Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Man


Adam Willemse - 2006-11-16


jou gesig glimlag selde soos een wat die lewe ken,

maar nog so onskuldig.
 
ek besluit ek wil jou hê,
ek wil jou myne maak,
om elke bladsy van jou liggaam te lees,
en elke uitdrukking, woord en lettergreep te memoriseer.
 
maar ek kan nie,
want ek is ’n man,
en soek jou
soos jy ’n vrou.