Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

Kleur die dae in, dis alles so vaal ... sê Umfaanus


Fanus Rautenbach - 2008-09-10

Is jou dae vaal en kleurloos? Voel jy soms of jy jou kleurkryt verloor het?

Kleur dit in.

C Louis Leipoldt het al daarmee begin:

Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,

Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!

En dan na die tuiste van die Blou Bulle:

Teen die blou van die Jakarandas
is die blou van die lug maar bleek ...


As ons weer 'n Springboktoets wil wen, moet ons terug na:

Vat hom Dawie
Vat hom laag
Vat hom Dawie
Laat die boere slaag

Wie sê ons is tam, wie sê ons is oud
Vat hom Dawie in die groen en goud!

Watter kleur is verskillende beroepe?

‘n Dokter is bloedrooi
‘n Predikant is hemelsblou
‘n Kok is potblou
‘n Byeboer is heuningbruin
‘n Ornitoloog is kanariegeel
‘n Dronkie is bottelgroen
‘n Mynmaagnaat is goudgeel
Meneer Suid-Afrika is spierwit
‘n Joernalis is pers of geel
‘n Onderwyser is pimpel-en-pers (of is dit die skoolseun?).

En ‘n rubriekskrywer (en ‘n omroeper?) is kleurloos!