Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Boeke-Insig se Boektafels met Dana Snyman en PG du Plessis


2008-09-25

Die Insig-Boektafel met Ruda Landman is dié kwartaal met twee geliefde skrywers; PG du Plessis en Dana Snyman.

 


 

Dana Snyman, seker een van Suid-Afrika se gunsteling-reisskrywers, se nuwe bundel, Op die agterpaaie, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande weë waarop hy hom al begeef het. Dana sal meer vertel hoe hy soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, en nog baie meer interessante staaltjies.

PG du Plessis sal die dag saam met Dana met Ruda praat oor sy nuwe roman, Fees van die ongenooides, wat begin van Oktober verskyn.

Die Insig-Boektafels word op die volgende datums gehou:

• Vrydag 10 Oktober in Durbanville (12:00-15:00, D'Aria)
• Saterdag 18 Oktober in Pretoria (12:00-15:00, Feast, Southdowns Shopping Centre)

Die Insig-Boektafel behels 'n onderhoud en besprekings met PG en Dana, 'n heerlike ete, geborgde wyn deur Boland Kelder, en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop danksy Exclusive Books.

Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede. Bel Raiël le Roux by 021 417 1126 of stuur e-pos na boekeinsig@insig.com om te bespreek of vir meer besonderhede oor hoe om by die Boeke-Insig-klub aan te sluit.