Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Kennisgewings | Notices

Fanie Viljoen se "Kaptein Hamerkophaai" in KleinB


2008-10-18

Op 6 September het KleinB(urger) met ʼn splinternuwe vervolgverhaal geskryf deur die kinder- en jeugskrywer, Fanie Viljoen, begin. "Kaptein Hamerkophaai" word vir die volgende 11 weke in KleinB gepubliseer. Die verhaal verskyn eksklusief in Die Burger.

'n Volledige hulpbronpakket (fokus op gr4-7 leerders) vir ouers en onderwysers kan gratis afgelaai word by www.dieburger.com. Daarvoor moet op die KleinB/Hamerkophaai-skakel geklik word. Die hulpbronpakket bevat hoofstuk-vir-hoofstuk lesplanne en idees waarmee inhoud maklik ontsluit kan word. Diegene wat nie oor internettoegang beskik nie, kan me. Merle van Diemel in kantoortyd kontak by 021 406 2696 om so 'n pakket te bestel.

Verder kan lesers elke Maandag 'n klankgreep (voorlesing) van die vorige hoofstuk in mp3-formaat aflaai. Daar is weekliks SMS-kompetisies asook 'n skole- en klaskompetisie.

KleinB, in samewerking met NB-Uitgewers, loods ook ʼn skrywerskompetisie. Die wenverhale gaan moontlik in ʼn kortverhaalbundel (saam met "Kaptein Hamerkophaai") gepubliseer word. Hou die volgende in gedagte:

Die vervolgverhaal is vir 8-12 jariges. Skryf tussen 8 000 en 10 000 woorde. Die kompetisie is oop vir alle ouderdomme

Stuur ʼn kopie van jou verhaal per pos aan:

NB-Uitgewers
Danita van Romburgh
Posbus 879
Kaapstad
8000

Besoek NB-Uitgewers se webtuiste vir ʼn inskrywingsvorm wat jy moet aanheg by jou manuskrip.

Die wenner se verhaal sal moontlik in KleinB verskyn en oorweeg word vir opname in ʼn bundel uitgegee deur NB-Uitgewers.