Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Plett se pret


VDM - 2009-04-07

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

"Ek dink ons moet teruggaan. Die see word bietjie rof," sê Jan.

"Ek stem saam," antwoord oom At. "Wat dink jy, Leon?"

Teleurgesteld knik ek my kop. Wat kan mens nou doen teen die natuur? Ek het so uitgesien na die visvang op die see by Plettenbergbaai. Vroegdag was die see spieëlglad, maar nou is hy kwaai. Daar is nie ʼn wolkie in sig nie, maar die wind!

Die witperdjies staan orals orent op die golwe. Die bootjie storm terug strand toe en kom met ʼn geklingel tot stilstand op die sand. Dit verstom my altyd dat hierdie klein vissersbootjies nie uitmekaarspat as die skipper so hard op die sand land nie.

"Ek weet julle is teleurgesteld. Kom saam met my huis toe, dan gaan drink ons ʼn bier." Jan kry ons jammer, want hy kan ons lang gesigte sien.

Oom At maak verskoning. Hy voel in elk geval nie lekker van die geskommel op die rowwe see nie. Ek is nie haastig om terug te gaan na die vakansiehuis nie. Ek het in elk geval vir my vrou gesê ek sal seker eers skemer terug wees.

"Ry sommer agter my aan. Dis nie ver nie." Ek volg Jan teen die berg op.

Ons hou stil voor ʼn pragtige huis met die lieflikste uitsig oor die see. Jan wys vir my waar ʼn walvis in die baai lê. Ons is by hom verby met die bootjie, maar het hom nie raakgesien nie.

"Sit, Leon," nooi hy toe ons die sitkamer binnegaan. "Ek kyk net gou waar is Christine en kry vir ons elkeen ʼn bier."

Man, hierdie mense moet pond hê, dink ek. Hoe kan sulke jongmense, skaars 30, so ʼn plek bekostig? Alles - die meubels, die langhaarmat, die skilderye - getuig van smaak.

"Ek kry haar nie. Sy 'tan' seker by die swembad. Hier is vir jou ʼn koue een. Kom ons gaan kyk waar is my vrou."

"Kan ek jou ʼn vraag vra?"

"Jy wil seker vra hoe kry ek dit reg om hier te bly en voltyds toeriste te vat vir visvang? Wel, ek het geërf. Die huis en so ʼn paar miljoen by my pa." En daarmee is al my vrae beantwoord.

Ek dink nog hoekom kan so iets nie met my gebeur nie, toe verdubbel my jaloesie in kwadrate! Want langs die swembad lê ʼn pragstuk ... Nee, ʼn godin! Sy lê kaalgat op haar maag en bak in die son.

"C, ek het ʼn vriend saamgebring. Leon, dis my liewe vrou; C, dis een van die ouens met wie ek vanoggend gaan vang het, Leon."

Sy draai skuins en steek haar hand uit. "Hi, Leon." Haar een tepel is duidelik sigbaar, maar dit pla nie vir haar of Jan nie.

"Sit, Leon. Ek kry gou vir ons twee ook handdoeke en nog ʼn bier."

Ek gaan sit sodat ek hierdie beeldskone ding kan bewonder, aangesien sy nou nie omgee om bewonder te word nie. Man, hoe sal ek haar beskryf? Ek skat so 1,8 m lank. Pikswart borselkop. Tieties so bietjie meer as ʼn hand vol. ʼn Lyf wat wys sy is baie aktief! En die boude ... Ek is ʼn boude-man! Hulle is pragtig in hulle naakte glorie.

"Waar kom jy vandaan, Leon?" vra sy.

"Van ver. Baie ver. Van Pietersburg."

"O, my een tannie bly ook daar." Gelukkig vra sy nie of ek haar tannie ken nie. Man, Pietersburg het sommer ʼn groot plek geword noudat hy Polokwane heet.

Jan kom aangestap en druk die bier in my hand. Terselfdertyd staan C op en duik in die swembad. Al wat ek kon sien, was haar pragtige tieties en so ʼn pikswart landingstrook bo haar koekie.

"Kom ons spring ook in," sê Jan en voeg sommer die daad by die woord. Hy pluk binne ʼn sekonde sy klere uit en duik kaalgat in die swembad.

Wel, as jy in Rome is ... Blitsvinnig stroop ek my klere af en duik ook in die koel water. Jan en C staan in die vlak kant en kyk na my. Die water kom tot net bo hulle heupe. Haar tepels is stokstyf.

Maar dis Jan wat my aandag trek. Man, ek het nooit besef hoe hierdie ou gebou is nie. Soos ʼn Atlas - spiere bultend, potblou oë sprankelend. Ek voel hoe ek begin styf word.

Eers klim C uit. Mooi bly so mooi en soos sy uitklim, staar ek na haar koekie van agter. Maar toe Jan uitklim, roer iets in my ...

Wat's fout met my? Ek het nog nooit so ʼn belewenis gehad van ʼn man nie! Ek is beslis nie gay nie! Maar hemel, sy voël hang halfmas oor sy eiers. Nie groot nie, nie dik nie, net gemiddeld. Nes myne maar. Maar ʼn magneet trek my na sy geslagsdele.

"Kom, Leon, laat ek jou smeer. Die son gaan jou stukkend brand!" roep C.

Half verleë begin ek uitklim, want teen hierdie tyd is ek so driekwart styf. Maar lyk my niemand hier is skaam nie!

C kom staan agter my en spuit haar hande vol olie. Hemels beweeg haar hande oor my rug af. Jan sit op ʼn stoel reg voor my en glimlag. "Geniet dit, sy is goed," sê hy terwyl hy aan sy bier teug. Haar hande beweeg soos fluweel laer af oor my boude en bobene. Dan weer op aan die binnekant van my bobene.

Soos ʼn veer raak haar vingers aan my balle ... en my voël staan penorent om te kyk wat nou aangaan! Saggies, saggies vou sy haar hande om hom ...

"Ek is bang jou piel brand. Kan ek hom bietjie invryf?" Terwyl sy dit vra, vryf sy haar tieties teen my rug. Jong, ek word jags ... so ongelooflik jags! Sy trek haar bloedrooi naels so speels oor my voël. ʼn Druppeltjie smeermiddel pêrel voor by my spleetjie uit.

"Kan ek jou ʼn guns vra?" fluister sy in my oor.

Mevrou, jy kan my nou absoluut enigiets vra!

"Sal jy vir Jan invryf? Netnou brand hy." En met dié kom staan Adonis voor my. "Kyk hoe styf is sy piel ...," fluister sy terwyl sy olie in my hand gooi. "Begin sommer met sy piel. Hy brand die vinnigste."

Ek kan dit nie glo nie. Sonder om twee keer te dink, staan ek daar en speel met ʼn ander ou se piel terwyl sy vrou tussen ons kom kniel en my piel in haar keel druk.

Die volgende oomblik vat Jan my nek vas en trek my nader na hom. Sy mond kom nader aan my mond ... sy lippe gaan oop, soekend ... en sluit dan dig om my lippe. Sy tong dartel in my mond. Nog nooit in my lewe het ek ʼn ander man gesoen nie. Maar dis so teer, warm, intens ...

Met C se warm mond om my piel en Jan se sagte tong in my mond, begin my balle kook. Ek kreun en voel hoe hulle saamtrek. C druk hom dieper in haar keel en hou hom stil. Ek skiet string vir string witwarm skoot diep in haar keel. Sy sluk en sluk, maar party peul uit haar mond en loop teen haar ken af. Dan kom sy orent en drie tonge dartel en lek en vee en drie jagse mense deel ʼn mond vol skoot.

Sonder ʼn woord sak ek af en lek Jan se pielkop. So iets het ek nog nooit gedoen nie! Maar, soos ek gesê het, hy is vir my ʼn magneet. Eintlik ʼn towenaar wat met my kan toor! Ek streel met my tong al met sy skag af en neem een vir een sy balle in my mond.

Ai, lekker ... Dan, millimeter vir millimeter druk ek sy piel in my mond. Alles. So drie sentimeter glip in my keel. Stadig trek ek hom weer uit. En met die instoot voel ek hoe hy stywer word. Ek druk hom weer heeltemal in my keel. En stadig trek ek hom uit ... en hy skiet.

Vir die eerste keer voel ek die verslawing van warm skoot in my mond. So warm, slymerig, souterig.

Met my mond nog om sy voël, kyk ek op.

C staan so twee treë terug en vryf haar klit blitsvinnig. Haar hand is net ʼn blur. Sy staar na my en ek maak my mond oop, wys vir haar die skoot en sluk dit. Sy ontplof en steier grond toe, die orgasme oorweldigend.

Ek staan op, gee elkeen ʼn innige soen op die mond, trek my klere aan en ry vakansiehuis toe. Hier gaan ons nog jare vakansie hou, belowe ek myself!