Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

Opera Gala 27 & 29 Maart 2009


2009-02-24

The Black Tie Ensemble bied aan:

 

Die 10de Verjaarsdag Opera Gala: 27 & 29 Maart 2009

Op 27 en 29 Maart, sal die Black Tie Ensemble hulle 10de bestaansjaar vier, ‘n belangrike geleentheid veral vir die stigterslede, borge, kunstenaars en ondersteuners.

Die Black Tie Ensemble is gestig deur die Suid-Afrikaanse diva Mimi Coertse en opera regisseur asook kostuum ontwerper Neels Hansen in 1999. Die geselskap is in die lewe geroep om die opera kunsvorm te behou, nie net in Gauteng nie, maar ook in Suid Afrika. Die geselskap bied aan operasangers die geleentheid om op gereelde grondslag op te tree en sodoende die groei van die kunstenaars te verseker.

Op 3 Maart 1999 het die Black Tie Ensemble vir die eerste keer opgetree tydens ‘n Soiree. Tydens die optrede het die medestigterslidg en diva Mimi Coertse saam met lede van die geselskap hulde gebring aan Johann Strauss. Sy het saam met die sangers die welbekende ensemble stuk, Dui du uit Johann Strauss se Die Fledermaus gesing. Tien jaar later op 27 en 29 Maart sal die geselskap hulle Tiende Verjaarsdag Opera Gala open met die Ouverture van Die Fledermaus gevolg deur ensemble stuk, Dui du.

Die toonaangewende geleentheid sal by die Aula teater, Universiteit van Pretoria aangebied word, waar die Black Tie Ensemble hulle eerste opera opvoering op die planke gebring het in 2001 - Giuseppe Verdi se Rigoletto.

Tydens die Gala sal al die lede van die Ensemble asook die Black Tie Operakoor optree. Hulle sal begelei word deur die "Chamber Orchestra of South Africa" (COSA), wat ook self deur die loop van die program op die voorgrond sal wees. Die dirigent vir hierdie gevierde geleentheid is Conrad van Alphen.

Die program sal gunsteling items van die Black Tie Ensemble asook nuwe repertorium insluit:

Dui du uit Johann Strauss se Die Fledermaus - Dikgang en Volle geselskap

Libiamo uit Giuseppe Verde se La Traviata - Rheinaldt, Louette en Koor

Daglia immortali vertici uit Giuseppe Verdi se Attila - Linda

Vissi d'Arte uit Giacomo Puccini se Tosca - Loveline

Nume, custode e vindici uit Giuseppe Verdi se Aida - Dewald, Obakeng, Goitsemang en Koor

Helas mon cœur s'egare encore uit Jacques Offenbach se Les Contes D'Hoffman - Loveline, Dewald, Rheinaldt, Linda, Thabang, Teresa en Koor

Kom vier hierdie belangrike geleentheid saam met ons!

Datums: 27 Maart om 20:00 en 29 Maart om 15:00

Plek: AULA Teater, Universiteit van Pretoria

Kaartjies: R90 - R175

Afslag: 10% afslag op blokbesprekings van tien en meer. Pensioenarisse en kinders R90.00 dwarsdeur. Die Black Tie Ensemble Vriende Kaart kan gebruik word.

Besprekings: Oop by Computicket. Blokbesprekings kan direk by Computicket geskied.

Tel: 011 340 8000 of www.computicket.co.za

Uitgereik vir die Black Tie Ensemble deur Madeleen Engelbrect op 19 Februarie 2009

Navrae: Madeleen Engelbrecht by 012 322 7944 of 012 392 4038