Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Protea Boekwinkel op Stellenbosch se Kersfeeslysie


2008-12-10

Protea Boekwinkel op Stellenbosch stel die volgende 10 boeke voor vir jou Kersfeeslysie

Tussen Stasies
Irma Joubert
R150, Lapa
Gretl, ’n Duitse wesie met haar groot geheim, kom Suid-Afrika toe en word ’n Afrikaner-Christen-meisie. Dit is ’n verhaal van die mens se onmag teen die noodlot wat dreig om sy geluk te verwoes, maar ook die mag van sy gees om bo uit te styg en te oorwin. Werklik ’n verhaal wat jou nog lank bybly nadat jy dit klaar gelees het.

 

Staan in die algemeen nader aan vensters
Loftus Marais

R120, Tafelberg
Hierdie debuutbundel, met sy unieke aanslag en wyd uiteenlopende temas, is seker een van die sterkste debute in jare, indien nie dekades nie.

Hoeka se dinge uit toeka se tyd – Op ou spore deur Namakwaland
Theunis Uys

R120, Brainwave projects
Dit is min dat iemand vir homself nie-amptelike ereburgerskap van ’n streek los skryf, maar net soos Dalene Matthee se bosromans sinoniem geword het met die Knysnawoud, moet ’n mens Theunis Uys se stories in dieselfde asem noem as Namakwaland. Dit is al Uys se vierde boek sedert 2004, en wat ’n merkwaardige prestasie vir hierdie 90-jarige skrywer.

 

Grobbelaartjie van Velskoendorp
Oskar Prozesky

R150, Protea Boekhuis
’n Welkome herdruk van hierdie 1986-gunsteling waarin Prozesky ’n fantasiewêreld skep waarin mens en dier nog kan saam boer en ’n klein bosvark ’n reuseverskil kan maak. Asemrowende avonture en sosiale kommentaar verskaf plesier aan lesers van alle ouderdomme.

 

’n Blywende vreugde
Audrey Blignault

R195, Hemel & See Boeke
Hierdie brieweboek verskaf soveel genot en insig in die mens Audrey, wat soveel bekoor het met haar positiewe lewensbeskouing en vrolikheid. Skaamteloos eerlik en met plesierige uitbarstings!

 

Of Tricksters, Tyrants and Turncoats: More Unusual Stories from South Africa’s Past
Max du Preez

R170, Zebrapress
Max du Preez brings the hitherto unknown past to life in his sequel to Of Warriors, Lovers and Prophets, a collection of more fascinating and colourful historical tales that span more than 300 years of South African history. These sixteen stories prove that history can be more interesting than fiction.

 

Praise Routine Number 4
Michael Rands

R165, Human & Rousseau
This extraordinary debut novel offers a glimpse into the window of an ordinary white South African guy, while at the same time commenting on the more subtle nuances of South African society, complete with cultural scams involving a small bone that may or may not be Khoi in origin; hopelessness and insecurities; illegal substances; new acquaintances and experiences which are not what they appear to be; and blurred racial and moral lines.

 

Love in the Time of Treason: The Life Story of Ayesha Dawood
Zubeida Jaffer

R145, Kwela Books
Written in a personal style, Ayesha Dawood’s love story unfolds against the backdrop of South Africa’s turbulent political history. Set both in South Africa and in India, the story is a moving tribute to her life and struggles she encountered as a political activist.

 

Choice, not Fate: The Life and Times of Trevor Manuel
Pippa Green

R320, Penguin
This book tells the story of Manuel’s origins, his family, his personal struggles and reflections. It is a story of both how a man is shaped by history and how he acts to change it. It is a story of how a young country emerging from the heavy shadow of repression made hard-nosed decisions about its future. It is a story of the changes Manuel has grappled with in his own life, both personal and political, and how, at times, he has been forced to change himself.

 

Tales of Shipwrecks at the Cape of Storms
John Gribble and Gabriel Athiros

R295, Historical Media
In less than 500 years, more than 2 000 ships have been consigned to a watery grave on the South African coast and the numbers of souls lost are untallied. Table Bay itself is littered with about 400 wrecks, 70 of which are buried under the reclaimed land of Cape Town’s foreshore. Beautifully written and presented with plenty of pictures, this book records the intriguing stories of a few of these wrecks.

 

Kontak Protea Boekwinkel by ls.protea@mweb.co.za.