Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

My Book Shop op Stellenbosch se Kersfeeslysie


2008-12-10

My Book Shop op Stellenbosch stel die volgende 10 boeke voor vir jou Kersfeeslysie

The Enchantress of Florence
Salman Rushdie

Rushdie se woordkeuse en omstandige relaas verryk lesers se woordeskat en verbeeldingswereld.

 

’n Blywende Vreugde
Audrey Blignault
Hemel & See Boeke

Audrey se briewe verskaf ryke verwysings van ons Afrikaanse geskiedenis en menslikheid wat jou ’n bevoorregte deelgenoot laat voel van haar ervarings.

 

Dark Continent, My Black Arse
Sihle Khumalo
Umuzi

Uiteindelik! ’n Reisbiografie deur ’n Afrikaan, propvol humor en verfrissend polities inkorrek!

 

The Soul of Sex
Thomas Moore

Moore vernuwe die menslike persepsie van seks as ’n ervaring van die siel. Hy verweef mitologie en die misterie in sy verduidelikings van die menslike psige met baie diep en nuwe insigte.

 

Food is better medicine than drugs
Patrick Holford

Welbekende dieetkundige spesialis bied weer eens ’n treffende gids tot ’n gesonder lewe, vry van siektetoestande, deur middel van voedselkombinasies en ontmasker die nadelige effekte van medisyne op die menslike liggaam.

 

Gekruid
Ivo Pauwels en Gerty Christoffels
Struik

’n Nuttige en gebruiksvriendelike gids oor die medisinale en kombuisgebruike van kruie, die kultivering daarvan en interessante historiese verwysings en kleurfoto's.)

 

Shorelines
Chris Marais en Julienne du Toit
Struik

’n Reisbiografie langs die Suid-Afrikaanse kus wat vertel van ’n 10 weke lange reis wat strek vanaf Alexanderbaai tot Kosibaai per bakkie! Avontuurvertellings van diamantduikers, slim bobbejane, soesji-chefs, vissers en een of twee verrassings, soos ’n moderne Robinson Crusoe.

 

Carluccio’s Complete Italian Food
Antonio en Priscilla Carluccio
Quadrille

Mondwater-resepte en omvattende beskrywings van metodes om die kuns van ’n tradisionele Italiaanse kombuis te bemeester. Die boek bevat oor die 175 klassieke resepte en ook ’n nuttige verwysing na wyn- en likeurkombinasies daarmee saam.

 

Torsi-fotografie deur die Duitser Helmut Lander en teks deur die bekende skrywer Henry Miller; ’n rare item in 1966 gedruk en ’n absolute vonds vir erotika-versamelaars of aanhangers van Lander en Miller.

 

The Dance
Oriah Mountain Dreamer

Thorsons
Bekende skrywer van The Invitation lei die bundel weer in met die mooiste gedig van haar wysheid en lewenservaring wat mens diep aanraak en spreek tot dele van jou menswees wat so afgeskeep word in elke dag se roetine.

 

Kontak My Book Shop by info@mybookshop.co.za.