Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Ek wil graag 'n besigheid begin in Brittanje. Is daar 'n manier waarop ek dit kan bewerkstellig? Breytenbachs antwoord


Breytenbachs - 2008-12-02

Vraag

Ek wil graag ’n besigheid begin in Brittanje. Ongelukkig het ek nie enige kwalifikasies nie, maar wel die nodige kapitaal om dinge van die grond af te kry. Is daar ’n manier waarop ek sal kan kwalifiseer vir ’n tipe permit om dit te kan bewerkstellig?

Antwoord

Ja, daar is inderdaad ’n baie opwindende permit beskikbaar vir oorsese burgers wat in Brittanje wil investeer. Dit is die sogenaamde Vlak 1 Permit vir Entrepreneurs wat op 30 Junie 2008 bekend gestel is.

Vlak 1-Entrepreneurs stel aansoekers in staat om ’n besigheid in Brittanje te begin. Die aansoeker moet kan bewys dat hy/sy £200 000 het om te belê in ’n besigheid in ’n Brittanje, of in ’n nuwe besigheid wat hy/sy wil open.

Dis baie belangrik en opwindend om daarop te let dat, anders as voorheen, die £200 000 nie meer geld hoef te wees wat die applikant self verdien en belasting op betaal het nie. Die applikant kan nou ook gebruik maak van iemand anders se geld, byvoorbeeld deur geld te leen. Hierdie permit het ook die voordeel dat die hoof-aansoeker se afhanklikes hom/haar mag vergesel en dat hulle saam met die applikant aan die einde van vyf jaar in die VK kwalifiseer vir permanente verblyf.

Skakel ons gerus vir meer inligting in dié verband.

 

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.