Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Ruda gesels met André P Brink


2009-02-20

Die Insig-Boektafel met Ruda Landman beloof om dié kwartaal die grootste nóg te wees en aanhangers van André P Brink* mag dit nie mis loop nie! Daar is drie kuiergeleenthede saam met Ruda en dié gevierde en internasionaal bekende skrywer en skepper van ondermeer 23 romans in Afrikaans. Dit sluit in 'n onderhoud met die skrywer, 'n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop danksy Exclusive Books.

Die Insig-Boektafels word op die volgende datums gehou:

• Sondag 8 Maart op Stellenrust, Stellenbosch (12:00 - 15:00) (In samewerking met die US Woordfees)
• Saterdag 28 Maart by FEAST Restaurant, Centurion (12:00 - 15:00)
• Sondag 29 Maart by Ilanga Estate, Bloemfontein (13:00 - 16:00)

Kaartjies kos R200 per persoon vir lede en hul metgesel en R300 per persoon vir nie-lede. Bel Raiël le Roux by 021 417 1126 of stuur e-pos na boekeinsig@insig.com om te bespreek.

* André P Brink se lewensverhaal, 'n Vurk in die pad, het pas verskyn.