Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

JC le Roux eerste rosé om Cap Classique-uitdaging te wen


Johann H Crafford - 2008-10-23

Die Huis van JC le Roux, Suid-Afrika se oudste kelder wat uitsluitlik toegewy is aan die maak van vonkelwyn en die voorloper was met die maak van 'n pinot noir Méthode Cap Classique, het die eerste produsent geword om die toonaangewende Wine-tydskrif se Amorim Cap Classique-uitdaging met 'n rosé - die JC le Roux Pinot Noir Rosé 2006 - te wen.

Dié sege oor 47 ander vonkelwyn-inskrywings by die 2008-uitdaging was die tweede toekenning in een week vir die vars en lewendige salmpienk Cap Classique-wyn wat ook 'n goue medalje by die 2008 Michelangelo Internasionale Wyntoekennings verower het.

JC le Roux Pinot Noir Rosé 2006, die eerste Cap Classique-wyn van keldermeester Elunda Basson, toon die perfekte balans tussen varsheid en veroudering met 'n volronde gevoel in die mond en 'n lang, talmende nasmaak van rooibessies en rosyntjies.

Besoek gerus die Huis van JC le Roux wat in die hartjie van die prentjiemooi Devonvallei naby Stellenbosch geleë is om dié bekroonde vonkelwyn op die proef te stel. Die Huis van JC le Roux, wat onlangs 'n stylvolle voorkomsverandering ondergaan het, spog nou met 'n sjiek nuwe oesterkroeg, die elegante Scintilla-sitkamer vir privaat proeë, die toonaangewende wynwinkel en 'n sprankelende proe-area.

Die nuutste toevoeging tot die Huis van JC le Roux is die Seasons-restaurant wat heerlike, stylvolle dog eenvoudige kontreikos bied vir ontbyt en middagete. Probeer gerus ook die nuwe noga- en vonkelwynproeë vir ‘n onweerstaanbare smaaksensasie.

Vir keldertoere, wynproeë of restaurant-besprekings, skakel (021) 865 8200 of besoek www.jcleroux.co.za.