Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

The Black Tie Ensemble bied aan: 'n Dinee-konsert by Ritrovo, 4 Februarie


2009-01-23

The Black Tie Ensemble bied aan:

'n Dinee-konsert by Ritrovo Restaurant, 4 Februarie 2009

Die eerste dinee konsert by Ristorante Ritrovo gedurende 2009 vind op Woensdag 4 Februarie plaas. Hierdie gewilde konserte by Ristorante Ritrovo – een van Pretoria se top vyfster restaurante met ‘n toekenning as een van die top tien Suid Afrikaanse restaurante  –  het beslag gevind as een van die eerste gereelde korporatiewe optredes gedurende die ontstaans- jare van The Black Tie Ensemble (BTE) en het ontwikkel tot een van die vertoonvensters van BTE.  Hierdie konsert sluit prominente werke uit die wêreld van opera, operette en “musicals” in, veral met betrekking op die liefde aangesien Valentynsdag om die draai is.  

Ondersteuners moet asb kennis neem dat die konserte vir 2009 op die eerste Woensdag van elke tweede maand aangebied gaan word.  Dis word gaste versoek om reeds lank voor die tyd te bespreek om verseker te wees van plek.  Ritrovo bedryf die konserte op ‘n nie-winsgewende basis en alle inkomste word direk teruggeploeg in die deurlopende ontwikkelingsprogramme van BTE. 

‘n Ensemble van nege sangers sal aan die konsert deelneem, gevolg deur ‘n keuringe drie-gang maaltyd met tafelwyn wat ingesluit is. Die volgende BTE lede neem deel aan die konsert:

Tanya Tait (Koloratuur), Loveline Madumo (Sopraan), Bongiwe Madlala (Sopraan), Jonathan Watkins (Kontra-tenoor),  Dewald von Solms (Tenoor), Rheinaldt Moagi (Tenoor), Dikgang Mantoro (Bariton), Thabang Senekal (Bariton) en Linda Zitha (Bariton).  Susan Steenkamp-Swanepoel, Senior Repetiteur van BTE sal die sangers begelei.

Die program vir 4 Februarie sal solos, duette, en ensembles insluit:

La fleur que tu m’avais jetee uit Georges Bizet se Carmen - Dewald

Je dis que rien ne m’épouvante uit Georges Bizet se Carmen - Loveline

O Mimi tu più non torni uit Giacomo Puccini se La Bohéme - Rheinaldt en Linda

Singend Klingend uit Die Frühjahrsparade deur Robert Stolz - Tanya, Dewald en Ensemble

That’s amore deur Harry Warren en Jack Brooks - Dikgang en Ensemble

Plaisir d’amour deur Martini en de Florian - Jonathan

                       

Datum: Woensdag 4 Februarie 2009

Tyd: 19:00 vir 19:30

Plek: Waterkloof Heights Winkel Sentrum, Club Laan 103, Waterkloof Heights, Pretoria

Koste: R350 vir ‘n driegang maaltyd met tafelwyn ingesluit

Besprekings: Bespreek by Fortunato Mazzone by (012) 460 5173