skok en verlamming gil deur my lyf. Hoe is dit moontlik? Ek is glad nie opgelei of voorberei vir ʼn gevegseenheid nie. Daar moet iewers ʼn fout wees. ʼn Moerse fout. Maar daar is niemand om my antwoorde te gee nie. Met my verplasingspapiere in my hand en my balsak oor my skouer stap ek na die menasie, waar ʼn spesiale laat middagete vir my gemaak is. Ek kan skaars eet ten spyte van die feit dat dit die heerlikste geroosterde toebroodjies is wat ek in maande gesien het. Dan kom die luitenant ingestap. Nou heeltemal formeel en militaristies koud. "32 Bataljon is hier. Hulle wag by die petroldepot. Jy beter draf, troep."

Ek hardloop soos ʼn springhaas deur die menasie en verby die paradegrond. Wanneer ek om die hoek van die petroldepot storm, steek ek vas in my spore. Die skok van wat ek sien is te groot. ʼn Dosyn of twee van die vreemdste pantservoertuie, waarvan ek nie eers die name ken nie, staan in konvooi. Orals peul jong troepe uit. Hul gesigte vuil, sodat die wit kolle van hul oë vreemd lyk. Kamoefleerdrag en takke en bosse is orals te sien. Dit is oorlog!

Terwyl ek nader stap, soos in ʼn droom, hoor ek iemand my weermagnommer roep. "Troep! Is jy fokken doof?!" Weer hoor ek die nommer. Skielik wawyd wakker: "Ja Sammajoor, dit is ek." "Kom saam met my." Saam stap ons die lengte van die konvooi af terwyl jong uilgesigte banaliteite vir my skree. By die voorpunt van die konvooi kom ons tot stilstand. "Gooi jou bagasie hierop en klim daar in." Ek gehoorsaam en klim soos ʼn bobbejaan op die pantservoertuig. Wanneer ek deur die metaalluik sak, is dit skemerdonker binne. Die eerste wat ek waarneem, is die swaar reuk van pyptabak.


III

Die stem in die donker is warm en rustig. "Goeie dag, jongman. Baie bly om jou weer te sien. Kom sit hier langs my. Dit kan nogal stamperig raak as ons eers in die oop veld is." Dit is net ons twee in die skemer. Versigtig om nie te val nie, skuifel ek oor die metaalvloer en gaan sit langs hom op die bruin kunsleerbank. Ek sit skaars of Kaptein leun oor my met daardie syagtige baard teen my gesig terwyl sy tong gretig na myne voel. "Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal later alles verduidelik. Jy is nou in my hande. Ek sal goed na jou kyk."

Hy staan op en sy groot lyf klim rats teen die metaalleertjie uit. Dit is totaal stil binne in hierdie donker grot. My oë begin geleidelik voorwerpe uitmaak. Allerhande knoppies en meters. ʼn Kleinerige kajuitbed. ʼn Hopie vuil kamoefleerdrag op die vloer. ʼn Paar onderbroeke. Ek sit vir ʼn lang ruk, asof versteen. Ek begin net dink dit is alles ʼn vreemde droom wanneer die luik oopklap. "Maak vas jou gordel. Ons is op pad." Kaptein krap ʼn paar notas op papier en kom langs my sit. Sy gordel hang los langs hom. Skielik kry die metaalgrot lewe. Vibrasies dril deur my lyf en stadig begin ons beweeg.

"My naam is Frans Swart, soos jy dalk reeds gehoor het. Dit is net sodat jy weet. Jy sal my egter aanspreek as Kaptein. Ons is steeds in die weermag. Wat's jou naam?" Ek mompel skaam-skaam. So vreemd om jou naam te hoor na so lang tyd van nommer, rang, troep, roof ... "Jou sammajoor in Kimberley het my erg befok gemaak. Kont ... Na my besoek aan jou basis het ek met hom gepraat oor jou uitplasing na 32 Bataljon. Hy het eenvoudig so befok geraak, ek dog die man gaan my donder. Nooit weer van hom gehoor nie. Ek het tussen gevegsoperasies deur probeer uitvind waarheen jy verplaas is. Gelukkig ken ek jou bevelvoerder. En hy skuld my een nadat ek sy susterskind teruggestuur het Pretoria toe. Fokken regte mamma's boy ... 32 Bataljon is ʼn rowwe klomp, maar ʼn hegte eenheid. Enige gevegseenheid is meer familie as jou eie bloed. Jou lewe hang daarvan af. So, die manne sal uitkyk vir jou. Ek is jammer ek kon die saak nie met jou bespreek voordat ek reëlings begin tref het nie. Maar jou oë het daardie aand in Kimberley vir my gesê dat jy gelukkig is onder my arm. Ek hoop ek het dit reg gelees?" Ek knik net terwyl my oë vasgenael is op die krul van sy baard waar sy ken begin. "Daar is ʼn paar dinge wat jy vinnig moet verstaan of hierdie storie gaan nie werk nie. Jy sal nooit in ʼn gevegsituasie betrek word nie. Alhoewel, dit is ʼn oorlog en oorlog is onvoorspelbaar. Jou enigste plig sal wees om na my welstand om te sien. Dit kan enigiets wees van klere was tot my piel suig. Ek is seker jy is ok daarmee ... Maar jy sal nooit openbare toenadering toon nie. Ek is immers jou bevelvoerder. Wanneer ons in die veld is, sal jy te alle tye aan my sy wees, tensy ek anders beveel. Wat die ander troepe betref, hulle sal gou leer dat jou posisie gerespekteer moet word. Want een ding moet jy verstaan, in 32 Bataljon is ek god."

Sprakeloos is ek saam met hierdie god-man die onbekende bosse in. Geleidelik het die son plek gemaak vir ʼn reuse Afrika-maan. Ons is lankal nie meer op 'n oop pad nie. Die takke van bome en bosse skraap dig teen ons verby. Na ure van rondskommel en skud, verval ek in 'n halwe droom-slaap. Kaptein het sy sitplek langs die drywer ingeneem. Ek kan slegs sy breë skouers en agterkop sien van waar ek op die kunsleerbank lê. Hy is druk besig met notas maak en kaarte bestudeer. En tussen alles deur gly wolkies rook van sy pyp sagkens van sy mond deur die lug na my neusgate.

Skielik kom ons tot 'n halt. Die eentonige gedreun van die enjin stop en die stilte is verdowend. Ek voel sy hand op my skouer. "Kom seun, tyd om te eet. Jy is seker al fokken honger. Kan net dink wat jy die afgelope weke geëet het in die basis. Van vanaand af eet jy saam met my. Hoop jy hou van vleis." En daar skiet so 'n speelse vonkel in sy oë.

Buite is dit 'n miernes van bedrywigheid. Orals is troepe in bosdrag besig om veldketels op klein houtskoolbrikette te kook. Die lug is warm en taai. Die Afrika-ruimte is so groot dat almal se stemme gedemp klink. Bo-op elke pantserkar sit drie wagte in silhoeët, geweer in die hand.

Ek sit tussen polle gras en kyk hoe Kaptein ʼn klein vuurtjie maak. 'n Potjie water, 'n paar aartappels en waaragtig biefstuk! "Ja, seun, dit is 'n spesiale aand. Nie elke dag dat jy so sal eet nie. Kyk maar goed hoe ek dinge doen. Van môre af is dit jou job. En ek hou van my vleis half rou. Ongelukkig nie ʼn bier om saam te drink nie, maar ek het iets anders vir jou wat amper soos bier lyk. Ek onthou jy het nogal daarvan gehou." En met dié kom staan hy wydsbeen voor my terwyl sy dik voël vol en afwagtend voor my hang. Dit was nie lank nie of pis stroom oor my wange en in my mond. Voor ek behoorlik kan begin eet aan sy piel, skud sy harige hande die laaste druppels af en knoop sy broek toe. "Genoeg vir eers, seun. Jy moet kos in daai lyf kry. Jy gaan al die energie wat jy kan kry, nodig hê. Ek is fokken jags vir daai hol van jou."

Nadat ons geëet het, het ons vir ʼn lang tyd net in stilte gesit en luister na al die vreemde naggeluide. Kaptein het agter my kom sit en sy bene en arms om my gevou. Ek kon die warmte van sy asem teen my nek voel terwyl hy tydsaam aan sy pyp teug. Van tyd tot tyd het hy sy baard teen my wange gevryf sodat dit 'n rilling deur my lyf stuur. "Kom, tyd vir die bed. Gaan lê jy solank, ek het nog 'n paar dinge om met my offisiere te bespreek. Ek is nou daar."

En soos ek opklim teen die metaalleer, gly sy hand begeerlik oor my gat. Binne het ek my klere uitgetrek en in die slaapsak gewoel. Al is my voël hard soos ʼn baksteen is ek so moeg en oorweldig dat ek binne oomblikke weg is in my drome. Drome van donker baarde, harige tepels, Kaptein se volronde bors, sy gespierde dye teen my wange. Die reuk van sy voël, drie dae oud. Al in die rondte, smegma, pis, harige lyf ... baard ... Tot ek besef dat ek nie meer droom nie. Kaptein sit met sy volle gewig, harig en kaal, bo-op my. Sy voël vryf begeerlik teen my wange. Die reuk van piel-kaas is verlammend wanneer hy sy voorvel terugtrek. Gretig lek ek die wit man-kos wat rondom sy pielkop versamel het. Ek kan voel hoe groei dit in my mond. Sy harige dye skuur rou oor my wange. Sonder ʼn woord gly sy hand onder my rug in en lig my orent. Die satyn van sy baard streel my lippe soos sy tong my mond verken, my neus verken, my oë verken ... my siel verken. Sy ferm lyf omvou my en geleidelik begin hy ritmies teen en oor en deur my skuur. Met een beweging vou hy my oor sy skoot, sodat ek soos 'n stout kind gereed vir 'n loesing oor hom lê. Sy vingers speel sag oor my rug en gly af tot waar my sloot begin. Met sterk bewegings masseer sy hande my gat. Hy laat my afgly van sy skoot en staan regop langs die bed. Terwyl ek op my maag lê, voel ek sy swaar lyf bo-op my. Sy ruie borshare, donsig teen my rug. Dan sy baard in my nek. Sy tong teen my rug. Sy lippe gly ondersoekend af na my onderlyf. Sy groot hande kloof my boude oop en sy warm baard-tong lek nat strepe deur my sloot. Vinniger en dieper, soos ʼn besetene wat nie genoeg kan kry nie, eet hy my hol dat nat spoegdruppels op die punte van sy snor vorm. Ek kan my eie reuk op sy mond proe. Dan gly ʼn nat vinger binne-in my. ʼn Tweede vinger, glad en smerig, in en uit. Draai in die rondte, speel met my sagte opening. Warm asem in my nek, en ja, asseblief, Kaptein, naai my! En asof hy my gedagtes lees, beur sy dik harde voël in my gretige hol. Ek kreun, vlieg weg in duisternis. Verlore in die ritme van sy begeerte.

Uitasem het ons aan die slaap geraak. Sy arms om my gevou terwyl hy saggies oor my maag vryf.


IV

Ons was reeds diep in vyandige gebied en die spanning was hoog. Die suide van Angola was deurspek van klein groepe guerrilla-terroriste. Bedags het voetpatrollies vooruitgegaan en verken, kamp opgeslaan en dan het die res van die bataljon gevolg, voetjie vir voetjie. Versigtig, want die veld was vol landmyne.

Ek en Kaptein het by die pantservoertuie gebly. Hy het my geleer om kaart te lees. Ek was sy skaduwee, altyd reg met ʼn varsgestopte pyp, notas gemaak van ons posisie, kaarte bestudeer. Soms het ek vir lang ure net in die pantservoertuig gelê en wag. Dan het ek sy klere reggemaak en skelm aan sy vuil onderbroeke geruik. Eenkeer het hy my uitgevang. Daardie aand het hy dieselfde vuil onderbroek in my mond gedruk en my dit laat kou totdat dit nat en slymerig was. Soms het hy net in die donker met my lê en gesels terwyl die soel lug oor sy borshare vee. My vertel van sy drome. Van die plaas waarop hy eendag wil boer. Van gatvol wees vir die oorlog. Ander kere het hy my soos ʼn honger wolf in ons metaalgrot verkrag. Maar altyd my sagkens gesoen met sy baard voordat ek aan die slaap raak.

Die res van 32 Bataljon was goed vir my, soos broers. Almal het my deur die lang ure van die dag geleer van die veld. Van kamoeflering en van soldaat wees. Niemand het ooit ʼn woord gesê van die geluide van passie wat in die nag die donker deurklief het nie.

Weke het verbygegaan en ek het te midde van oorlog ʼn vrede in myself gevind soos nog nooit in my lewe nie. Ek kon vir ewig saam met hierdie groep manne en hul bos-god voetjie vir voetjie deur die Afrika-ruigtes beur.

Tot daardie dag ...

Een middag toe ons die sein kry om verder te beweeg, het Kaptein besluit dat ons voertuig agter moet ry. Stadig het die ander by ons verby gedreun tot ons alleen was. Toe hulle ʼn paar kilometer weg van ons was, het Kaptein na my gedraai waar ons in die veld langs die metaalgrot gestaan het. "Kom stap saam met my," het hy gesê en ʼn ry wit tande het deur sy baard geglimlag. Ons het die veld ingestap na waar ʼn groot mopanieboom gestaan het. By die boom gekom, het ek dadelik gesien wat die doel van hierdie geheimsinnige wandeling was. Daar onder die Afrika-reus het hy wit mopaniesade gepak in die vorm van ʼn hart. Ek was verstom. Kaptein het net daar gestaan en grinnik soos ʼn stout skoolseun. Sy oë het die blou van die hemel na my toe weerkaats. Hy het een van die sade opgetel en teen my bors gedruk. My mond wou net begin glimlag toe die skielike dril van masjiengeweervuur die stilte verbreek.

Alle hel het los gebars. ʼn Granaatontploffing. Die pantsergrot in vlamme. Die konvooi nou reeds etlike kilometers ver. Kaptein het onmiddellik na my gegryp. My plat langs hom in die stof neergetrek. Met jagende asem het hy sy hand oor my mond gedruk. Slegs meters van ons af het ʼn groepie swaargewapende terroriste deur die veld gestap. My hart was droog in my keel. Versteen het ons bly lê, styf teen mekaar soos een man wat roerloos in die grond verdwyn. Na wat gevoel het soos ure, het Kaptein se greep oor my mond verslap. Sy hand het oor my skouer gegly en sy baard het my omvou. Sy droë lippe het myne gevind en ons het mekaar se spoeg gelek en gelek soos twee honde.

Versigtig het ons orent gekom. Dit was reeds skemer en die konvooi was nêrens sigbaar nie. Ons was alleen, sonder wapens. Alleen in vyandige Angola. Kaptein het opgestaan en die horison bespied. "Trek uit jou klere," het hy beveel. Terselfdertyd het hy sy broek los gemaak en gaan hurk. Met ʼn sagte steungeluid het hy begin kak.

"Seun, my lief, jy besef ons is in lewensgevaar. Ek sal jou beskerm. Maar ek moet jou wit vel bedek vir die donker nag." En met dié woorde skep hy ʼn hand vol van sy warm, smeulende kak. Met sy middelvinger begin hy strepe oor my voorkop trek. Die reuk walm op in my neus. Ek wil eers naar word. Dan herken ek sy reuk. Sy man-baard-pis-kak-reuk. "Dankie Kaptein," is al wat ek kan uitkry. Hy begin sagkens oor my gesig vryf, oor my wange, af tot in my nek. Sy besmeerde hande klem in myne, vryf op oor my arms, vee oor my lyf. Bewend staan ek terwyl hy my toemaak vir die nag met sy donker, smerige, heerlike kak.

Stadig begin ons stap, voetjie vir voetjie. Ek en my Kaptein. Hy is my herder. Hy laat my in sy arms rus. Niks sal my ontbreek nie. Ek sal geen onheil vrees nie, want hy omvou my. Sy reuk, sy man-wees is met my. Tot in lengte van dae.

Die volgende oggend word ek wakker waar hy my toegepak het met mopaniebos. My vel voel soos renoster, uitgedroog met barsies wit wat deur die bruin steek. Kaptein staan ʼn ent van my af. "Ek dink ons is veilig. Die konvooi sal terugkom om ons te kom haal. Maar eers moet ek jou reinig." Hy stap nader na my, laat sak sy broek en besprinkel my met sy goue water. Dit maak stoom in die koue oggendlug. Geleidelik begin die barsies sag word. Die wit en die bruin smelt saam en vorm stroompies warm olie wat teen my nek af loop. Ek vee my oë skoon en kyk vas in sy helder gesig. Ek lê tussen sy bene terwyl hy oor my hurk. Ek neem sy manlikheid in my mond en begin hom behaag asof ek hom nooit weer wil of sal verlaat nie. Hy rol my op my maag en penetreer my met die wilde instink van ʼn dier. Toe hy klaar is, bedek hy my met sy swaar lyf. Sy baard vee die laaste nat strepe van my gesig, van my rug, van my lewe.

So het hulle ons gekry. Kaptein wat met sy arms geklem om my lê. En waar daar pisspore oor my wange was, is daar nou net trane.


V

Ek laat sak die koerant. Tuur uit deur my kantoorvenster oor die stad. My koffie het lank reeds koud geword. My gedagtes nog steeds daar in die stof van Angola. Die hoofberig onwerklik.

Nog ʼn gesinsmoord in Pretoria

In die vroeë oggendure het ʼn weermagkaptein sy vrou en twee seuns geskiet voordat hy homself om die lewe gebring het. Kaptein Frans Swart het bekendheid verwerf vir sy onbaatsugtige diens aan die voormalige SAW tydens die bosoorlog in Angola. Vriende en familie is geskok en het geen antwoorde oor ...