Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Wyngebeure in Oktober


Johann H Crafford - 2008-10-02

Ry jy te gereeld Jan Tuisbly se karretjie? Wel, hier's nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke (én weke) op hul kop gaan keer.

1. Vrydag 3 Oktober, Vergelegen: Viergangmaaltyd, wyn ingesluit, met wynmaker André van Rensburg en sjef Henrico Grobbelaar om 19:30 vir 20:00 in die Lady Phillips Restaurant. Die koste is R270 per persoon. Skakel (021) 847 1346 om te bespreek.

2. Saterdag 4 Oktober, Elgin: Kom stap saam vanaf Paul Cluver Wines op ‘n vier uur lange roete en geniet die skoonheid van die natuur, goeie wyn, verversings en ‘n ligte ete vir slegs R220 per persoon. Skakel (021) 844 0605 om te bespreek, of besoek info@cluver.com .

4. Elke dag: Die Huis van JC le Roux in die Devonvallei buite Stellenbosch bied heerlike noga- en Cap Classique-proeë aan. Die koste is R40 per persoon. Skakel (021) 865 8200 om te bespreek.

5. Saterdag-Sondag 4-5 Oktober, Blaauwklippen: Gaan betoon eer aan toeka se dae tydens ‘n Vintage Fair op hierdie 325 jaar oue wynlandgoed buite Stellenbosch. Die koste van R10 per motor is vir ‘n nasorgsentrum en nog inligting is verkrygbaar by www.blaauwklippen.com of (021) 880 0133.

6. Nederburg-pieknieks: Vanaf Oktober 2008 tot April 2009 word smaaklike deli-piekniekmandjies aangebied vir groot en klein om op hierdie pragtige wynlandgoed te geniet. Die koste is R130 per persoon. Skakel Sunette Rust by (021) 862 3104 om te bespreek of stuur ‘n epos aan nedwines@distell.co.za .

7. Vrydag-Sondag 10-12 Oktober: Gaan geniet die bielie-program van die Voet van die Helderberg-fees waar pretbelaaide aktiwiteite die orde van die dag sal wees op deelnemende wynplase langs die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes. Vir ‘n volledige feesprogram, besoek www.thewesterncape.co.za .

8. Vrydag-Sondag 17-19 Oktober, Robertson: Die derde jaar van die Robertson Wine on the River-fees keer terug na die walle van die Breërivier, en almal is welkom. Navrae moet gerig word aan (023) 626 3167 of manager@robertsonwinevalley.com.

9. Saterdag 25 Oktober, Elgin: Kom stap saam vanaf Paul Cluver Wines op ‘n vier uur lange roete en geniet die skoonheid van die natuur, goeie wyn, verversings en ‘n ligte ete vir slegs R220 per persoon. Skakel (021) 844 0605 om te bespreek, of besoek info@cluver.com .

10. Sondag 26 Oktober, Nederburg: Kom vier somer saam met die UCT Big Band en geniet terselfdertyd ‘n heerlike piekniek. Die verrigtinge skop om 17:00 af. Kaartjies kos R60 per persoon en die piekniekborde R65 per persoon. Vir besprekings of meer inligting, skakel Irma Albers by (021) 809 8106 of stuur ‘n epos aan ialbers@distell.co.za .

Stuur inligting vir die maandelikse Wyndagboek na jayhcee@iafrica.com.