Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Artikels | Features

Afrikaanse tienertoneel van krag tot krag


Braam van der Vyver - 2008-11-05

Afrikaanse tienertoneel gaan, danksy die ATKV se uiters suksesvolle jaarlikse skoletoneelkompetisie, van krag tot krag. Die standaard van vanjaar se eindronde wat by Aardklop plaasgevind het, was fenomenaal.

Die Hoërskool Jan van Riebeeck van Kaapstad het met die stuk Jutro as algehele wenner uit die stryd getree. Kort op hulle hake was die Hoërskool Wilgers van Pretoria met ‘n ensemblestuk, Reis, vleis en gebakte klippe.

Viljé Maritz en Katharien de Villiers, beide van Jan van Riebeeck, het onderskeidelik met die pryse vir die beste spel in ‘n manlike en vroulike hoofrol weggestap. JJ van Niekerk, ook van dié skool, is as die beste regisseur aangewys. Maritz is die seun van die bekende akteur-regisseur Albert Maritz.

Piet Joubert van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria is as die mees belowende speler aangewys.

Die CR Swart-prys vir die beste Afrikaanse hoërskoletoneelstuk is gedeel deur Johann Smith vir Virrie Voëls en Braam van der Vyver vir Matriekafskeid.