Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Soektog


Louis Wessels - 2006-11-14


Polsende naglewe roep

van agter toe deure –
binne ’n malende massa
van menslywe
wat skuur,
bewe van opwinding.
 
My binnekamers
pols van opwinding
My liggaam
suig die ritme in,
roep my binne
 
en laat my
koud.
 
Leegheid van breinlose siele
omvou my intieme kring,
maak my gek
behoefte aan sielsvervulling;
na kontak met
’n siel wat dieper
as drange strek.