Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

Ek soek jou


Floris A Brown - 2008-09-09

(Tema: Teen plaasbesettings)

ek soek jou

in die glans van 'n dubbelreënboog na reën

ek soek jou
in geskarrel van die rysmier voor die storm

ek soek jou
in die warreldraai van herfsblare in die wind

ek soek jou
tussen feetjies wat slegs in kleuterverse dans

ek soek jou
in klokkies wat hoog hang aan 'n silwer maan

ek soek jou
in groen - neon - skyn op middernagbranders

as ek my plaashek mismoedig agter my trek
kom jou brief aangevlieg, in 'n swartkraai se bek