Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

Testament


Fanus Rautenbach - 2008-12-18

(OPGESTEL 0M  16.54, SONDAG 14 DESEMBER 2008
DEUR STEFANUS PETRUS RAUTENBACH VAN ARKADIA-OUDEHOF 210, HOOFWEG 414, OBSERVATORY, KAAPSTAD)

AAN MY FAMILIE

Ek glo dat die Skepper my bederf het:
En my geloof in Hom en my Liefde vir julle oorvloediglik
Ver verby genoeg is wat Hy julle laat erf het.
Ek dank die Skepper dat hy die tyd gevind het
Om julle almal te skep en wedersydse Liefde in ons
Harte geplant het.
Ek dank Hom dat hy ook Humor vir ons in oorvloed gegee het ... sodat ons mekaar en vir Hom kan liefhê
En kan Lag en Speel.
Dankie, Heer, dis genoeg, en genoeg is te veel ...