Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Ek verstaan dat die baie gewilde tweejaar-werksvakansievisum waarmee so baie jong Suid-Afrikaners in Brittanje werk, opgeskort word. Is daar nog moontlikhede vir jongmense om in Brittanje te werk?


Breytenbachs - 2008-11-14

Vraag

Ek verstaan dat die baie gewilde tweejaar-werksvakansievisum waarmee so baie jong Suid-Afrikaners in Brittanje werk, opgeskort word. Is daar nog moontlikhede vir jongmense om in Brittanje te werk?

Antwoord

Dit is ongelukkig wel waar dat die tweejaar-werksvakansievisum opgeskort en vervang word met 'n Jeug-Mobiliteit-skema, en wel op 27 November 2008.

Vanaf dié datum sal slegs burgers van Australië, Kanada, Nieu-Seeland en Japan mag aansoek doen vir die nuwe skema. Gelukkig kan Suid-Afrikaners wat op dié datum reeds hulle tweejaar-werksvakansievisum gekry het, in die VK woon en werk ingevolge die reëls van die tweejaar-werksvakansievisum tot tyd en wyl hulle visum verstryk.

Die goeie nuus is dat daar steeds baie opwindende permitte en visums is waarmee Suid-Afrikaners in die VK kan woon en werk. So byvoorbeeld is die permit vir Vlak 1 (Algemeen) Hoogs Geskoolde Persone een van die permitte wat 'n aansoeker toelaat om sonder 'n borg, en sonder enige werksbeperkings, in Brittanje te woon en werk. Dit is beslis een van die gewildste tipes permitte onder Suid-Afrikaners om in Brittanje te werk en dit is glad nie so moeilik om te kwalifiseer vir dié tipe permit as wat baie mense dink nie.

Die permit maak dit moontlik vir ‘n relatief hoogs geskoolde werker om na Brittanje te kom en werk te soek of om ‘n eie besigheid in Brittanje te open. Die persoon kan ook indiensname met self-indiensname kombineer. Die permit bied dus heelwat vryheid in terme van werksgeleenthede en die houer daarvan kan ook sy/haar eggenoot en kinders saambring as afhanklikes. Aan die einde van vyf jaar op dié tipe permit kan die houer daarvan ook kwalifiseer vir permanente verblyf in Brittanje.

Jy is welkom om ons webblad te besoek, waar jy meer kan lees oor die verskillende tipes permitte en visums. Ons het ook 'n evaluasievorm waarmee ons kan bepaal watter tipe permit en visum die geskikste is in jou geval.


Het jy enige vrae of wil jy vir ‘n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com .