Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

39


Reney Warrington - 2009-01-06

Vrydag

Dit is ten minste 40°C. Wie trou nou in November?! Ek draai my venster oop en soek ongeduldig vir die ingang van een of ander kunsmatige "French countryside venue" met laventel voor die kapel en Tuscan-afdop-verf-tegnieke op die mure. Die naam kan ek nie uitspreek nie, maar Greitjie, my getroue GPS, sê ons is drie minute weg en Greitjie lieg nooit nie.

Die paadjie Hartebeespoort toe is nou en vol slaggate en die bikers sit ongeduldig op my gat. Ek ry aspris stadig en kyk in my truspieëltjie hoe hulle moerig raak. Einde ten laaste gewaar ek die hek en is my lawwe speletjie oor. Toe ek my flikkerlig aansit om regs te draai, skuur die eerste biker aan my linkerkant verby. Hy druk sy middelvinger in die lug. Ek rol my oë.

Die wag maak die hek oop en ek maak my eerlike intensies aan hom bekend. Met die linkerwang en lip wat doodgespuit is, klink dit wel of ek dronk is. Hy glimlag en sê: "Follow the path."

Nooit gesien nie, boet.

Voor ’n beautiful klipkapel staan ’n paar luukse motors reeds op ’n oop stuk groen gras geparkeer. Wag nommer 2 wys waar ek my Ford KA moet indruk tussen ’n Hummer en ’n Toyota Landcruiser. Ek maak seker niemand kan my inparkeer nie. Mens weet nooit wanneer jy in die middel van die nag moet ontsnap uit die verveeldheid nie.

"It's warm in your valley," gesels ek terwyl ek my sakke oor my skouer gooi. Die wag lag verleë. "Did you order this weather?"

Hy chirp my terug. "Why? Because I am black?"

Ek stop in my spore en draai terug; my oë is groot van verbasing. Suid-Afrika is ook vol slaggate. "No man, because you live here!" spot ek.

Hy giggel vir my. "That way," sê hy en wys in die rigting van ’n kantoor.

Marie, soos haar naamplaatjie in kursief lees, is op haar selfoon aan die anderkant van die toonbank. Sy praat Engels met ’n swaar Afrikaanse aksent, maar die stemtoon is ferm. Iemand het met haar probeer sukkel en in ’n baksteenmuur vasgeloop.

Ek rus my sakke vir ’n oomblik op die grond en bekyk die plek van bo tot onder. Nogal stylvol met die klipwerk, roommure en effekleurige klein kussinkies. Scatter cushions, soos my ma hulle noem.

"Good afternoon," sê Marie uiteindelik. Selfs dié eenvoudige woorde kom skeef en krom uit. "How can I help you?"

"Middag. Ek is die fotograaf." Sy glimlag toe sy die Afrikaans hoor. "Daar is ’n kamer vir my bespreek?"

"Ag siestog. Was jy by die tandarts?"

My moed sak tot in my skoene. "Lyk dit so erg?"

"Nee wat," lieg Marie uit Afrikaner-ordentlikheid uit, "ek is net baie oplettend." Sy glimlag skaam. "Welkom. Laat ek gou kyk in watter kamer jy bly."

Marie slaan die roomkleurige register oop op vandag se datum. Ek sien die termostaat op die muur. "39°C?!"

"Ag, ja wat," sê sy sonder om op te kyk, "in hierdie omgewing is dit nie vreemd nie."

"Goeie bliksem" word vervang met "Goeie genade."

"Reg, hier is jou sleutel. Kamer 7. Die kamer is wel effe afgeleë, maar dis reg op die rivier en jy het totale privaatheid."

"Rivier?" vra ek opgewonde.

"Die Hennops vloei sterk hier deur ons ou plasie."

"Excellent."

"Laat ek iemand roep om te help met jou sakke."

"Nee, wat, dit sal nie nodig wees nie. Ek het die oefening nodig." Ek wys na my boepens. "Ná hierdie winter het ek ’n stewige lagie opgebou."

Marie glimlag onseker. Ja, ek ken daai uitdrukking goed. My ma sê ek moet meer let op wat by my mond uitkom. Ek veroorsaak ongemak.

"Nou maar goed so." Marie herstel vinnig genoeg. "Sien ons jou vanaand by die onthaal?"

"Ek word betaal om vanaand daar te wees."

Daar is dit weer. Die ongemak.

"Nou toe nou," sê Marie maar.

My huisie op die rivier is toe awesome. Die houtdek wat tot by die oewer strek, is reeds genoeg om my gelukkig te maak. Die twee hout-en-lap-stoele wat regstaan vir iemand wat oor die rivier wil uitstaar, is ’n bonus. So ook die 100 persent-katoen-linne, die groot TV, die rusbanke en die individueel-verpakte koekies. Soetkoekies, nogal. Vir ’n oomblik oorweeg ek dit om op een van die houtstoele neer te val, ’n bier te bestel en uitdrukkingloos vir die rivier te staar. Dan onthou ek ek is allergies vir yeast, ek het nog werk om te doen en ek is mooi verantwoordelik grootgemaak.

Ek kook die ketel vir tee, skeur die eerste koekie se plastiek met my tande oop en speel Kate Bush op my laptop. Sy wil ’n deal met God maak, terwyl ek vir die soveelste maal die batterye, memory-kaarte, kameras, flashlights en eksterne hardeskyf nagaan.

Toe val ek op die houtstoel neer, sip aan my tee en staar uitdrukkingloos na die rivier. Hel, maar dis warm hier, dink ek weer, kan dit nie maar bietjie reën nie? Die wolke dreig om saam te koek, maar lewer niks interessants nie. Hopelik is hier nie muskiete nie.

Ek vryf myself by voorbaat vol Tabbard, trek een van my twee Sondagbeste-uitrustings aan, haal twee maal diep asem en durf die malhuis aan. Ek moet ’n ander plan met my lewe maak.

Susan storm op my af. Die bruid. Sy is nie die mooiste mens nie, maar sout van die aarde. ’n Gawe siel wat meer entoesiasme verdien as wat ek mee opdaag.

"I am so sorry I booked you for two nights."

Ek fokken ook.

"Sue, you're paying me. Stop apologising. It's what I do."

Ongelukkig.

"Okay, okay, but please try and enjoy yourself a little."

Die onmoontlike.

"Sure. Now go off and mingle. I have work to do."

Sy gee my ’n vinnige, goedbedoelde drukkie, maar dit laat my steeds ongemaklik. Dis mos nie my vriende en familie die nie. Ek is net ’n werker. Bruide is egter so damn dankbaar op hulle troudag. Gee my krag. Hopelik was ek nie so soppy nie.

Die gaste begin arriveer en ek dokumenteer die hele vervelige gedoente tot in die fynste details. Die snacks, die cocktails, die tafeltjies op die restaurant se houtdek, die vrouens se rokke, die mans en hulle vriende. Niks is nuut nie. Niks is oorspronklik nie. Trou-venues is soos ’n worsfabriek wat die een worsie na die ander uitryg. Die stukkie veld en boom wat groot skaduwee gooi, was goed genoeg vir my.

Ek sien die fyn verskille tussen haar familie en sy familie. Hare is werkersklas. Hulle skoene is gewoon en hulle jobs ordinêr, maar hulle harte is goed. Haar ouers is nog by mekaar en hulle is vrek lief vir Susan.

Sy familie is mense met grade en aansien. Dokters en prokureurs. Hulle klere is ingevoer, hulle neuse effens in die lig. Veral die stiefma, geklee in ’n Jackie O pienk tweestuk, pêrels en Lauren Bacall-geblaaste bob bekyk almal met agterdog.

Stephen se biologiese ma is ook nie ’n ligstraaltjie nie. ’n Ronde vrou, met ’n donker, suur persoonlikheid. Sy is nie agterdogtig nie, maar wel ooglopend aggressief. Waar die gawe Stephen, die bruidegom, vandaan kom, weet geen mens nie.

En soos dit ’n beskaafde Britse kolonie betaam, is Stephen se helfte van Skotse afkoms en Sue se helfte van Ierse afkoms. Dit verklaar dalk die vrolike kameraderie tussen die twee groepe. Daar kon nie veel familiekameraderie op my troue wees nie. Net my ma was daar. Die res het mos issues.

Onder ’n boom op die dek kry ek ’n 70-jarige koedoe-sening geklee in diamante en ’n swart ontwerpersrok wat heeltemal te veel gekreukelde vel wys. Sy en haar man sit ’n meter uit mekaar uit, hy kyk links, sy regs. Die droogte tussen hulle hou al jare, lyk dit my. Sy bestel ’n dubbel-whiskey vir 'n bietjie nattigheid. Ek kon só opgeëindig het, troos ek myself mee.

Uitgestrek op ’n leerbank kry ek ’n swaar-dragtige vrou. Sy vat ’n sluk van haar Coke en double-clutch haar sigaret. Dit vat baie wilskrag om nie die kamera aan die Canon-strap te vat, die ding twee of drie keer bo my kop te swaai vir momentum en haar daarmee oor die kop te donder nie. Hoekom het jy kinders as jy hulle gaan verwaarloos?

My visioene van geweld word versteur deur ’n klomp "okes" wat kliphard lag. Ek stap nader om te sien waaroor die joligheid gaan. Tequila. En nog tequila. Hulle speel een of ander lawwe drinking game en natuurlik moet een van hulle kerm oor sy vrou, wat tien teen een êrens staan en kerm oor hom. Hy kyk skuldig in my rigting.

"Hey, I only work here."

My oulike swaer het die aand voor die troue vir my Jaegermeister ingejaag. "Dis vir die hoesie. Die dokter het dit voorgeskryf."

Ek glimlag.

Die stereotipiese familielid/amateurfotograaf maak sy verskyning in die vorm van ’n 60-something bedonderde oom van die bruid. Ons knik en kyk dadelik mekaar se toerusting uit. Syne is die grootste en die beste, soos dit die amateurfotograaf betaam, en natuurlik heeltemal van ’n overkill. Bly maar net uit my pad uit, oupa, dan behoort ons nie vas te sit nie.

Sue roep my nader waar sy en twee girls op dieselfde leerbank sit en gesels.

"Sorry to bother you ..." Ek lig my wenkbroue. "Okay, Okay. Won't you take a picture of me and my two bridesmaids?"

Ek fokus op Sue en frame haar met die twee bridesmaids aan die kant. Ek het nie ’n bridesmaid gehad nie, onthou ek agter die lens. Ek herfokus en kyk na my komposisie en beligting en nie na die brunet nie.

Die ander slawe, die videographers, staan nader om te groet. Dis ’n pa-en-dogter-span en hulle is heel vriendelik. Jammer oor die hengelfotografie-onderbaadjie met sakkies vir hoeke, batterye, vis aas, film, lens caps, kougom, sunscreen en lip ice. Ons bespreek angles en ruil besigheidskaartjies uit. Hulle kan blykbaar vir my nog werk stuur. Jippie, dink ek, net nie dit nie.

Ek kry ’n espresso by die bar en die sjokoladegeur is verbasend lekker. Daar is nog drie exposures op my kaart oor en ek kyk rond vir die laaste photo ops. By die tafel reg voor my sit ’n klomp girls en kyf soos net girls kan kyf. Terwyl ek fokus en interessante angles probeer, vang ek ongelukkig van die gesprek. Ouens. Seks. Dieselfde brunet van vroeër sê trou is nie vir haar nie. Amen.

En toe is my twee ure verby! Jippie. As ek van die dek af tree, is ek dadelik in die donker en veilig. Ek haak my kamera van my nek af, maak myself so klein as moontlik en kyk vir die naaste uitgang. Ek sluip by die toilette verby, anders moet ek oor die dansvloer loop.

"Hei," sê Sue toe sy by die verdomde toilet uitkom. Onthou as sy jou nooi om saam te eet, jou mond is seer! "Join us for a drink."

Ag, bliksem. ’n Seer mond gaan my nie nou help nie. Sue haak sommer by my in. Sy is werklik gaaf en dit maak my naar.

"What will you have?" vra sy by die tafel. Maak dit iets wat jy nie voor hoef te wag of lank aan te suig nie. "What about a tequila?"

Dit voldoen aan my vereistes, maar sal my te dronk maak.

"No, no, I still have to work tomorrow. I'll try some of the Rupert & Rothschild Classique 2006. But only half a glass."

Stil in my hoekie, rug teen die houtreling wat oor die rivier uitkyk, bekyk ek die groepie. Standaard Jo'burg-, 9-tot-5-kantoorwerkers wat ná werk by Newscafé uithang.

"Here we go," sê Sue en maak plek op die tafel vir die skinkbord shooters. Sy kyk skuldig in my rigting. "I got you one anyway," giggel sy.

Ek sal dit nie verdomp drink nie!

"You have it, Sue. I am sure you handle your alcohol better than I do."

"Come on."

Gaan weg.

"Ah, fuck it," sê die brunet van vroeër die aand, gryp die shooter wat Sue uithou en gooi dit in haar keel af. Ek merk haar vir die eerste keer op. Vir haar, haar bloedrooi hakke, skinny jeans en Ed Hardy T-shirt. Sy pas nie in by dié byekorf nie. "Be done with it, Sue."

Right, met daardie Ingels is sy deel van Stephen se privaatskool clan. Alhoewel die lang, effens gekrulde donker hare en groen oë meer Iers lyk.

Die girls gooi hulle eie shooters terug en vergeet gelukkig van my en die chick in die Ed Hardy T-shirt. Sy stap nader en leun teen dieselfde houtreling. "Hi. I'm Jo. Short for Joanne." Op elke kneukel van haar elegante regterhand wat sy na my toe uithou, is ’n Japannese simbool getatoeëer.

"Robyn," groet ek terug terwyl ek haar hand skud. Sy is toe heel hot.

"Thanks for the tequila."

Sy draai na die rivier toe en fluister vir my: "It's the only fucking way I am going to get through this mind-numbingly boring weekend. Drunk."

Ek proes en giggel. Ek ken ongemak te goed om ongemaklik te wees.

"I have a sore mouth," sê ek en vat aan my wang. Jo kyk my vreemd aan. "My excuse?"

Sy glimlag. Ons deel die frustrasie. "Ah, dammit. I should have come prepared with one."

"This one is only half a lie though. I did go to the dentist this afternoon."

"Does it still hurt?"

"That's where the half a lie comes in."

Sy knik en sê: "Normally I would just leave, but with weddings people get so freaking emotional."

Hoor, hoor!

"Wanna carry my tripod?" spot ek.

Jo se oë begin glinster. "Good plan." Jo tel dadelik die driepoot op en kondig aan, "Well, we're off for the night."

"But ..." stamel Sue.

"This poor girl had dental surgery this afternoon," sny Jo haar mee af. Sy wys na my. Die poor girl wat net ’n stopsel laat insit het.

Sue se oë skiet oop. Ek weet wat kom volgende. Simpatie. "I'm so sorry. I didn't know."

Ek smile en hou my wang vas. Wat anders kan ek doen?

"And I am helping her carry some of her equipment," verduidelik Jo. "Goodnight all."

Jo trek my weg van die tafel af voor Sue verder kan protesteer. Net voor ons van die dek af tree, swipe sy ’n bottel Rupert & Rothschild Classique 2006 en twee glase by ’n onbemande tafel.

Die Tabbard was verniet. Daar is nie ’n muskiet in sig toe ek my kamer oopsluit, die lig aansit en Kate Bush van voor af speel nie. Ek verskoon myself om ’n T-shirt aan te trek en staan in die badkamer voor my versameling katoen, grys, gekreukelde Old Khaki favourites. Ag, hel. Ek trek die boonste een aan.

Jo sit gemaklik met een been oor die armleuning van die stoel en wyn proe. Die rivier vloei sterk en sy kyk vriendelik om toe ek uitstap.

"Nou daar is ’n sexy heks as ek al ooit een gesien het," sê sy in Afrikaans terwyl sy die korrekte hoeveelheid wyn in my glas gooi. Dis beslis nie as gevolg van jare se waitressing wat sy weet waar om te stop nie.

"Kate Bush? Yeah, she's a Wicca or Wiccan or something neo-pagan?"

"Wat dit ook al beteken," antwoord Jo weer in Afrikaans. Goed, Afrikaans sal dit dan wees. "So jy skiet troues?" Ja, sy is in ’n privaatskool opgevoed. Haar Afrikaans is suiwerder as myne. "Hoe het jy daarmee begin?"

Magtag, moet ons nou op dié amazing somersaand langs die Hennopsrivier met ’n glas Rupert & Rothschild Classique 2006 in die hand oor my lewenskeuses praat?

"Geld."

"Is jy darem goed?"

"Ek is awesome."

"Hoekom is jy dan so verleë daaroor?" vra sy met ’n ondeunde glimlag.

Ek steek dit toe nie so goed weg soos ek gehoop het nie.

"Die stigma. Die cliché. Dis uncool. Jy swot nie juis fotografie oor jy droom om ’n wêreldbekende wedding photographer te wees nie."

"Wat wou jy daarmee doen?"

"Kuns."

"A, die eeue oue debat. Kuns versus kos op die tafel," sug Jo.

"Alhoewel dit baie moeiliker is om op ’n tegniese vlak troues te shoot as kuns."

"Hoe so?"

"Jy het net een kans. Die lig is altyd horribaal. Die bruid het altyd ’n wit rok aan, jy weet, wat kan uitblaas? Jy moet kompeteer met videographers en familielede wat dink hulle is professionele fotograwe. Dan is jy die bruid se shrink, want jy spandeer meer tyd saam met haar as die bruidegom en sy wil by jou weet hoe om te kalmeer, hoe sy lyk ens, ens."

"En mense raak laf daarby."

Hoor, hoor.

"Hulle is baie emosioneel," is my bydrae. Ek kan diplomaties wees. Wie sou ooit kon raai.

"Het jy van jou foto's hier?" vra Jo.

"My portfolio is op my laptop. Hoekom?"

"Kan ek dit sien?"

"As jy nou regtig moet."

"Bring."

Jo gooi nog wyn en ek bring my singende laptop buitentoe. Ek maak die foto's oop en oorhandig die laptop verleë. Sy is reg, ek is verleë. Effens benoud wag ek tot sy opkyk van die rekenaar af.

"Jy is goed." Jo pause. "Ek sal nie skaam wees oor hierdie werk as ek jy is nie. Ongeag wat die onderwerp is. Dis ’n goeie produk. Period." Ek bloos sowaar. "Dis goeie geld, min ure en jy is werklik goed daarmee."

"Dit klink alles waar."

"Dis in elk geval baie meer interessant as wat ek doen." Jo sit die laptop op die dek neer.

"Accountant?" raai ek.

"Investment banker," korrigeer sy my. "Vir nou."

"Het jy iets anders in gedagte?"

"Jip," sê Jo skaam.

"Wat?"

"Ek gaan volgende jaar weer swot." Sy kyk na die tattoos op haar hande. "Ek wil industriële ontwerp doen."

"Awesome!" sê ek opreg.

"Dankie."

"Weet jou familie?" Want hulle lyk vir my almal soos ’n klomp, neus-in-die-lug, pyn-in-die-gat intellectuals. "Hulle is seker opgewonde?" Jitte, my ma sal trots wees op my takt.

"Ek moet hulle nog vertel."

Sterkte.

"Hulle ondersteun my altyd."

Dalk is ek verkeerd.

"Great," sê ek oor ek nie iets anders het om te sê nie.

"Wat van jou familie? Gee jou man nie om as jy so laat in die aand rondry nie?"

Jo wys na my trouring en ek dink: my vrou, nie my man nie, en skielik mis ek haar. "Dis net om lastige, dronk mans by die troues op ’n afstand te hou."

Dis eintlik oor ek nie wil afskeid neem nie. Ek draai die ring om en om.

"En lastige vrouens?" vang Jo my mee onkant.

O jitte! Ek moet professioneel bly. Ek moet die ongemak vermy.

"Ek het nog nie een teëgekom nie." Nie sleg vir op-my-voete-dink nie.

"Daar is altyd ’n eerste keer," waarsku sy.

Reg, 180° U-turn.

"Wat van jou? Ek het gehoor jy sê vir die girls trou is nie vir jou nie?"

Jo lag.

"Dit was net ’n onwillekeurige reaksie op hulle vervelige praatjies. Ek sal trou. Eendag."

"Maar?"

"Ek sukkel egter om iemand te ontmoet. Iemand wat anders is, wat nie soos ’n skapie in die verkeer sit elke dag, werk vir ’n salaris, TV kyk in die aande en ’n grys lewe leef nie."

"Iemand wat dit alles sal opgee om industriële ontwerp te gaan swot?" vra ek.

Jo glimlag. "So iets."

"Dit klink of jy al opgegee het?"

"Nee, daar is hoop. As ek die regte man, of vrou, kry, sal ek nie twee maal dink nie."

My onderlip bewe skoon. Vrou? Wat sal die familie daarvan sê?

"Weet jou familie van jou, uhh, oop kop?"

"O, ja, hulle weet van alles. Van al my mislukte verhoudings. Die laaste een was egter met ’n man, so twee jaar terug. En al sê die familie niks nie, weet ek hulle hou styf duim vas dat ek klaar is met vrouens." Jo pers haar lippe op mekaar. "Asof dit die punt is."

"Natuurlik," glimlag ek; "dit gaan mos nie oor gelukkig wees nie."

"Heaven forbid." Jo kyk na my hande en vat ’n raaiskoot. "Daardie ring is meer as ’n decoy, nè?"

Ja, toe, uit daarmee.

"Ek is 18 maande terug geskei." Uit met alles. "Dit was een van die eerste ‘gay'-egskeidings."

"Ouch," sê Jo met wat lyk soos empatie op haar gesig.

"Jip."

Stilte.

"Hoe was dit om te trou?"

Ek is verras deur die reaksie. Trou is vir haar trou. Vir die meeste mense, en ek bedoel die meeste, is gay-trou nie ware trou nie.

"Die lekkerste deel van trou, die gedeelte wat meeste couples op uitmis omdat hulle so stres oor die koek, die eerste dans en die verdomde speeches, is dat al jou familie en vriende daar is net vir jou." Dié sonder issues, natuurlik. "Om jou lewe en jou troue te celebrate. Ek glo nie juis in kerktroues - "Nou is julle een" en daai nonsens - nie, maar om voor jou familie en vriende te staan, om voor hulle op te staan en dit offisieel te doen, is nogal cool."

"Dit klink heerlik." Jo kyk my stip aan. "Die skei het jou dus nie afgesit nie? Dit het jou nie bitter gemaak teenoor trou en gebind wees aan iemand nie?"

"Nee, inteendeel dink ek het dit my die waarde daarvan geleer." Wat is daardie gesegde? Absence makes the heart grow fonder?

Jo huiwer vir ’n oomblik, maar vra dan: "En hoe voel dit om te skei?"

Daar is net een antwoord. "Kak." Regtig, regtig, kak.

"Jammer," sê sy in haar privaatskool-Afrikaans, terwyl sy mooi glimlag.

"So leer ’n mens, nè."

"Is jy gay?" vra sy. Die welbekende kern van die saak.

"Ek glo nie in labels nie. Ek glo nie in gay, straight of bi nie. Ek dink wel party mense is heeltemal gay, of heeltemal straight of anywhere in the middle. Ek was nog altyd meer aangetrokke tot vrouens. Ek gee nie om wat dit my maak nie."

"Uiteindelik. ’n Verligte opinie," sê Jo en leun vorentoe om nog wyn in my glas te gooi. "Mense raak nogal kinderlik ongelukkig as jy dit vir hulle sê."

"Tell me about it. Dit is een ding om skeef te wees; bi is nog ’n stappie erger; maar om nie één van die kategorieë te kiés nie, is van die duiwel af."

"Asof jy móét kies," sê Jo onder haar asem.

"Of, as jy kán kies, dan moet jy mos kies om straight te wees."

"Vir party mense is dit nie ’n keuse nie. Vir ander is dit. Wie gee ’n hel om?" vra Jo.

"Die kerk," antwoord ek.

"Glo jy nog in die kerk?"

"Ek weet nie meer wat ek in glo nie. Ek het al te veel verloor en die NG Kerk het my permanent afgesit van geloof af. My motto is ‘be nice' en dis nogal bevrydend om sonder die reëls en regulasies van die kerk te lewe. Ek is nie meer geforseerd om mense te veroordeel nie. Daar is natuurlik seker universele waarhede, soos beskerm kinders teen alle koste en moer enige swanger vrou wat rook."

Jo glimlag effens. "So jy het haar ook gesien."

Sy lyk skielik ongemaklik en vroetel rond in haar jeans se gatsak. Die halfgerookte sigaar word uit die metaalhouer gehaal en aangesteek. Die weerloosheid gemeng met die rookkringe wat sy ingedagte blaas, is toe nogal vir my sexy.

"Ek rook nie voor my ma nie!" lag Jo. "Met al my tattoos en bad attitudes."

"My ma dink ek is ’n goeie Christen-meisie."

"Cheers," sê Jo en maak die bottel leeg in ons twee glase.

"Wat beteken die tattoos? Op jou kneukels?"

Jo raak meer as ongemaklik dié slag. "Nee, daaroor kan ek nie praat nie. Dit sal my uitmekaar uit ruk."

"Dis goed so. Jy hoef nie te praat nie."

Jo staan op en loop effens senuagtig heen en weer voor my. Uiteindelik balanseer sy die sigaar en die glas wyn op die reling. Sy draai om en trek my op uit die stoel uit. "Is jou mond nog seer?" vra sy met haar vingers op die seer wang.

Nee, skud ek my kop heen en weer.

"Goed," antwoord sy en soen my.

"Ek hou nie daarvan om myself kleiner te maak nie," sê Jo. Sy staan met haar hand op my borsbeen en voel hoe klop my hart. Hy klop nogal vinnig na die onverwagse soen.

"Sodat jy elke dag in ’n beknopte, bedrukte samelewing kan inpas en oorleef?"

"Jy verstaan."

Sy soen my weer, maar druk my dié keer teen die reling vas. Sy kan nie naby genoeg aan my kom nie en die geraas van die bruisende rivier raak stil onder my voete. Jy is such ’n rebel, dink ek, met jou wilde hare, tattoos en gebroke hart. Jo trek effens terug, tel haar glas wyn op en vat ’n groot sluk. Sy leun steeds teen my. Sy hou toe die glas vlak voor my mond, maar trek dit weg toe ek daarvan wil drink. Ek kyk op en sy gee my ’n evil smile. Sy vat weer ’n groot sluk en hou toe haar mond voor myne. Ek drink die wyn.

"Ons kan nie vir Sue sê nie. Sy sal ongemaklik wees."

"Ok," stem Jo saam.

"Ek mis dit. Die warmte van iemand anders se lyf teen myne," sê Jo na ’n lang stilte.

"Ek ook."

"Wat van ons slaap vanaand in een bed?"

"Vir ’n bietjie warmte? Ja, ons twee loners kan doen met ’n bietjie persoonlike aandag."

Vlak voor haar mond stop ek eers. Ek lê sagkens bo op haar. Die komberse lê op die grond en al die vensters en deure is oop vir ’n bietjie asem.

 

Saterdag

’n Houtdek maak mos ’n vreeslike geraas. Veral as iemand vroeg op ’n Saterdagoggend, in die bos waar daar net voëltjies fluit en die rivier die vorige nag kalmeer het, oor die dek stap, dan hoor jy dit dadelik. Toe ek weer sien, toe staan ek in ’n japon voor die deur. Die gordyne is toe en almal veilig. Sue rem toe sy die japon gewaar.

"I'm so sorry! What time is it?" Sy kyk op haar horlosie. "It's only 8." Net het voor 4 het ek Jo toegegooi en die leeslamp afgesit, onthou ek in my slaaptoestand. "I am sorry."

"It's fine." Die leë bottel en twee glase op die dek val my op. Shit. "Can I help you with something?"

"I just wanted to check if you're feeling okay? With your mouth and all?"

"I'm a 100 percent."

Loop nou. Ek loer oor my skouer na die skrefie lig wat oor Jo se kaal bene skyn. My maag draai.

"Great." Sue tel op haar vingers en gaan blykbaar deur ’n lys goed in haar kop. "Now, I just need to wake up Jo." Hmm, nie ’n goeie plan nie. "She's not answering her door. Knowing her she had way too much to drink, ended up in some guy's bed and only got back in the wee hours of the morning."

Wel, amper.

"Okay," sê ek maar uit gewoonte uit.

"I hope it was John."

Surprise, surprise, dink ek, en frons onskuldig vir haar.

"One of the best men?"

"Nope," sê ek en skud my kop heen en weer.

"Anyway, her parents will be so happy. You know, Jo's been involved with women in the past."

No shit.

"Not that I have anything against gay people."

Sure.

"We just don't want her living that lifestyle."

Sue is toe nie so nice nie. Gelukkig is ek nice, anders het ek jou troufoto's vandag six love opgefok. Sue sit haar hand voor haar mond en iemand skop die laken van die bed af. "Not that you needed to know that."

Nee.

"Now go and get ready for your big day, Sue." Jou homofobiese, klein snotkop.

"Okay," sê Sue en staan sweerlik nader vir nog ’n drukkie. Ek bly egter agter die houtstoel staan en sy kry die boodskap. Fok weg.

"That lifestyle?!" is die eerste ding wag Jo vir my sê. Sy staan hande op haar heupe voor die bed in haar beautiful T-shirt en panties. Ek stamp haar weer agteroor op die bed.

"I am making tea."

Jo druk haarself orent op haar elmboë. "Ek kan nie glo Stephen trou met ’n homophobe nie!"

Ek sit die ketel aan en grawe rond vir my stash groen tee wat ek saamry. "Moet haar nie oordeel nie." Grootbek. "Jy weet nooit hoe mense gaan reageer nie." Ek skeur een van die soetkoekies oop.

"Nog steeds."

Ek druk die koekie in haar mond.

"My familie is gelukkig nie so nie."

"Maar hulle hoop tog dat jy met ’n man opeindig? Nie waar nie?" vra ek.

"Dit is anders. Hulle sal aanvaar wat ek ook al besluit."

Gmf!

"Ons kan ons sterre dank dat sy nie op ons ingeloop het nie."

"Dalk moes sy. Dan het sy dalk iets geleer," sê Jo verontwaardig.

"Ag, shame man. Dis haar troudag." Ek gee haar ’n koppie tee en gaan sit self op die bed. "En ek moet nog haar troue shoot vandag."

"Maar ..."

Ek soen vir Jo stil. "Maar niks nie. Jy moet nog twee dae saam met hulle spandeer."

"Ek moet in my eie kamer insluip vanoggend."

"Of lieg oor John?"

Jo gee my ’n kwaai kyk.

"I am so not into that kinda shit anymore. They should know by now," sê Jo in die default Engels.

"Maar jy het te veel gedrink en in iemand anders se bed opgeëindig?"

"Dis nie dieselfde nie!"

"Tel dit nie, Jo? Oor ek ’n vrou is?"

Ek kry ’n tweede kwaai kyk.

"Ek was nugter. Ek het geweet wat ek doen. En ons het nie saam geslaap nie, het ons?"

"Nee."

Gelukkig het ek sunscreen aan en ’n keps op. Daar is nie ’n wolkie in sig nie en die staproete is die meeste van die tyd in die oopte. Ek het ook oor die warmste tyd van die dag begin stap. Na Jo weg is, het ek weer aan die slaap geraak.

Die klipstapel dui ’n split in die pad aan. Ek grawe die kaart uit wat Marie vir my gegee het en besluit op die een wat deur die "vallei" gaan. Daar sal hopelik koelte wees.

Daar is toe baie koelte en ’n riviertjie. Ek trek my hiking boots uit en sit my voete in die koue water. Dis awesome. My gedagtes begin dwaal. Hoe het ek met Jo in my bed opgeëindig? Dis nie in my geaardheid om betrokke te raak by troue-gaste nie. Dis is werklik uncool. Ek moet haar doodeenvoudig vir die res van die naweek vermy. Sy is ’n gas. Niks meer nie.

Wat is bridesmaid in Afrikaans? wonder ek, op pad uit die vallei uit. Blommemeisie? Nee. A, strooimeisie, dink ek en trap mis. Ek gly vorentoe en beland met my regterbeen in een of ander kaktus of doringplant. "Fok," vloek ek hardop terwyl ek uit die plant uit reverse. Ek gaan sit op die naaste klip en bekyk die skade. Dit lyk erger as wat dit is. Die hele been bloei op plekke, maar dis net oppervlakkige skrape. Ek trek die oorblywende dorings een vir een uit. Twee van hulle breek onder die vel af en ek besluit om Marie vir ’n naald te gaan vra. Kak!

Natuurlik jeuk ek al die pad terug. Ek druk naderhand my hande in my broeksakke sodat ek ophou krap en wonder hoe ek ongemerk tot by my kamer gaan kom. Nie net het ek een van die strooimeisies gevry nie, ek gaan nou vuil en vol bloed tussen die hogeres en geleerdes opdaag. Baie uncool, dink ek weer.

Die einste strooimeisie, die bruid en die suur, ronde vrou onderskep my net buite die bruid se cottage. Die goed is mos in ’n ry gebou en ek moet verby almal stap om by myne uit te kom. Ek waai en hoop hulle doen dieselfde. Maar nee.

"Hi, Robyn. How was the walk?" roep Sue.

Marie moes vir hulle gesê het! Hou aan beweeg, hou jou duim op en mik vir nommer 7. Hulle loop egter te vinnig en plan B skop in. Ek gaan staan agter die lae klipmuurtjie, wat elke huisie omring. Die suur, ronde vrou stap egter om en bespeur die bloed!
"What happened to you?"

Goed, die geheim is uit.

"Oh, nothing. I slipped and landed in some thorny plant thing. It's superficial. I just need to clean it."

Jo stap ook om. Sy is kaalvoet, maar in dieselfde jeans. Sy gaan sit op haar hurke en vat lig aan my bobeen. My hart stop, want iemand was lanklaas besorgd oor my. Hopelik verraai die hoendervleis my nie.

"Do you have a first aid kit?" vra Jo met ’n frons en haar hand nog op my knie.

Lieg! Lieg en sê ja. Dan is almal en alles veilig en jy ontslae van Jo vir die naweek.

"No."

Daar is dit toe.

"Jo, won't you run to my car and get my first aid kit from the boot?" vra Sue. "I still have a million things to do."

"Sure" sê sy vir Sue. Dan kyk sy na my. "Meet you in your cottage?"

Ek sweer ek bloos.

"Yeah. It's number 7. The last one."

Almal kyk hoe Jo teen die trappe ophardloop kar toe. Toe sy buite hoorafstand is, sê Sue angstig: "She wasn't with John last night."

"How do you know?" vra suurgesig.

Hallo? Ek is nog hier.

"I asked him," antwoord Sue haar.

Die vrou se uitdrukking is vir my duister. Trots? Teleurstelling? Of die gewone suur?

"Oh," is toe die totaliteit van haar antwoord.

"This should keep her out of trouble," sê Sue en wys na my been.

Dis wat jy dink, suster.

Die been wil nie ophou bloei nie, besef ek in die stort. Miskien was daar gif op die dorings. Ek sit naderhand in ’n japon op die bad se rand en spuit met die stortkop oor die skrape. Kak.

"Waar is jy?"

"In die badkamer." Jo kom in en loer oor my skouer na my been. "Dit wil nie ophou bloei nie," sê ek bekommerd. Sy vat die spierwit handdoek wat ek wou spaar tot nou toe en druk dit styf teen die snye vir ’n paar minute. Ek kyk vir haar, sy kyk na die handdoek. "Dankie."

Sy lig die handdoek op en die bloeding is minder. "Sit hier op die wasbak," sê sy ingedagte.

Met soveel waardigheid as moontlik spring ek op die wasbak. Ek kyk hoe sy die Dettol op die watte drup en mik vir die eerste sny. "Dit gaan brand," sê sy.

"Ek is reg."

Sy glimlag die mooiste glimlag en druk lig op ’n sny.

"Eina, bliksem!" Jo trek terug. "Nee, hou aan. Dit moet skoon."

En dis so lekker! Ek leun terug teen die spieël en haal diep asem, terwyl Jo elke sny saggies skoonvee.

"Wat doen ons hiermee?" vra sy oor die afgebreekte dorings. "Laat ek kyk of daar ’n naald in die kit is." Sy grawe rond en die banggat in my hoop daar is nie een nie. "Daarsy." Dammit. "Hou stil."

Ek maak my reg vir onmiddellike pyn, maar Jo werk toe so sag met my dat ek niks voel of sien tot sy die doring op haar vingerpunt aan my oorhandig nie.

"Cool," sê ek en bekyk die ding van naby af. "Thanks."

"Dit is ‘n plesier," antwoord sy. "Ons moet die snye toeplak. Anders gaan jy jou klere vol bloei."

Dis nie regtig nodig nie, maar soos ek reeds genoem het, die aandag is lekker. "Okay."

Jo kry ’n pakkie wit gauze pleisters uit en plak die snye een vir een met groot sorg toe. Ek lyk naderhand soos ’n laslappie-kombers. Dalk geniet sy dit net soveel soos ek.

Toe sy die laaste een toeplak, voel ek braaf. Ek draai haar gesig na my toe. Sy staan teen die wasbak, tussen my bene en ek haak haar hare agter haar oor in. Net voor ek haar kan soen, trek sy terug. "Ek moet gaan," sê sy. "Ek moet nog in ’n freaking turquoise strooimeisierok gaan inklim."

Ek lag te lekker.

"Jy mag nie vir my lag nie."

"Te laat."

Die beste gedeelte van troues shoot, is jy hoef nie na die diens te luister nie! Die tweede beste gedeelte is, dis vinnig oor. Jy werk so hard dat jy nie die tyd voel verby gaan nie. Dis eers in die kerk, tydens die seremonie, wat ek ’n blaaskans vat. Ek wonder hoekom Jo weggetrek het in die badkamer en kyk rond vir haar mooi glimlag. Sy sit heel voor, aan die anderkant van die aisle. Die res van die gemeente sê een of ander Katolieke gebed op, maar haar oë is oop en sy kyk vir my. Ons deel die gesteelde oomblik en ek kry die glimlag waarvoor ek gesoek het.

Ek lig my wenkbrou op vir die rok en Jo bloos. Dis seker nie te lelik nie, maar pas so nie by haar rebel look nie. Die dominee vra vir die ringe en ek spaander.

Die groepfoto's is natuurlik ’n riller. Die rebel without a cause blaas soene vir die kamera, en ek skat vir my, en almal andersins dink dit is baie snaaks. Sy gooi boonop ’n paar Marilyn Monroe poses in. As hulle maar net weet. Ek kruip agter die lens weg en wag geduldig dat ander lede van die bridal party haar kalmeer.

Daarna is dit die eerste dans, die sny van die koek, die toesprake en ander vervelige tradisies. Ek het ’n wye lens op my kamera en kan dus foto's van die hele gespuis neem, maar fokus op Jo sonder dat enigiemand dit agterkom. Ek sien haar bloos toe Stephen oor haar praat en ek sien hoe sy haar oë rol toe Sue haar bedank. Sy sien die lens op haar en ek kom agter my kamera uit. Ek skud my kop vir haar en sy glimlag gedwee.

Die bottels en bottels water wat ek drink, noodsaak my einde ten laaste om badkamer toe te hardloop. Dis nogal ’n storie om alles los te zip terwyl jy ’n duur kamera probeer vashou. Daar is nie ’n haak agter die deur nie en ek kan die kamera nie op die gross vloer neersit nie. Ek slaag daarin om te pie sonder om R40 000 se skade te ly.

Iemand klop aan die deur en ek sê "Hold on." Hulle klop weer. Hulle moet ernstig pie, dink ek. Ek sluit die deur oop en Jo druk my terug in die toilet in. Sy sluit die deur en staan vir ’n oomblik oorkant my teen die ander muur. Na vanmiddag in die badkamer gaan ek niks probeer nie. Sy tree vinnig vorentoe en soen my teen die een muur vas. Keer kan ek nie keer nie, want daar is die kamera om te oorweeg. Asook die feit dat ek nie wíl keer nie.

Ons stap uit en reg in die sening vas. Sy is egter so gesool sy kan skaars regop staan. Niemand gaan haar glo nie. Ek draai links, Jo regs.

Weerlig verlig die houtdek en almal skarrel binnentoe. Die langverwagte reën is uiteindelik hier en dit breek die hitte.

Vir die soveelste maal die aand kyk ek op my horlosie en ek sien daar is nog net 15 minute oor. Ek gaan sit by die bar en bestel weer ’n espresso. Vir foto's neem is ek nou gatvol en ek vang Sue se oog. Sy verstaan wat ek bedoel deur na my horlosie te wys en my wysvinger oor my keel te trek. Cool, wys sy. Genadiglik hardloop sy nie nader vir ’n drukkie nie!

Jo het egter ook die handgebare gesien en sy stap wel doelgerig na my toe.

"Pragtige rok," sê ek vir haar en lig my wenkbroue. "Dit pas by jou."

Sy gee my ’n uitdagende kyk en byt haar onderlip sag. Dis so hot ek val amper van die kroegstoel af. "Jy soek vir moeilikheid," waarsku sy my met ’n glimlag.

Ek sluk die laaste van my espresso. "Nee, ek dink ek het moeilikheid gisteraand reeds ontmoet."

Sy is eers geskok en toe skaam. Sag vra sy, "Is jy klaar vir die aand?"

"Ja. Yippee fucking coyote."

Jo lag en die skaamheid lig effens. "Wanna get a room?" vra sy in Engels. "Wil jy ’n kamer kry?" is net nie dieselfde nie.

Dié keer lag ek. "Ek het reeds een."

"Nommer 7, nie waar nie?"

"Korrek."

"Sien jou daar."

John Mellencamp sing oor oud word. Parkinson interview vir Kylie op BBC. Die wyn in my glas is Freedom Hill. Die deur is op ’n skrefie oop, want dit het koel geword. Ek sit wydsbeen op die bank en doen backup van alles wat ek geshoot het. My skoene is lankal uit, so ook my Sondagbeste. Ek is vrek moeg. My regterskouer is seer en die reën val al hoe harder.

Jo daag effens natgereën op, met haar rok opgetrek tot by haar knieë en haar skoene in haar hande. Ek gooi vir haar die handdoek wat ek self mee afgedroog het ’n halfuur terug.

"Watse verskoning het jy gebruik?"

"Migraine."

"Wyn?"

"Natuurlik."

Sy val langs my neer op die bank en loer na die laptop.

"O, nee, niemand sien die foto's voor die bruid dit nie gesien het nie."

"Ag nee."

"Ag ja," sê ek en vryf my skouer.

"Wat is fout?"

"Dis seer van die swaar kamera."

Jo sit haar glas wyn neer en wys vir my ek moet omdraai deur haar wysvinger onderstebo in ’n sirkel te draai. Ek luister ewe gehoorsaam.

"Ontspan," sê sy en vryf my regterskouer in stilte. "Jy weet dit is nie ’n come-on nie, nè?"

Ek lag. "Ek dink ons is verby die fase waar ons aan verskonings moet dink."

Die stilte is obvious.

"Is ons?" vra sy. Ek draai terug na haar toe en ons sit weerskante van die bank. Haar gesigsuitdrukking is vriendelik genoeg.

"Wel, ons is albei mooi groot en eerlik oor wat ons wil hê."

"Wat wil jy hê?"

Versigtig. "Nog ’n aand soos gisteraand?"

Sy knik. "En jy?"

"Ja, die warmte en toenadering? Is dit die regte woord?"

Die toenadering van gisteraand was baie bekend.

"Great." Sy staan op en hou haar hand uit. "Kom ons klim dan in die bed. Jy lyk doodmoeg." Ek staan moeg op. "Lê op jou maag dat ek daai skouer kan uitsorteer."

"Sekerlik." Ek gaan lê op die bed, op my maag, soos aanbeveel.

"Trek jou hemp uit."

"Sekerlik."

Jo kom sit wydsbeen op my rug en maak my bra los.

"Jy het baie stresknoppe."

"Uh-huh," is al wat ek kan uitkry. My oë rek wel groot toe ’n pyn deur my skouer skiet. "Eina."

"Jammer." Sy laat egter nie los nie. Eintlik voel dit of sy harder druk. "Maar die knop is amper weg." Ek breek amper in ’n koue sweet uit. "Daarso."

Ek draai vinnig op my rug. Voor sy weer ’n stresknop beetkry. Haar rok is tot by haar bobene opgetrek en haar hare val oor die een kant van haar gesig. Ek trek haar af na my toe, vee haar hare terug en soen haar.

Dit reën die hele aand. Die weerlig verlig nou en dan die vertrek om ons.

 

Sondag

Dit reën nog steeds toe ons wakker word. Jo se borste druk teen my rug, haar hand rus op my maag en haar voete lê warm tussen myne.

"Jy doen nie one-night stands nie, nè?" fluister sy met ’n kraakstem agter in my nek.

"Nee, hoekom? Was ek so obvious?"

"Jy was baie ... wat is die woord? ... emotionally connected."

Vir ’n oomblik dink ek na oor die saak. "Ja. Is dit so sleg?"

"Wanneer dit kom by one-night stands, ja."

"Wel, dan het ek drooggemaak gisteraand."

"Niemand was droog nie, Robyn."

My ore word warm en ek druk my oë toe. "Ah, man. Now I'm embarrassed."

Jo druk my stywer vas. "Sê my, as ek jou volgende week bel en uitvra vir ete, is gisteraand dan nog ’n one-night stand?"

"Ek weet nie. Gáán jy my bel?"

"Jy sal maar moet wag en sien," spot Jo. "Ek is rasend honger. Dink jy ons kan room service bestel?"

Vir die eerste keer die oggend draai ek om en kyk ek vir haar. Die grys lig van buite af val sag op haar. Ek maak al die gordyne oop om meer te sien.

Ons eet op die vloer van die cottage. Toegevou in die 100 persent-katoenlinne met kos orals. Ek voer Jo ’n stuk waatlemoen en soen haar kort daarna. "How was that? Te veel emosie? Te min?" spot ek.

"Net reg," sê sy skaam en druk my af op die grond. Sy kruip bo-oor my en dit lyk of ons van voor af gaan begin.

"Jo!?" sê die stem van buite af.

Ons kyk albei deur se kant toe om te sien hoe Sue omvlieg en verdwyn.

"Bliksem!" vloek ek. "Nou is ons in vir ’n ding."

"Oeps," is al wat Jo sê voor sy my sleutelbeen soen.

"Jo?" sê ek en stop haar. "Hier is moeilikheid."

Sy gaan lê langs my met haar kop op my skouer. "Ja, ja, ek moet seker gaan verduidelik."

"Ek bly net hier," is my voorneme. Dit is so onprofessioneel, ek kan die mense nie in die oë kyk nie.

"Goed, waar is my klere?" vra Jo afgehaal.

"Wil jy nie eers gou stort nie?"

Ek maak tee terwyl Jo stort. Al haar klere lê op ’n hopie toe sy uitklim. Dit kos omtrent vastrap om die korset vas te kry.

"Ek verkies dit natuurlik dat jy die korset uittrek."

Die losvleg van die lint die vorige aand, onthou ek skielik. So ook die korset wat afval. Sjoe.

"Joanne?" kom die stem van buite af. "Won't you please come out?"

My maag draai. Ek word yskoud. ’n Ligte sweet slaan op my lip uit.

"It's my father," fluister Jo. "Just a minute!" roep sy buite toe. Dan sê sy vir my: "Don't look so worried."

Natuurlik is ek bekommerd - ek weet wat kom. Ek maak die korset vas en staan langs die deur en luister.

"Yes dad?"

Daar is ’n lang stilte.

"Your behaviour is not acceptable ..."

"I am an adult, Dad."

"Let me finish." Ek sien hoe sak Jo se kop vooroor. "You're sneaking around like the teenager you were. Maybe you never grew up. I do not have the answers anymore." Die man vat ’n blaaskans. "Needless to say, you have ruined the weekend for a lot of people. Sue is in tears."

"Why? She didn't sleep with the photographer?"

Eina! Indien die familie onseker was oor hoe ver ons gegaan het, is daar nou geen rede om meer daaroor te twyfel nie.

"She didn't cheat on her husband either."

Kak. Net toe ek dink dinge kan nie slegter nie.

"Dad, we've been separated for two years!"

OK, dinge lyk weer beter.

"You are just not divorced yet."

"Just because he won't sign the papers." Jo se hande is teen dié tyd op haar heupe. "What is this really about, Dad?"

"Well, if you have to know, it's about your relationships with other women." Van agter af sien ek hoe vat die oordeel die asem uit haar uit. "It won't do."

"And I thought you were open-minded."

Die man gee ’n droë laggie. "I thought so too, dear. Apparently when it's your own daughter, the rules of engagement change."

"Where does that leave us, Dad?"

"With transport problems."

Ek frons.

"Oh, yes, I gave you a lift here, didn't I?"

"Yes, indeed."

"Let me sort that problem out then." Jo grawe in ’n weggesteekte sakkie in haar romp. Sy gooi die sleutels vir haar pa. "Take the car. I will get a lift."

Jo sit bleek en bewerig op die bankie. Uit ervaring weet ek die woede maak eerstens plek vir hartseer en tweedens ’n naar gevoel op jou maag. Jy wil ook nie altyd getroos word nie, so ek sit die tee voor haar neer, maar hou my afstand.

"I am sorry?" raai ek.

"I thought he was open-minded," sê Jo stil.

"He probably is. About everything else but this."

"How can you defend him?"

Sy is reg. Dis nie verdedigbaar nie. Miskien is ek maar net gewoond daaraan. Ek lig my skouers vir haar.

"Sis?" kom die tweede stem van buite af. Crap!

"Dit is Stephen," sê sy benoud.

"He called you Sis?"

Sy knik.

"Is jy Stephen se suster?"

"Ja. Het jy nie geweet nie?"

Ek gooi my koppie tee in my keel af asof dit ’n dubbel-brandewyn is. Ek het nie net die strooimeisie geshag nie, maar ook die bruidegom se suster! Double whammy Sunday.
"Sis?"

Jo rol haar oë en stap uit.

"What?" sê sy bietjie geïrriteerd.

Stephen is so ordentlik.

"Sis, this weekend was my and Sue's wedding weekend. Now she is hysterical. And in shock, I suppose."

"And you? How do you feel?"

Die lang pause voor hy antwoord, sê vir my dis slegte nuus. "I am disappointed."

Nog asem word uit Jo se longe uit gevat. As mense kwaad is, kan jy terug kwaad wees. Maar teleurgesteld? Dit sny tot op die been.

"Where do you get off?"

Goed, nou is Jo kwaad. "Who I sleep with is my business and mine alone!"

Stephen bly nie vir nog pak slae nie.

"Hy het nog nooit vantevore ingemeng nie." Jo lyk verbaas en geskok en hartseer. "Dis heeltemal irrasioneel van hom."

A, die verskillende reaksies darem. Eers was daar Sue se stilswye en gesanik. Toe "Dad" se veroordeling. Gevolg deur Stephen se irrasionaliteit.

"Gee hom net tyd. Hy reageer nou instinktief. As hy afkoel is hy dalk heeltemal OK met die situasie."

Gmf! Sewe sakke sout.

"Where are the two of you?"

Ek herken suurgesig se stem dadelik. My broek bewe. Selfs Jo lyk dié slag bangerig.

"Come on then," sê sy en tree buitentoe.

Een, twee, drie, staan op vir jouself, dink ek en stap uit in die helder lig in. Ons staan soos twee stout kinders en wag vir die raas. Suurgesig sit gemaklik in een van die houtstoele.

"You shagged the photographer?" vra haar ma vir haar.

My maag draai. Jo knik.

Die antie slaan haar knie, buk vooroor soos sy uit haar maag uit te lag en sê: "That is the funniest thing I have heard in a long time." Verstom bly ons twee langs mekaar staan. "At least you're supplying comic relief in all this dreariness."

Jo se mond val oop en sy gaan sit summier op die ander stoel. Ek voel effe ongemaklik in die middel van die verhoog en gaan leun teen die reling.

"Mother?"

"Yeah, yeah, there is quite a lot about me that you do not know about."

"Apparently."

"This is where you were Friday night as well?"

Admit to nothing, dink ek! Jo knik egter.

"You could not keep your eyes off this girl yesterday."

Hei, ek is hier. Ek kan julle hoor.

"Mother!"

Die vrou lag lekker.

"What did your dad say? Did he do the whole 'I am cool but what you're doing is uncool' act?"

Jo se mond hang oop.

"I suspected as much. And Steve? Did he cry like a baby? Or like his new wife?" Die vrou slaan weer haar knie so paar keer en lag vooroor. Sy is die surprise element. Die lekker verrassing wanneer jy nie aanvaarding verwag nie. Jy hou vas aan dié mense, want as jy moeilikheid optel, gaan hulle jou ten minste ernstig opneem. Hulle gee nie om dat dit nié ’n fase is nie.

"Stephen went the irrational route."

Suurgesig leun nader aan Jo.

"Personally I don't think you're the only queer in the family."

"Mother!"

"Come on. He cooks, he dresses well and have you seen his wrist action when he explains a recipe?"

Jo staar die vrou aan.

"But you didn't hear it from me. Imagine your father's horror at producing two queer children!"

Die rivier is later stil, al die gaste het gery en die wolke trek weer saam. Ons sit steeds op die stoep. Maar dié keer sit ons plat op die dek, met ons bene wat swaai. Jo leun vooroor met haar arms gekruis op die onderste reling. Sy staar uit oor die rivier.

"So as jy my ’n lift gee vanmiddag," vra sy sonder om vir my te kyk, "kwalifiseer gisteraand dan nog steeds as ’n one-night stand?"

"Kom ons kyk."