Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Die boek van Ester, Malene


Herman Wiid - 2008-12-17

Malene,

Die teendeel is waar. Ek noem nêrens van die Ira se betrokkenheid by politieke toesmeerdery nie, niks van Ester en Samuel se "romanse" in Londen of haar reis na Beirut nie, asook bitter min van die internasionale sindikaat wat vir baie drama in die verhaal sorg.

Ek gaan ook nie eers in detail in oor die komplekse romantiese (as jy dit dan so wil noem) verhouding van die twee hoofkarakters nie. Al aspekte waarop ek gefokus het in die resensie is die broodnodige verhaallyne wat Ester aan die lesers bekend sal stel. Die temas, dink ek ook, is baie deeglik bespreek en gee nie die "geheim" van die verhaal weg nie. Dis jammer dat jy so voel.


Herman Wiid