Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Kan Suid-Afrikaners in Brittange gaan studeer? Breytenbachs antwoord


2009-01-13

Vraag

My dogter doen uitsonderlik goed op skool en wil graag na skool verder studeer in Brittanje. Is dit moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer of is daar groot administratiewe reëlings in terme van visums om die droom van haar te kan realiseer?

Antwoord

Dit is inderdaad moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer. Dit is ook heeltemal binne bereik vir Suid-Afrikaners om ’n studentevisum te bekom vir die land indien hulle gekeur word vir studie aan ’n Britse opvoedkundige instansie.

Een van die ander groot voordele vir ’n Suid-Afrikaner wat aan ’n Britse universiteit gradueer, is dat die persoon vir die Vlak 1, Na-studie-permit kwalifiseer. Dié tipe permit laat die afgestudeerde student toe om vir twee jaar in Brittanje te woon en werk, en sodoende waardevolle internasionale werkservaring op te bou sonder die vereiste van ’n werkspermit. Binne die twee jaar kan hy/sy dan oorskakel na ’n meer permanente tipe permit wat hom/haar later vir Britse burgerskap sal kwalifiseer.

’n Studentevisum is dus definitief ’n baie goeie opsie vir iemand soos jou dogter.

Kontak gerus ons kantore vir meer inligting.

 

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.