Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynforum

Wyn- en sjokoladeplesier op Uitkyk


Johann H Crafford - 2008-10-02

Cape Legends het onlangs op 'n seldsame, sonnige lentedag sy beste, huidige oesjaarwyne en -port, asook 'n brandewyn, op die historiese Uitkyk-wynlandgoed naby Stellenbosch ten toon gestel.

Maja Berthas, 'n Sweedse spesialis op die gebied van wyn en sjokolade kombineer, en wat onlangs 'n boek oor sjokolade die lig laat sien het, het verduidelik hoe om die beste uit twee van die mees geliefkoosde smaaksensasies ter wêreld te haal. Dis nou wyn in sy verskillende vorme en sjokolade. 

Daarna het die "uitverkorenes" 'n uitspattige teeparty bygewoon waartydens 'n magdom southappies aangebied is om die Neethlingshof Lord Neethling Weisser Riesling Noble Late Harvest 2006, Alto Port 2006, Allesverloren Port 2005 en tien jaar oue Uitkyk Grand Reserve-brandewyn ten beste te kan geniet.

Foto 1: Brandewyn, soetes en soetgoed! Dis ‘n harde werk, maar iemand moet dit doen!

Foto 2: Die "beskuldigdes" met ingevoerde sjokolade voor elkeen. Wat ‘n smaaksensasie!