Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

Simon Swerwer by Dorpstraat Teater - 19 Februarie


2009-01-21

Simon Swerwer is ‘n solo akoestiese kunstenaar wat sy eie musiek skryf. Sy benadering is dié van die doelgerigte, minimalistiese eerlikheid en begryplike styl van die Amerikaanse volksmusiek en Blues, met 'n verlange na poëtiese lirieke en oortuigende musikale intimiteit in Suid-Afrika.

Die ideologiese konteks van 'n kunstenaar is net so belangrik soos die uitvoering van sy kuns. Soos die antiklimaks van die beweging van Rock 'n Roll in die 1950's na die opbloei van die volksmusiek van die 1960's, het Simon Swerwer Little Richard leer ken op ‘n vroeë ouderdom, maar Bob Dylan eers in vroeë volwassenheid. Hy het die klavier leer speel vóór die mondfluitjie, die elektriese vóór die akoestiese kitaar. Hoe verder hy beweeg het van kompleksiteit na eenvoud het hy begin streef na ‘n faset wat meesterwerke van die hoër en laer kunste nog altyd geniet: ‘n kulturele atmosfeer.

Hierdie omgedopte benadering is egter nie beperk tot sy musiek nie. Hy besoek verskeie literêre herberge soos die Klassieke of postmodernisme met ‘n moedswillige onortodoksheid. Dit is die kern van sy ekspidisie om die konserwatiewe en liberale dieptes te peil, om Suid-Afrika in die lig van die wêreld te sien en om die wêreld vanuit die perspektief van ‘n Suid-Afrikaner te verander.

...en om nooit verskoning te maak vir sulke mal ideale nie.

Venue: Dorpstraat Teater
Tyd: Donderdag 19 Februarie om 20:30
Koste: R60 (of R30 indien jy iets bestel om te eet)
Besprekings vir vertonings kan telefonies gemaak word deur die teater te skakel by (021) 88 66 107 of per e-pos by info@dorpstraat.co.za

Besoek die Simon Swerwer-webwerf op Facebook.

 

Foto: Melt Myburgh