Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Protégé keer huiswaarts uit Kalifornië na Jordan Wynlandgoed


2009-02-27

Howard Booyson, die eerste kandidaat van die Kaapse Wynmakersgilde se Protégé Program vir jong wynmakers, het pas teruggekeur vanaf Napa Vallei in Kalifornië, waar hy die geleentheid gehad het om wyn te maak op Ravenswood. Howard is tans terug in Suid-Afrika waar sy nuwe vaardighede op eie bodem ingespan sal word by Jordan Wynlandgoed in Stellenbosch.

Danksy die Protégé Program is Howard die geleentheid gegun om by van ons land se voorloperwynmakers kers op te steek, insluitende Charl Schultz van Hartenberg Landgoed, Bruce Jack van Flagstone, Pieter Ferreira van Graham Beck Wyne en nou ook Gary Jordan van Jordan Wynlandgoed. Howard se besoek aan die VSA het ook gesorg vir ‘n geleentheid om die Sonoma Vallei in Kalifornië, wat bekend is vir hul Zinfandel druifsoort, van naderby te ontdek en ervaar.

"Daar is kultuurgewys ‘n groot Meksikaanse invloed in Amerika en daar heers vele unieke kelderpraktyke. Ek is dankbaar vir die ondervinding en het nou beter insig van hoe wyn gemaak word in Amerika. Ek hoop om nou om hierdie vindingryke kennis aan my nuwe plaaslike wynspan oor te kan dra, om so daaruit te leer en op te verbeter", vertel Howard van sy Ravneswood ondervinding.

Met sy terugkeer het Howard vinnige aangeklop by die Graham Beck kelder in Robertson en Pieter Ferreira bygestaan met die produksie van hul kenmerkende Méthode Cap Classique wyne. Met die oes wat tans goed onderweg is, het Howard reeds aangesluit by die Jordan Wynlandgoed met Gary Jordan as sy mentor.

"Ons eerste druiwe het in die middel van Februarie aangekom, en dit voel soos ‘n besonderse maar gekondenseerde, bumper oes, omdat die rooidruiwe tans besig is om vinnig op te vang met die witdruiwe. Dinge gaan vinnig gebeur aangesien die oes amper twee weke laat is. Ons het ‘n knap span en ek verwag ‘n stampvol seisoen saam met Gary en die Jordan span," vertel Howard.

Die fokus by Jordan is op die produksie van uitstaande individuele wyne wat die vrugtige toeganklikheid van die Nuwe Wêreld kombineer met die klassieke elegansie van die Ou Wêreld.

"Die Jordan kelder is die perfekte plek om uitsonderlike druiwe in uitstekende wyn te omskep asook die perfekte omgewing om ‘n uitsonderlike individu in ‘n uitstekende wynmaker te laat ontluik," sê Johan Malan, voorsitter van die Kaapse Wynmakersgilde en Simonsig se keldermeester.

Die Gilde se Protégé Program is in 2006 begin om transformasie in die wynbedryf aan te hits deur wynmakers van voorheen benadeelde groepe by te staan met hul ontwikkeling om sodoende hul eie puik wyne te maak. Die doel is om jong wynmakers deur mentors toe te rig sodat hulle hul voete kan vind in die wynbedryf waar kompetitisie straf is. Wanneer hulle ʼn suksesvolle rekord opgebou het met die produsering van uitmuntende wyne, kan hierdie jong wynmakers moontlik genooi word om aan te sluit by die hooggeagte Kaapse Wynmakersgilde.

Die Protégé Program, befonds deur die Nedbank Kaapse Wyngilde Ontwikkelingstrust sowel as fondse wat deur die lede van die Gilde versamel word, behels ‘n twee-jaar internskap. Slegs derde en vierde jaar studente wat vannaf ‘n voorheen benadeelde gemeenskap afkomstig is, en wat Wynbou en Enologie by die Universiteit van Stellenbosch of Elsenburg Landbou Kollege studueer het, kan aansoek doen vir die Program.

Vir meer inligting, besoek die webtuiste www.capewinemakersguild.com, skakel die Gilde by Tel: 021 852 0408 of stuur ‘n e-pos aan info@capewinemakersguild.com.