Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Deel in Klipdrift se gasvryheid en wen 'n spoghuis op Robertson


Johann H Crafford - 2008-10-03

In die gees van sy kenmerkende vrygewigheid en gasvryheid gaan Klipdrift 'n huis ter waarde van R1,3 miljoen op die Silwerstrand Gholf- en Rivierlandgoed by Robertson weggee, naby waar Suid-Afrika se topverkopende brandewyn gemaak word.

Mense ouer as 18 kan vir die kompetisie inskryf en staan ook die kans om een van vele pryse te wen. Verbruikers kan ook per SMS inskryf deur die laaste vier syfers te verskaf van die staafkode op hul gunsteling Klipdrift brandewyn.

Natuurliefhebbers en buitelewe-entoesiaste sal byval vind by Silwerstrand Gholf- en Rivierlandgoed op die walle van die Breërivier en aan die voet van die Langeberg. Silwerstrand, 'n uur en ‘n half se ry van Kaapstad af, kan ten beste beskryf word as ‘n landelike toevlugsoord wat aanloklik is vir gholfspelers van alle vlakke, hengelaars, watersportentoesiaste, voëlkykers of diegene wat net van die gejaag van die stadslewe wil ontvlug. Bykomende aktiwiteite sluit in perdry, staproetes in die Dassiehoek-natuurreservaat, voëluitstappies en roei op die rivier in die Busch-natuurreservaat.

Die "Wen 'n Huis naby ons Huis-kompetisie" sluit op Vrydag 31 Oktober. Die vyf gelukkige finaliste en hul metgeselle sal Kaapstad toe gevlieg word om 'n luukse-naweek in Robertson deur te bring waar die trekking vir die huis sal plaasvind.