Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Terug by die advokaat


Andries Goosen - 2009-03-31

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Ek het ʼn telefoonoproep ontvang van Hannes, die advokaat wat ek verlede week gaan sien het oor kantoorbenodigdhede en ander toerusting. Hannes is die een wat my ingebreek het verlede week. Ek het daarna uitgesien om hom weer te sien.

Ek het intussen een of twee keer ouens in my gehad, maar dit was net ʼn vinnige naai en draadtrek. Niks opwindend nie. Een waar Steve my op my rug laat lê het, my bene oopgedruk het en tussen hulle ingeskuif het totdat sy piel aan my kringspier geraak het. Hy het ʼn smeermiddel aan my hol gesmeer, asook aan sy groot piel. Hy het stadig sy piel in my ingedruk. Net eers die kop, bietjie stil gehou, en weer begin druk tot hy weg was binne my.

Met elke in-druk kon ek sy ballas teen my boude voel stamp, en ek het die "vol" gevoel gehad. Dit was goed gewees, maar op die einde van die dag het hy net binne my gekom, uitgetrek, sy piel afgevee en geloop. Hy het nie verder aan my geraak nie en ek het geen orgasme gehad nie. Ek was glad nie gelukkig daaroor nie, maar kon niks daaraan doen nie. Ek het uitgesien na die herontmoeting met Hannes, want ek het geweet hier sal ek satisfaksie kry.

Hannes het self die kantoordeur oopgemaak en my binnegenooi. Hy het die deur agter hom gesluit en beduie ek moet op die rusbank gaan sit. Hy het klaargemaak met die telefoonoproep waarmee hy besig was, en langs my kom sit.

Hy het sy arm om my nek gesit en my teen hom vas getrek. Sy soen was hemels en ek het ʼn ereksie begin kry. Hy het stadig my hempsknope los gemaak en die hemp oopgetrek. Hy het sy tong oor my bors getrek en aan my tepeltjie begin suig. Die knop in my broek het vinnig groter geword. Hy het dit gesien en my hemp heeltemal uitgetrek. Hy het my broek losgemaak en laat sak tot op my voete, en uitgetrek. My onderbroek was sopnat. Dit het ook gewaai.

Stadig het hy ook begin sy klere uittrek. Hy is stewig gebou en het ʼn lekker groot piel wat nou stokstyf was. Sy balsak was opgekrimp met twee stewige eiers. Ons was nou al twee kaalgat. Hy het my teenaan hom getrek en my gesoen. Ek het hom teruggesoen en dadelik het hy my stywer teen hom vas getrek. Ons onderlywe het heen en weer beweeg en ons stywe piele het oor mekaar gerol. Met sy groot hand het hy al twee piele gelyk gevat en begin skommel. Dit was ʼn gevoel wat mens nie kan beskryf nie. Jou draad word getrek saam met ʼn ander piel.

Hy het oorgebuig na die kassie langs die bank en die KY-jellie uitgehaal. Ons het bietjie weg van mekaar gestaan, en hy het my piel gesmeer en sy hand tussen sy boude ingedruk. "Jy gaan my naai vandag," het hy gesê. Ek kon dit amper nie glo nie. Ek het altyd geweet dit sal eendag gebeur, maar nie verwag dat dit saam met hom sou gebeur nie.

Hy het gebuig gestaan oor die lessenaar en ek het agter hom ingeskuif. Sy bene was klaar weg van mekaar en ek het vorentoe gestaan tot teenaan hom. Hy het sy een arm onder sy bene deur gedruk en my piel gevat. Hy het my pielkop tot teenaan sy hol gedruk en gesê: "Druk maar." Ek het gedruk en gevoel hoe my pielkop ingly. Stadig het ek vorentoe beweeg en al hoe harder gedruk tot ek weg was binne hom. "Lekker, lekker," het hy gesê.

Ek het vinniger begin beweeg en hy het begin kreun. "Naai my, naai my," het hy amper geskree.

Ek het hom vinnig en diep genaai. Met ʼn sug het ek my skoot diep binne hom geskiet. Vir ʼn minuut of wat het ons doodstil gestaan, toe het ek stadig begin uittrek uit hom uit. Ek het die lappie by hom gevat en my piel afgevee. Intussen het hy homself gesmeer en my hol ook vol KY-jellie gesmeer. "Kom buk; my beurt," het hy gesê.

Toe sy sening aan my hol raak, het my piel weer begin styf word. Teen die tyd dat hy weg was in my, was ek weer op vol sterkte. Hy het een arm om my lyf gesit en my piel vasgevat in sy groot hand. Stadig het hy my draad begin trek, al vinniger tot ek kon skree van lekkerkry. Ek het gevoel hoe my skoot opstoot van onder af, en met ʼn ferm terugdruk van my boude het ek ʼn helse skoot geskiet.

Ek kon voel dat hy baie vinniger en harder genaai het as die vorige keer. Met ʼn kreet het hy diep binne my gekom. Vir ʼn paar oomblikke het hy doodstil gestaan. Ek kon die klopping van sy piel binne my voel. Hy het baie stadig onttrek en ek het ʼn gevoel van leegheid ondervind.

Dit was die eerste keer wat ek ʼn man genaai het. Ek het dit baie geniet, maar verkies om genaai te word.

Ons het gegroet en hy het gesê: "Ek sal jou weer bel."

"Enige tyd, Hannes, net wanneer jy my nodig het!"

Ek het uitgesien na die volgende keer.