Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Fiksie | Fiction

Het altyd gewonder


Andries Goosen - 2009-02-26

Gedurende my skooldae en weermagopleiding het ek dikwels daaraan gedink hoe dit sal voel om saam met ’n man in die bed te wees met die doel om seks te hê. Die tyd van my weermagopleiding het ek ’n paar keer manne gehoor in die toilette en in die donker van ons kamer. Nooit die aksie self gesien nie, net altyd die kreune van lekkerkry gehoor. Dit het my natuurlik aangespoor om ook van hierdie aksie deel te wees. Nêrens kon ek inskakel nie, en moes maar tevrede wees met ’n eie draadtrek.

Twintig jaar oud, kom ek in Johannesburg aan. Ek het werk gekry as verteenwoordiger vir ’n redelik groot verskaffer van kantoor-sagteware. Het my eie afsprake gereël, en was heel gelukkig met my vordering.

Op ’n dag kry ek ’n afspraak met ’n advokaat. Kom ons noem hom Hannes. Dit was nou die eerste keer wat ek ’n afspraak het met so ’n geleerde man, en ek was duidelik gespanne. Hannes was so ongeveer 30 tot 40 jaar oud, fris gebou, met blou oë. Hy het my onmiddellik gerus gestel en gevra om na my produktelys te kyk. So oor die lessenaar het ek aan hom verduidelik wat aangaan. Hy sê toe ek moet langs hom kom sit, dan hoef ek nie so te strek nie. Hy het opgestaan en na die tweesitplek-bank gestap. Ek is agterna en het langs hom gaan sit. Na ’n paar minute het Hannes sy been teen myne gedruk en sy hak so nou en dan opgetrek. Ek het nie my been weggetrek nie, maar terug gedruk. Sy linkerarm het hy om my skouers gesit en stywer teen my gedruk. Ek het begin warm word, en my sening het ook begin lewe kry. Hannes het saggies aan my bobeen gevat en met sy vingers begin kielie. Stadig het hy nader gekom aan my stokstywe piel en hom stewig in sy hand gevat.

“Al voorheen gedoen?” vra hy.

“Nee, nog nooit, maar baie gedroom daaroor.”

“Ek sal versigtig wees, moenie bekommerd wees nie, ontspan.” Hy het my gulp oopgemaak, en jakop uitgehaal. Dit het hemels gevoel in sy hand. Toe trek hy my kop nader en soen my. Sy tong het in en uit my mond geglip, my tong het ook in sy mond ingegaan. Dadelik het hy my stywer vasgedruk. Hy het opgestaan en beduie ek moet ook staan. Hy het my broek afgetrek tot op my enkels, ook sy broek laat val. Sy piel was net so styf, omtrent 15 sentimeter lank en redelik dik. Hy het ’n salfie aan my hol gesmeer. “Moet nie bang wees nie, ek sal versigtig wees.” Daarmee druk hy my vooroor sodat ek met my bolyf oor die lessenaar lê. Ek was redelik gespanne, maar sy sagte stem het my heeltemal laat ontspan.

Met sy bene het hy my bene oopgedruk en teenaan my kom staan. Ek kon sy piel teen my boude voel. Met sy een hand het hy my draad stadig getrek. Toe voel ek sy piel teen my hol. Stadig het hy gedruk en ek kon voel hoe my hol ooptrek. Stadig het hy in my ingedruk, en ek kon voel sy pielkop was binne my. Ek het meer en meer vol gevoel, en het stadig terug gedruk. In, uit, in, uit; met elke druk kon ek voel hy gaan dieper. Toe voel ek sy ballas teen my boude. Ek het geweet hy was heeltemal weg in my. Vir ’n wyle het hy doodstil gestaan en druk, toe met mening begin naai. Met elke druk kon ek voel sy ballas stamp vas teen my boude. Die gevoel was hemels en ek het gehoop dit kan heeldag so aanhou. Die aksie was nou vinnig en diep. Ek het gevoel hoe Hannes diep in my hol sy saad skiet. Lekker warm gevoel. Stadig het hy uitgetrek en my ’n lappie gegee om my hol skoon te vee. ’n Bietjie sensitief en seer, maar niks om oor huis toe te skryf nie. Hy het my omgedraai en my piel in sy vuis gevat. Dit was die lekkerste draadtrek wat ek ooit gehad het. Ek het oor sy hande geskiet, en op die vloer. Hy het dit opgevee met die lappie. Nadat ons weer geklee was, het ons nog ’n rukkie gesit en gesels voor ons uitmekaar is.

Ek het altyd gewonder hoe dit sal voel, nou weet ek. Ek is ingebreek, volgemaak en dit is damned lekker!