Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynfotogalery

Brandewyn versny-geheime uit die mou gelaat by Van Ryn's


Johann H Crafford - 2008-11-07



'n Streng-gekeurde groep joernaliste met 'n besondere belangstelling in fynproewersbrandewyn is genooi na 'n intieme versny-ervaring met die brandewynmeester Johan Venter wat in die binnekamers van die Van Ryn's-distilleerdery naby Stellenbosch aangebied is. Die groep het byeengekom in die Paradiso-lokaal wat vir Johan se spesiale gaste opsy gesit word, is op enkele versny-geheime ingelaat, en is aangemoedig om hul eie mengsels te maak van die seldsame brandewyne wat Johan vir die geleentheid uitgesoek het.