Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

Umfaanus se eerste 80


Fanus Rautenbach - 2008-09-30

Ek sou
Ek wou
In my 80 jaar
My naaste dien
Maar ai, my amper-eeu
Het ampertjies sy dinges gesien!
Presies nou 80 jaar
Het ek geleef
Gewerk
Geloop
Gery
Gevry
Gevlieg
Gesweef
Maar voor ek sterf
Wil ek net dankie sê
Want ek had net liefde en geluk en voorspoed
En mag dié ná my dit erf,
In heel my lewe:
Loof Hom: die Skepper het my bederf!

 

(KOM LAAT ONS SING, JA, KOM LAAT ONS SING!)

Aaizieke-zoema-zoema-zoema
Aaizieke-zoema-zoema-zei 
Aaizieke-zoema-zoema-zoema
Aizieke-zoema-zoema-zei!
Oh, help him up
The Zulu Warrior
Oh, help him up
The Zulu chief chief chief !

(Nou die tweede 80: Met erkenning aan die komponis van "There’s a hole in the bucket", Harry Belafonte)

"Daar’s ’n gat in ons landjie, Mbeki, Mbeki
Daar’s ’n gat in ons landjie, Mbeki, Mbeki
Daar’s ’n gat in ons landjie, Mbeki ’n groot gat!"

"Maar maak dit heel, president Zuma, president Zuma,
President Zuma
Maar maak dit heel, president Zuma, president Zuma, president Zuma
President Zumaak die land heel!"

"Hoe moet ek dit heelmaak, Mbeki, Mbeki, Mbeki?
Hoe moet ek dit heelmaak, Mbeki, Mbeki, Mbeki?
Hoe moet ek dit heelmaak, Mbeki, MET WAT?"

"Met liefde, president Zuma, president Zuma, president Zuma
President Zuma, met liefde!"

"Wat ek WAAR kry, Mbeki, Mbeki,
wat ek waar kry, Mbeki, WAAR?”

“In jou hartjie, president Zuma, president Zuma,
President Zuma, president Zuma in jou HART!”

“Maar hoe moet ek dit uitkry, Mbeki, Mbeki, Mbeki
Maar hoe moet ek dit uitkry, Mbeki, Mbeki, Mbeki
Maar hoe moet ek dit uitkry, Mbeki, Mbeki, Mbeki
Hoe moet ek DIE LIEFDE UITKRY VOOR EK STERF?”

Kyk boontoe, president Zuma, president Zuma, president Zuma
Kyk boontoe, president Zuma, president Zuma, president Zuma
Kyk boontoe, president Zuma
En die Skepper SAL JOU OOK BEDERF!