Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Swartskaap doen dit!


Johann H Crafford - 2008-09-24

In die onlangse SA Terroir-wyntoekennings is Swartskaap van Hermanuspietersfontein naby Hermanus deur ‘n paneel wynkenners - Charl Theron, Dave Hughes, Clive Torr, David Biggs en Susan Wessels - aangewys as die beste cabernet franc in Suid-Afrika.

Volgens Dave Hughes, bekende wynkenner en beoordelaar, is hierdie die mees eksklusiewe wynkompetisie ter wêreld weens die wyn-van-oorsprong-reëls wat geld. Hy is nie bewus van enige soortgelyke kompetisie waarin die wynbouterreine (terroir) so uitgesonder word nie. Die beste wat verskillende grond en klimaat in verskillende gebiede na vore bring, staan dus uit en kry erkenning.

Toe Bartho Eksteen, wynmaker van Hermanuspietersfontein, die cabernet franc-wyn van druiwe uit wingerde in die Sondagskloof-wynwyk naby Stanford vir versnitdoeleindes gemaak het, het hy besef dat die wyn ook as ‘n enkelvariëteit-wyn sy man kan staan.

Swartskaap het alreeds ‘n stewige posisie in die Suid-Afrikaanse wynmark ingeneem. Dit is met elke vrystelling binne drie maande uitverkoop. Swartskaap 2007 word vandeesmaand vrygestel