Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Jou wyndagboek vir November


Johann H Crafford - 2008-10-29

1. Saterdag 1 November, Stellenzicht:
Kom stel 10 oesjare van hierdie wynlandgoed se pinotage-wyne op die proef tydens ‘n uitsonderlike kos- en-wyn-aand in die kelder saam met wynmaker Guy Webber. Die koste is R350 per persoon. Skakel Lucille Jacobs by (021) 883 8988 vir besprekings of stuur ‘n epos aan cljacobs@distell.co.za.

2. Saterdag 1 November, Somerset-Wes:
Kom geniet ‘n Beyerskloof-proe by Manuka van 12:00 tot 15:00. Skakel (021) 851 6060 vir meer besonderhede.

3. Saterdag/Sondag 1-2 November, Botrivier:
Vat die gesin en gaan geniet die lewe by Beaumont Wines, waar kos en wyn uit die boonste rakke jou inwag. Kyk kaart op http://beaumont.co.za/ vir aanwysings.

4. Donderdag-Saterdag 6-8 November, Simondium:
Besoek die 66ste Bien Donné Ekspo, waar gefokus word op navorsing, boerdery en landbouprodukte. Toegang is R35 vir volwassenes en R20 vir kinders bo 12.

5. Elke Saterdag bied Hermanuspietersfontein by Hermanus ‘n kos-en-wyn-mark op die werf aan. Vergeet die inkopielys en bring net ‘n mandjie saam.

6. Saterdag-Sondag 8-9 November, Botrivier:
Vat die gesin en gaan geniet die lewe by Beaumont Wines, waar kos en wyn uit die boonste rakke jou inwag. Kyk kaart op http://beaumont.co.za/ vir aanwysings.

7. Saterdag 15 November: Kom geniet lewendige musiek, wyn, kos en vele ander dinge by die Voor Paardeberg-besoekersentrum op die David Frost-landgoed in die Agter-Paarl. Skakel (021) 869 8339 vir meer inligting of besoek www.voorpaardeberg.co.za.

8. Saterdag 15 November:
Kom proe plaaslike vonkelwyne en geniet vermaaklikheid uit die boonste rakke by Villiera-landgoed. Vir meer inligting, skakel (021) 865 2002 of besoek www.villiera.com.

9. Woensdag 26 November, Somerset-Wes:
Geniet ‘n heerlike Klein Constantia "Ontmoet die Wynmaker"-aandete by Manuka. Skakel (021) 851 6060 vir meer besonderhede en om te bespreek.

10. Vrydag 28 November, Eaglevlei: Kom geniet ‘n aand van Jazz op die Grasperk. Die verrigtinge begin 18:30, die koste is R40 per persoon (kinders onder 12 gratis) en piekniekmandjies is welkom. Skakel (021) 884 4713 vir meer inligting en om te bespreek.

11. Saterdag 29 November, Fynbos-bergoord:
‘n Dag vir die hele gesin met ‘n plaasmark, wyne uit die omgewing, kos- en kunsstalletjies, opwindende speletjies, musiek en veel meer. Toegang is R15 vir volwassenes en R5 vir kinders. Skakel (022) 487-1153 vir meer inligting.

Stuur inligting vir die maandelikse Wyndagboek na jayhcee@iafrica.com