Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Creation stel nuwe wyne bekend


Johann H Crafford - 2008-09-18

Hulle mag nou wel die nuwe laaities in die straat wees, maar moenie die fout maak en hulle nie na hul werklike waarde skat nie!

Jean-Claude en Carolyn Martin (née Finlayson) het in 2002 ‘n rou stuk grond ‘n paar kilometer op in die Hemel en Aarde-vallei gekoop en wingerd begin aanplant. Drie jaar later het JC, ‘n Switserse wynmaker, ‘n vennootskap met ‘n ou vriend, Christoph Kaser, ook ‘n talentvolle wynmaker, aangegaan en vandag is hulle slaggereed om die wynbedryf te wys wat in hulle steek.

Die 22 ha-wingerd wat aangeplant is, bestaan uit sauvignon blanc, viognier, chardonnay en sémillon aan die wit kant en pinot noir, merlot, cabernet sauvignon, petit verdot, syrah en grenache aan die rooi kant.

Maar baie belangriker as die kultivars wat aangeplant is, is die wyne wat vrygestel is. Hulle is die Creation Sauvignon Blanc, Creation Viognier, Creation Chardonnay, Creation Pinot Noir, Creation Syrah Grenache en Creation Merlot/Carbernet Sauvignon/Petit Verdot.

As jy nie weet waar om hulle in die hande te kry nie, bel gerus vir Carolyn Martin by 072 673 1880 of stuur ‘n e-pos aan info@creationwines.com .

Nog goeie nuus uit daardie oord is dat Creation se sprankelnuwe en moderne proelokaal amptelik op 15 November sy deure oopgooi vir die publiek. Tot dan moet wynproe-afsprake by bogenoemde kontaknommers gemaak word.