Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

Edelsteen


Floris A Brown - 2008-09-09

(Lofdig vir vroue wêreldwyd vir Moedersdag, of Ma of Vroulief se verjaardag)


God het jou, edelbeen van rib,
uit Adam gegee vir: die wêreld vir Afrika
vir ons land stad of dorp vir die Huis van
Aanbidding waar jy liefde vir jou man
jou kinders koester.

God het jou, edelsteen van goud,
gegee: uiterlike skoonheid
daardie eie aan jou pragtige postuur
daardie eie aan jou innerlike gesindheid
elkeen geskape in sy beeld van volmaaktheid.

God het jou, edelsteen van diamant,
gemaak: 'n deugdige vrou, die sterkere vat
die een wat vandag Oscars ontvang
die een vir wie die wêreld hande klap
die een aan wie se lippe almal hang.

God het jou, edelsteen van robyn,
gemaak: om humeure te beteuel
met 'n glimlag, sagte woord
die gesin te voorsien in hul
behoeftes en daaglikse brood.

God het jou, edelsteen van marmer,
gemaak: die moedige een in jou huis
wat alle probleme kaf kan draf
aan meer as vyf dinge gelyk aandag
kan gee, ongeag hoe swaar jou kruis.

God het jou, edelsteen van pêrel,
vrugbaar gemaak: om volkere te vermeer
die ysterhand van die man onderdanig
te wees, maar hom tog te verlei met jou
sjarme, om sodoende sy hart te regeer.

God het jou, edelsteen van porselein,
gemaak: die een wat vir jou man
'n sieraad is, jou kinders staande hou
as jy hul snags aan God opdra, jy
sy Godskleed van seënbede oor hul vou.

"Dít is jy, alleredelste steen van vrou."

SPREUKE 31:10-31 "'n Knap vrou is baie werd,
baie meer as edelstene."