Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Daar is blykbaar in Brittanje ’n tipe permit het wat jou ook toelaat om in Brittanje te werk sodra jy daar gegradueer het. Kan julle my dalk meer hiervan vertel?


Breytenbachs - 2008-10-13

Vraag:

Ek is tans besig met my matriek en wil graag my studie in Brittanje voortsit. My suster werk in Engeland en het my vertel dat Brittanje 'n tipe permit het wat jou ook toelaat om in Brittanje te werk sodra jy daar gegradueer het. Kan julle my dalk meer hiervan vertel?

Antwoord:

Ja, daar is inderdaad ‘n baie voordelige permit beskikbaar vir oorsese burgers wat in Brittanje gradueer. Dit is die sogenaamde Vlak 1 Poststudie-permit, wat op 30 Junie 2008 bekendgestel is.

Dié tipe permit laat buitelandse burgers wat in die VK afgestudeer het, toe om vir ‘n periode van twee jaar in die VK te werk, sonder enige werksbeperkings. Dit gee hulle dan kans om gedurende die twee jaar oor te skakel na permitte vir geskoolde of hoogs geskoolde werkers, wat vir ‘n langer tydperk toegeken word en ook uiteindelik lei na permanente verblyf in die VK.

Jy is welkom om ons te kontak vir meer inligting in dié verband, of indien jy om jou studentevisum wil aansoek doen.

 

Het jy enige vrae of wil jy vir ‘n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.