Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Vir watter tipe permit moet professionele mense aansoek doen om in Brittanje te werk of hul eie besigheid te begin? Breytenbachs antwoord


2009-01-30

Vraag

Ek en my man beoefen albei professionele beroepe in Suid-Afrika. Ons wil beide graag van die geleentheid gebruik maak om ’n paar jaar se ondervinding op te doen in ’n ander land. Brittanje lyk vir ons na die beste keuse, omdat dit so naby aan Europa is, en ons dan sodoende ook sommer daar kan rondtoer gedurende ons vakansies.

My man is ’n rekenmeester en hoewel ek ook ’n professionele kwalifikasie het, wil ek graag my eie besigheid begin terwyl ek daar is.

Is daar ’n spesifieke tipe permit wat julle sal aanbeveel vir mense in ons situasie?

Antwoord

Brittanje is gewis ’n baie goeie keuse om internasionale werkservaring op te doen en is gerieflik naby aan Europa. 

Dit klink of julle behoort te kwalifiseer vir Vlak 1 vir Hoogs Geskoolde Persone. Dit is een van die voordeligste van die Britse permitte, omdat dit die houer daarvan toelaat om sonder enige werksbeperkings in Brittanje te woon en werk. Jy kan dus vir ’n werkgewer werk, jou eie besigheid begin of die twee kombineer. Na vyf jaar op dié tipe permit sal jy ook vir permanente verblyf in Brittanje kwalifiseer.

Dit sal vir slegs een van julle nodig wees om aansoek te doen vir dié tipe permit. Die ander party kan aansoek doen om die eerste party as afhanklike te vergesel. Met ’n visum as afhanklike sal jy ook sonder beperkings in Brittanje mag woon en werk.

Julle is welkom om ons webwerf te besoek waar ons ’n aanlyn-evaluasie kan doen om te bepaal watter tipe permit of visum die mees geskikte in julle unieke omstandighede is.

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.