Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Vir die seun wat ek nooit sal hê nie


Adam Willemse - 2006-11-16


elke traan

wat die hartseer na jou oë bring
wil ek opvang
opdroog
uitwis
terwyl ek en die diepe slaap
jou toevou
vashou
beskerm
wanneer krieke kriek
en vêr honde blaf
ek wil alles vir jou gee
alles waaroor ek wonder
nagte om
alles wat ek nooit gehad het nie.