Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Elegante Allesverloren-geskenkpak met sjiek portglase


Johann H Crafford - 2008-10-20

Allesverloren, die oudste wynlandgoed in die Swartland en alombekend vir sy puik portwyn, vang die stemming van die Kersseisoen perfek vas met ‘n spesiale geskenkpak wat bestaan uit ‘n bottel Allesverloren Port 2005, twee stylvolle portglase en twee verleidelike Lindt-neutsjokolades.

Hetsy jy die feesspyse heerlik wil afrond met die soet smaak van die Allesverloren port- en Lindt-kombinasie, of vriende, familie en kollegas daarmee wil verras onder die Kersboom, die ryk, verruklike smaak bekoor almal, wat dit die ideale geskenkkeuse vir elke geleentheid maak.

Allesverloren Port 2005 is ‘n weelderige versnit van die klassieke portkultivars
tinta barocca (20 persent), souzao (20 persent), pontac (20 persent), touriga naçional, tinta röriz, malvasia rey en tinta francisca. Dié port het aanloklike aromas van heuning, rosyntjies en swartbessie met ondertone van sjokolade en mokka op die neus, terwyl die fluweelsagte smaak ryk en vol is met ‘n talmende vrugtekoek-nasmaak.

Die Allesverloren Port 2005 en Lindt-sjokolades verskaf onweerstaanbare soet genot, maar verlustig jou gerus ook in die port se smaak op sy eie of sit dit voor saam met ‘n verskeidenheid kase of nagereg. Elke kombinasie is ‘n wenner op sy eie!

Bied hope Kersvreugde met die Allesverloren- en Lindt-geskenkpakke wat vanaf middel November landwyd by uitgesoekte wynhandelaars teen ongeveer R155 per stel beskikbaar sal wees.